RSG

Monitor

News AF ↓ 4396 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

9 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 09.02.2016

Daar word verwag dat die voorsittende beamptes van die parlement die media vandag oor die logistiek van president Jacob Zuma se staatsrede sal voorlig. Daar word verwag dat Zuma sy staatsrede Donderdagaand by 'n gesamentlike sitting van die parlement sal lewer. Zalene Merrington berig dat Kapenaars uiteenlopend op die gebeurtenis in die moederstad reageer.

Monitor 09.02.2016

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gister bekendgemaak dat hulle lede van die polisie se destydse spesiale tak in Soweto in verband met 'n apartheidsmisdaad gaan vervolg. Die voormalige polisiebeamptes word vervolg vir hulle beweerde aandeel in die moord in 1983 op Nokuthula Simelane, 'n ANC-lid. Volgens die mediaverklaring het die beskuldigdes tydens die Waarheid- en Versoeningskomissie om amnest...

Monitor 09.02.2016

Het jy al gewonder hoe taai dit is om 'n staatsamptenaar te wees? Jy vlieg die heeltyd tussen Pretoria en Kaapstad om voorleggings aan parlementslede te doen, wat waarskynlik nie eens luister na wat jy sê nie, en tog gretig is om jou lewe te versuur. Soms loop die mond oor waarvan die hart vol is, soos Joseph Mosia en Hanri Wondergem berig...

Monitor 08.02.2016

Herwinning het 'n menslike gesig gekry op 'n plattelandse dorpie in Limpopo. 'n Blinde man trek 'n waentjie terwyl sy vrou hom van asblik na asblik lei sodat hulle papier, karton en plastiek bymekaar kan maak om te herwin. So vul hulle sy karige ongeskiktheidspensioen aan. Hanri Wondergem het 'n dag saam met die paartjie bestee.

Monitor 08.02.2016

'n Drukgroep teen psigiatriemedikasie het 'n veldtog bekendgestel om Suid-Afrikaners ouers te waarsku teen die voorskryf van die soort medikasie vir hulle kinders. Terwyl die meeste van die feite wat hulle aanhaal om hulle argumente te staaf, as ongeldig bewys is, sê 'n kenner dat ouers steeds ingeligte besluite hieroor moet neem. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.

Monitor 08.02.2016

'n Man is in hegtenis geneem weens dronkbestuur ná 'n ongeluk in Durban waarin twee fietsryers gisteroggend gesterf het. Die twee slagoffers was deel van 'n groep van sowat 40 fietsryers wat op die M4 in die noorde van die stad gery het. Dianke Nel en Minoshni Pillay berig dat beide fietsryers lede was van die Kings Park Fietsryklub.

Monitor 08.02.2016

Die Citizen Commission on Human Rights het 'n veldtog bekendgestel om ouers te waarsku teen psigiatriese medikasie wat aan kinders voorgeskryf word. Die groep, wat meestal deur die Scientology-kerkgroep befonds word, mik die veldtog spesifiek op Suid-Afrika, waar hulle voel daar 'n toename in hierdie medikasievoorskrifte is. 'n Senior dosent in psigiatrie aan die Universiteit van Stellenbosch sê e...

Monitor 08.02.2016

Die padveiligheidstigting betreur die dood van twee fietsryers wat gisteroggend in KwaZulu-Natal deur 'n motoris doodgery is. Dianke Nel het by die direkteur van die Padveiligheidstigting, Petro Kruger, gaan uitvind wat die padreëls oor fietsryers sê.

Monitor 08.02.2016

Motoriste in Johannebsurg kla dat daar toenemend padblokkades is waar verkeersbeamptes hulle intimideer oor verkeersboetes wat nie betaal is nie. Marlinee Fouche berig dat motoriste hulle moet vergewis van die prosedures wat geld, wanneer hulle voorgekeer word.

Monitor 08.02.2016

Dis vandeesmaand presies drie jaar gelede dat die land en die wêreld geskok is oor die verkragting en moord op die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp. Die Kaap Agulhas Sakekamer spits hom nou daarop toe om negatiewe persepsies oor die streek drasties om te keer. 'n Niewinsgewende organisasie, die Kaap Agulhas Strategiese Aksie, is gestig om die waarde van die streek in groei en hernuwing te om...

Monitor 05.02.2016

Die suidelike halfrond se enigste sweeftuigvervaardiger vier vandeesweek 'n belangrike mylpaal. Jonker Sailplanes het tien jaar ná sy eerste vlug, sy 100e sweeftuig vervaardig. Die JS1-sweeftuig is aan 'n kliënt in Duitsland gelewer. Justin Kennerley het 'n dag by die fabriek deurgebring.

Monitor 05.02.2016

Regter Johan van der Westhuizen lê die tuig neer na 12 jaar as konstitusionele regter. Van der Westhuizen, wat ook verantwoordelik was vir die stigting van Tukkies se Sentrum vir Menseregte in 1986, het aan Anita Visser gesê wat hy dink van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse regstelsel.

Monitor 05.02.2016

Die EFF eis dat president Jacob Zuma uit die kussings gelig word, en dat die Gupta-familie Suid-Afrika onmiddelik verlaat. Die omstrede familie is gereeld in die media en het glo noue bande met Zuma. Dianke Nel berig die leier van die EFF, Julius Malema, het die Gupta-familie en ook sy werknemers gedreig.

Monitor 05.02.2016

Duitse wetenskaplikes het daarin geslaag om atoomkerns te laat saamsmelt. Hulle het dit met 'n groot masjien, bekend as die Wendelstein Stellarator, reggekry. 'n Fisikus van die Karlsruhe Instituut vir Tegnologie, John Jelonnek, sê die eerste stap is om waterstofplasma te maak, en daaruit die samesmelting van atoomkerns, wat die fisiese proses is wat die Son aan die gang hou.

Monitor 05.02.2016

Krisjan Fourie gee 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 03.02.2016

In Suid-Amerika gaan die ondersoeke na 'n verband tussen die gevreesde Zika-virus en mikrokefalie, of kleinskedelheid, steeds voort. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie sê dit kan tot nege maande vir kenners neem om, of die verband sonder twyfel te bevestig, of verkeerd te bewys. Hier in Suid-Afrika is klein Naidine Smith in 2008 tydens geboorte met mikrokefalie gediagnoseer. Die siekte veroorsaak d...

Monitor 03.02.2016

Terwyl die Zika-virus soos 'n veldbrand in die Amerikas versprei, hou dit nie 'n groot gevaar vir Suid-Afrika in nie. Só sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, ondanks 'n wêreldwye nood¬toestand weens Zika, wat verbind word met duisende geboortedefekte in Brasilië. Die virus word deur 'n spesifieke muskiet oorgedra, en is vir die eerste keer in 1947 in Uganda by ape aangetref, en die...

Monitor 02.02.2016

Maer diere, damme en riviere wat opgedroog het, geen teken van groen gras nie, en 'n versengende hitte begroet besoekers aan die Nasionale Kruger Wildtuin. Dit lyk dalk na 'n natuurramp, maar in werklikheid is die droogte broodnodig vir natuurbewaring. Hanri Wondergem het saam met dr. Izak Smit, 'n wetenskaplike van SanParke, op 'n rit deur die wildtuin gegaan om agter die kap van die byl te kom.

Monitor 02.02.2016

Die droogte word deur wetenskaplikes as 'n leerkurwe en goue geleentheid vir navorsing gesien. Boonop ly toerisme in die Nasionale Krugerwildtuin glad nie onder die droogte nie. Hanri Wondergem het by kenners in die wildtuin gaan aanklop om hierdie sake te bespreek.

Monitor 01.02.2016

As jy in matriek is - spits jou ore! Die punte wat jy vanjaar behaal, kan bepaal of jy jou drome kan gaan uitleef in die studierigting van jou keuse. Dis belangrik om presies te weet hoe jou finale punt saamgestel word en wat jy daarmee kan doen. Marlinee Fouche het met Umalusi gepraat om jou op hoogte te bring van hoe jou punte vanjaar saamgestel sal word.

Monitor 01.02.2016

Of jy nou 'n entrepreneur, politikus, of Jan en San Alleman is - as jy woon of werk in Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek of Malawi - sal die meegee van die Karibadamwal jou raak. Indien die damwal ingee, sal beurtkrag weer ons voorland wees. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer besonderhede.

Monitor 01.02.2016

'n Humanitêre ramp in Suidelike Afrika - só beskryf die president van die Pan-Afrika Landbouersorganisasie, dr. Theo de Jager, die verlammende effek van die droogte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië en Zambië. Hy waarsku dat veral kleinskaalboere swaar getref geword, en die kans staan om alles te verloor.

Monitor 29.01.2016

Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 28.01.2016

'n Nadoodse ondersoek het breinbloeding by die voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler, Schalk van der Merwe, gevind. Hy is Sondag op die ouderdom van 54 jaar in Ierland oorlede. Hy is dood in sy motor gevind. Sy jarelange vriend en die president van Boland Tennis, dr. Danie Morkel, sê Van der Merwe was 'n uitstekende tennisspeler.

Monitor 28.01.2016

Maties se nuutverkose konvokasie-bestuur, verteenwoordig die dae toe die universiteit net een taal, een kultuur en een ras ingesluit het. Só sê die Universiteit Stellenbosch se studenteraad in 'n sterk bewoorde verklaring, ná Dinsdagaand se konvokasie-vergadering. Die digter Breyten Breytenbach het op die vergadering gesê dis onsin om te sê dit is nie 'n universiteit se taak om 'n taal te beskerm...

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos