RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 31.03.2016 8:24
Die grondwet hof beslis vandag oor of president Jacob Zuma die geld wat wederregtelik op Nkandla spandeer is, moet terugbetaal of nie. Dit volg op 'n aansoek deur die E.F.F en die D.A. om Jacob Zuma te verplig om die privaat opgraderings aan sy Nkandla huis terug te betaal, na 'n verslag deur die Openbare Beskermer wat reeds 'n soortgelyke aanbeveling gemaak het in 'n verslag wat op 19 Maart 2014...
Monitor 31.03.2016 8:24
Die grondwet hof beslis vandag oor of president Jacob Zuma die geld wat wederregtelik op Nkandla spandeer is, moet terugbetaal of nie. Dit volg op 'n aansoek deur die E.F.F en die D.A. om Jacob Zuma te verplig om die privaat opgraderings aan sy Nkandla huis terug te betaal, na 'n verslag deur die Openbare Beskermer wat reeds 'n soortgelyke aanbeveling gemaak het in 'n verslag wat op 19 Maart 2014...
Monitor 28.03.2016 22:19
Tot 35% van die vaardighede, wat vandag in die werkplek as belangrik beskou word, sal oor vyf jaar reeds verander het. Teen 2020 gaan die koms van gevorderde robotika en kunsmatige intelligensie die werkplek behoorlik op sy kop keer. Dit blyk uit 'n verslag oor die Vierde Nywerheids- rewolusie, wat deur die Wêreld Ekonomiese Forum bekend gestel is. Die president van die Vereniging vir bedryfsielku...
Monitor 28.03.2016 7:57
Parkour word beskryf as branderplankry in die strate van stede. Dit is 'n stedelike sportsoort wat bestaan uit 'n kombinasie van skaatsplank ry en gimnastiek-bewegings by geboue en bo-oor verskeie ander voorwerpe. 'n Ambassadeur vir Parkour in Suid-Afrika, Gideon du Preez, vertel meer oor die sportsoort.
Monitor 22.03.2016 3:58
Terwyl Hollywood lank al weet hoe belangrik rolprentbemarking is, begin plaaslike rolprentmakers nou eers die waarde daarvan besef. Dit is die mening van Llewelyn Greef, die vervaardiger van die Anglo-Boereoorlog fliek, Modder en Bloed, wat eersdaags op die loket versprei word. Die fliek het onlangs amper 'n duisend gaste by sy premiêre in Johannesburg gehad en net die verversings het sowat 180 du...
Monitor 22.03.2016 4:12
'n Nuwe generasie robotte het die wêreld getref, en kenners is stomgeslaan. Die robotte lyk byna soos mense en het onder meer die vermoë om emosie te wys en 'n netwerk van herinneringe te bou, sodat interaksie natuurlik vloei tussen mens en robot. Marlinee Fouche het gaan ondersoek instel.
Monitor 22.03.2016 2:24
Inwoners van Sannieshof in Noord-Wes beleef 'n ernstige waterkrisis nadat agt boorgate oor die naweek gevandaliseer is. Die boorgate is die inwoners se hoof waterbron en die departement van water en sanitasie het net Vrydag splinternuwe boorgate in werking gestel. Jean Esterhuizen berig dat die persone wat verantwoordelik is vir die skade nog nie opgespoor is nie.
Monitor 22.03.2016 2:04
Plaaswerkers in die Swartland streek van die Weskaap is genoop om gebruik te maak van die verskeie wetlike en juridiese dienste wat aan hulle beskikbaar is. Die Goedgedacht Trust het gister Menseregtedag gedenk met 'n byeenkoms om die beskerming van landelike vroue en kinders te bevorder. Berenice Moss berig.
Monitor 09.03.2016 40:55
Die ANC, DA en EFF praat oor hulle fokuspunte om stemme te werf in die munisipale verkiesings in die Wes-Kaap.
Monitor 09.03.2016 20:21
Vanjaar is plaaslike verkiesing. Wat beteken dit vir die Wes-Kaap, die enigste DA beheerde provinsie in SA?
Monitor 07.03.2016 7:24
Elf maande nadat hy as rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch begin het, slaan prof. Wim de Villiers nou byna daagliks vure dood oor verskeie brandpunte wat op die kampus woed. Oor die afgelope naweek alleen is nóg 'n dringende interdik teen die universiteit beteken oor sy taalbeleid – en dit te midde van betogings oor die uitsluiting van swart studente, en vroueregte. Maar Sli...
Monitor 04.03.2016 3:57
Rekordtemperature is gemeet in die Arktiese gebied in die noordelike halfrond. 'n Klimaatkenner, Professor Francois Engelbrecht van die WNNR sê dit het verreikende gevolge - en slegs 'n bindende internasionale klimaatsooreenkoms sal die saak dalk kan beredder.
Monitor 03.03.2016 6:05
Ondanks die swak ekonomie is daar 'n toenemende aanvraag na duurder en beter organiese kos van gebruikers wat dit kan bekostig. Baie kleinboere wat hierdie tipe kos produseer, is vroue. Hulle het dit ten doel om kos sonder onnatuurlike bestandele te verskaf. Darren Taylor doen verslag oor 'n vroueboer wat besig is om naam te maak met haar organiese hoendervleis.
Monitor 03.03.2016 3:04
Die plaaslike regeringsvereniging SALGA het aan die parlementêre begrotingskomitee (appropriations committee) gesê dat munisipaliteite 115-miljard rand vir dienste skuld. SALGA het die komitee voorgelig oor hoe die 2016-begroting munisipaliteite raak. Die vereniging wil hê die parlement moet hulle help met die stigting van 'n nasionale invorderingsagentskap. Zalene Marrington doen verslag.
Monitor 02.03.2016 4:40
Die minimum daaglikse loon vir plaaswerkers, en werkers in die bosbousektor het gister inwerking getree. Die werkers wat nege ure per dag werk, word R128,26 betaal. Alhoewel 'n arbeidsontleder meen dit is nie genoeg nie, sê 'n boer dat sy arbeidsrekening bly styg in moeilike ekonomiese tye. Mètzi van der Merwe het met twee plaaswerkers oor hulle omstandighede gepraat.
Monitor 02.03.2016 4:39
Voedelsekerheid is in die weegskaal, aldus 'n verslag van die Verenigde Nasies oor die stand van bestuiwers wêreldwyd. Die bevolkingsgetalle van verskillende spesies, soos bye, skoenlappers, sekere soorte vlermuise en voëls, is aan die afneem. Jan en San Alleman, maar veral boere, sal moet hand bysit om te keer dat bestuiwers uitsterf. Hanri Wondergem het met 'n entomoloog, prof. Erik Holm hieroor...
Monitor 02.03.2016 3:18
Watter spesie kan die verste langafstandvlugte op ons planeet onderneem? Die jongste navorsing van 'n Amerikaanse Universiteit sê dit is 'n naaldekoker. En die rede hiervoor lê, volgens wetenskaplikes, in hulle gene. Hanri Wondergem het ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, hieroor uitgevra.
Monitor 01.03.2016 3:44
Die rolprent MAD MAX: FURY ROAD, wat met ses Oscars weggestap het, spog nie net met een nie, maar met twee Suid-Afrikaanse aktrises in die rolverdeling. Antoinette Kellerman het saam met Charlize Theron ses weke lank aan die fliek in Namibië verfilm. En al is Kellerman se rol meestal beperk tot geluide maak terwyl sy aan 'n trok tydens 'n jaagtoneel hang, sê sy in 'n onderhoud met Anna-Marie Janse...
Monitor 01.03.2016 4:35
Die Barclays Afrika-groep het Sondag 'n waarskuwing aan aandeelgouers gerig om die groep se aandele met omsigtigheid te verhandel. Barclays PLC het vanoggend (1 Maart) 'n verklaring uitgereik waarin hulle aankondig dat hulle 62% van hulle aandeelhouding in die Barclays Afrika-groep gaan verkoop. Die aankondiging beëindig maande van bespiegeling. Amelia Morgenrood, 'n portefeuljebestuurder by PSG M...
Monitor 26.02.2016 2:38
Die bekende skrywer en uitgewer, Leon Rousseau, is Woensdagaand dood, kort voor sy 86ste verjaarsdag. Hy was die laaste drie dae van sy lewe in 'n koma. Sy redakteur van die afgelope ses jaar by NB-uitgewers, Simone Hough, sê dit was vir haar 'n eer om saam met so 'n bekwame mens te kon werk.
Monitor 26.02.2016 6:42
Afrikaanse rillers is so skaars soos hoendertande. Volgens verskeie mense in die rolprentbdryf word hierdie genre nog nie doeltreffend genoeg ontgin nie, en is daar verskillende menings oor die gereedheid van die mark vir hierdie soort rolprente. Marlinee Fouche het die première van die jongste riller op die silwerdoek, Die Ontwaking, bygewoon. Sy het ondersoek ingestel oor hierdie genre se plek i...
Monitor 26.02.2016 2:47
Die balju van Pretoria het beslag gelê op bates van die Padongelukkefonds se kantoor in Menlyn. Dit volg nadat die fonds nie sekere verpligtinge kon nakom nie. Die finansiële hoof van die fonds, Yolande van Biljon, het aan Izak du Plessis gesê hulle is in 'n geldelike verknorsing.
Monitor 24.02.2016 8:11
Anita Visser praat met Hugo Pienaar, seniorekonoom van die Buro vir Ekonomiese Navorsing oor sy verwagtings van die begroting.
Monitor 24.02.2016 16:13
Anita Visser praat met verskeie politieke partyverteenwoordigers oor hulle verwagtings van die begroting.
Monitor 24.02.2016 7:34
Homeopatiese medisyne het geen invloed op minstens 68 kliniese gesondheidstoestande nie. Dis die bevinding van 'n omvattende studie deur die Australiese Nasionale Gesondheid- en Mediese Navorsingsraad. Boonop waarsku Duitse wetenskaplikes nou ook teen gesondheidsdienste en siekefondse wat homeopatie steun. Ivor Price praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos