RSG

Monitor

News AF ↓ 4396 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

9 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 22.02.2016

Alhoewel algehele genoomkartering al die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika gedoen word, het 'n mediese fonds nou besluit om daarvoor te betaal. Boonop kan jy nou 'n gedeelte, oftewel eksoom, van jou genoom karteer sonder dat jy siek is, teen 'n relatiewe lae prys. Daar is egter in sekere mediese kringe kommer oor die etiese aspekte hiervan. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die voorsitte...

Monitor 22.02.2016

'n Groot aantal Britte wil die Europese Unie verlaat. Die Eerste Minister, David Cameron, het aangekondig dat Brittanje op 23 Junie 'n referendum hieroor sal hou. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met 'n politieke wetenskaplike aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood.

Monitor 22.02.2016

Die rolprentmaker Jansen Dolorasa Rautenbach sê hy het sy lang naam daaraan te danke dat sy ouers nie gedink het hy gaan lank lewe nie…

Monitor 22.02.2016

President Jacob Zuma het verlede week in sy repliek op die staatsrede-debat gesê die regering bly toegewyd tot die Nasionale Ontwikkelingsplan. Dit volg ná 'n beroep deur sakeleiers dat die regering werk maak aan die plan om die land se groeipotensiaal te verhoog. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met prof. Marius Ungerer van die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool.

Monitor 22.02.2016

Die veteraan-rolprentmaker, Jans Rautenbach, word vandag 80 jaar oud. Rautenbach het in die jare sewentig kritiese vrae gevra oor die Afrikanersamelewing. Terwyl van sy tydgenote se rolprente verban is, het syne vol sale gelok. Intussen het hy ook 'n nuwe groep regisseurs opgelei, soos Katinka Heyns en Koos Roets, wat vandag nog gehore beïndruk. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.

Monitor 19.02.2016

Internasionale navorsing oor hoe gelukkig kinders is, plaas Suid-Afrika elfde op die lys van 16 lande. Die navorsing is befonds deur die Jacobs-stigting in Switserland. Marlinee Fouche berig dat lande soos Engeland, Pole, Duitsland en Algerië betrek is by die navorsing wat op agtjariges gefokus het. Ses-en-vyftig-duisend kinders het aan die studie deelgeneem.

Monitor 19.02.2016

'n Studie wat bepaal hoe gelukkig kinders is, het Suid-Afrika elfde uit 16 lande geplaas. Die navorsing is gedoen deur eenvoudige vrae deur middel van prentjies aan agtjariges te vra oor wat hulle gelukkig maak. Die omvattende studie is deur die Jacobs-stigting in Switserland befonds, en is deur navorsers wêreldwyd gedoen. Dis die eerste keer dat navorsing van die aard gedoen word. Die ontwikkelin...

Monitor 17.02.2016

Die Universiteit Stellenbosch se gebrek aan bestuur het bygedra tot die verguising van sy dogter en ander mense op sosiale media. Dis die mening van dr. Joggie Briedenhann van Windhoek. Hy het gereageer op die #Blackface-debakel waarin sy dogter Poekie en haar vriendin Jo-Anne Cloete onlangs betrek is. Die voorval word nog druk op sosiale media bespreek. Briedenhann het aan Izak du Plessis verduid...

Monitor 17.02.2016

Die wetenskapwêreld het verlede week behoorlik gegons or nuwe bewyse dat Albert Einstein se relatiwiteitsteorie reg is. 'n Suid-Afrikaanse teoretiese fisikus wat betrokke was by die navorsing, dr.r Jeandrew Brink, het met Marlinee Fouche gepraat oor die man aan die stuur van die navorsing, Kip Thorn. Hy hou nie net sy lyf fisikus nie, maar staan ook reggiseurs by in die maak van fiksierolprente.

Monitor 17.02.2016

Die regering doen aan die hand dat ma's hulle babas nou met 'n koppie moet voed, eerder as die gebruiklike bottel. Vroue wat voorgeboorte klasse bywoon by verskeie klinieke word aangemoedig om hulle babas eerder met koppies te voed, omdat dit na bewering meer higiënies is. Volgens die Departement van Gesondheid se beleid vir die voeding van jong kinders, word koppievoeding aangemoedig weens verske...

Monitor 16.02.2016

'n Luisteraar, Ernst Kirstein, skryf dat hy nie verstaan hoe 'n melkprodusent vir een liter melk wat hy aan 'n maatskappy lewer, net R4,28. Dit, skryf hy, terwyl die verbruiker vir 'n twee liter melkhouer tot R28 in 'n supermark moet betaal. 'n Landbou-ekonoom aan die Vrystaatse Universiteit, prof. Johan Willemse, sê daar is verskeie redes hiervoor.

Monitor 16.02.2016

Sewe Poolse studente wat Afrikaans aan die Adam Mickiewicz Universiteit studeer, besoek Suid-Afrika op die oomblik. Die groep onder leiding van prof. Fanie Olivier besoek die land as deel van hulle leerplan in die Departement Suid-Afrikaanse Studies. Izak du Plessis het aan Olivier en sy groep gevra waarom hulle juis Afrikaans wil leer.

Monitor 16.02.2016

Jy het meer gemeen met die uitgestorwe Neanderdal-mens as wat jy dink. Die gesaghebbende Science-joernaal het pas verskeie DNS-eienskappe wat ons met die Neanderdallers deel, gepubliseer. Ons wetenskapkorrespondent George Claassen, verduidelik.

Monitor 12.02.2016

President Jacob Zuma het in sy staatsrede beloof om gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede te help. Die landbousektor is grootliks geïgnoreer, met Zuma wat slegs verwys het na boere wat swaarkry en wie se diere vrek. Die uitvoerende hoof van Agri-SA, Omri van Zyl, gee sy indrukke.

Monitor 12.02.2016

Krisjan Fourie gee 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 12.02.2016

President Jacob Zuma het gisteraand sy negende staatsrede gelewer. In vorige staatsredes het hy nie veel te sê gehad oor die ekonomie nie, juis omdat die begrotingsrede enkele weke daarna gelewer word. Gisteraand het hy egter nie 'n keuse gehad nie. Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, gee sy indrukke.

Monitor 12.02.2016

President Jacob Zuma sê die land kan nie langer bekostig om twee hoofstede te hê nie. Zuma het in sy negende staatsrede gesê daar sal binnekort besluit moet word of die Parlement in Kaapstad óf Pretoria gesetel moet wees. Die toespraak is kort-kort onderbreek deur lede van die EFF, wat die huis verlaat het nadat die Cope-leier, Mosiuoa Lekota, vroeër uitgestap het. NWU politieke wetenskaplike, dr....

Monitor 11.02.2016

President Jacob Zuma lewer vanaand in die parlement in Kaapstad sy negende staatsrede. Bouwerk aan die parlementgebou het 141 jaar gelede begin, en sedert die voltooiing tien jaar later, het die setel van Suid-Afrika se regering bykans onherkenbaar verander. Melissa Tighy het met die langsdienende parlementslid, dr. Pieter Mulder, deur die gange van die parlement geloop op soek na die geskiedenis...

Monitor 11.02.2016

Dreigende SMS-boodskappe wat deur skuldinvorderaars namens die padagentskap Sanral aan motoriste gestuur word onder die naam Sanral Oortredingsentrum, mag dalk 'n oortreding van die gedragskode vir skuldinvorderaars wees. Die nuwe nieregeringsorganisasie wat hom gaan beywer vir die stryd teen belastingmisbruik, Outa, sê dit is onwettig om motoriste via SMS te dreig om hulle agterstallige e-tolreke...

Monitor 11.02.2016

Politieke partye wil hê president Jacob Zuma moet aan die land vertel wat sy planne is om die ekonomie weer aan die gang te kry. Sommige wil ook hê Zuma moet om verskoning vra omdat hy die Openbare Beskermer se Nkandla-aanbevelings twee jaar lank geïgnoreer het. Sy regsverteenwoordigers het vandeesweek aan die Konstitusionele Hof gesê hy glo nou die OB se aanbevelings is bindend. Zuma lewer sy sta...

Monitor 10.02.2016

President Zuma se regspan het in 'n verrassende ommeswaai in die Konstitusionele Hof erken dat die Openbare Beskermer se magte bindend is, en haar verslag korrek is. Die EFF en die DA wil egter steeds hê die hof moet die gedrag van president Zuma en die parlement ongeldig verklaar. Die OB sê Zuma moet geld terugbetaal vir die verbeterings aan Nklanda wat nie met veiligheid te doen het nie.

Monitor 10.02.2016

Sowat 33,000 mynwerkers in Suid-Afrika se poste is in gedrang weens die wêreldwye insinking in hulpbronpryse. Die hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, Gideon du Plessis, kyk saam met Hanri Wondergem na probleem.

Monitor 10.02.2016

Die beplande afleggings in die mynbousektor is soos 'n strop wat al hoe nouer trek om die nek van myndorpies. Dorpe soos Kathu in die Noord-Kaap is afhanklik van mynboubedrywighede vir oorlewing. Die Sishenmyn beplan om meer as 2,600 werkers en meer as 1,300 kontrakteurs in die pad te steek. Hanri Wondergem het by 'n plaaslike sakeman gaan hoor hoe Kathu se mense hierdeur geraak word.

Monitor 09.02.2016

'n Koffiekroeg wat 'n geleentheid aan geestesgestremdes bied om in 'n normale omgewing te kan werk, het sy deure in Kaapstad geopen. Die eienaars sê hulle wil soortgelyke kroeë dwarsoor die land oopmaak sodat mense se persepsies oor mense met intellektuele gestremdhede verander kan word. Vanessa Poonah doen verslag.

Monitor 09.02.2016

Die sestienjarige Elizabeth Olivier van Barkley-Oos in die Oos-Kaap, vertrek vandeesweek na Noorweë om Suid-Afrika in die Winter Olimpiese Spele vir die jeug te verteenwoordig. Elizabeth is 'n kranige ski-kampioen en is die enigste atleet van Suid-Afrika wat aan die Spele sal deelneem. Sy vertel dat sy vir maande aaneen in die berge in die Oos-Kaap bly as deel van haar oefenprogram.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos