RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 21.09.2016 6:40
Die situasie by die Nasionale Vervolgingsgesag is 'n groot bron van kommer vir die geskorsde hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal-majoor Johan Booysen. Dit volg nadat die adjunkdirekteur van die NVG, Nomgcobo Jiba, en die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, Lawrence Mrwebi, verlede week van die advokaterol geskrap is.
Monitor 19.09.2016 2:14
'n Dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, Dirk Kotze, het aan Marlinee Fouche gesê verdedigingsooreenkomste tussen Suid-Afrika en Turkye is nie so haalbaar soos wat dit klink nie. Dit ten spyte van 'n minstens 'n honderd jaar se samewerking tussen die twee lande.
Monitor 19.09.2016 2:35
Die wapenvervaardiger Denel het 'n missiel bekendgestel wat saam met sy Skyshield-stelsel werk, om ander wapenstelsels te teiken en te vernietig. Lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat in Afrika-lande ontplooi is, word deur mortiere en kortafstandgrofgeskut bedreig. Die hoofingenieur van die projek, Reinhardt Moraal, het vir Justin Kennerley gesê 60 van die Cheetah-missiele kan op 'n vragmotor g...
Monitor 19.09.2016 4:11
Afgetrede regter Zak Yacoob het onthul dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, hom geraadpleeg het oor die stigting van intelligensie-eenhede by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Daar word nou beweer dat hierdie eenhede onwettig was en hulle met spioenasie besig gehou het. Regter Yacoob het by 'n funksie in Durban aan vooraanstaande struggle-veterane gesê die eenhede is heeltemal wettig....
Monitor 19.09.2016 3:40
Die Turkse Departement van Nasionale Verdediging was die grootste buitelandse teenwoordigheid by vanjaar se African Aerospace and Defence Ekspo, en die land wat op die hoogste vlak verteenwoordig is. Turkye se adjunkminister van nasionale verdeding, Suay Alpay, het vir Marlinee Fouche gesê hulle beskou Suid-Afrika as familie.
Monitor 14.09.2016 4:06
Bystandverlening by sterfte is weer 'n warm besprekingspunt met bespiegeling dat 'n Paralimpiese-atleet dit gaan toepas ná die Spele. Hoewel die Belgiese atleet, Marieke Vervoort, reeds in 2008 goedkeuring gekry het vir genadedood, ontken sy dat sy gaan sterf in die nabye toekoms. Ook in Suid-Afrika is die proses om genadedood te wettig reeds 'n geruime tyd aan die gang.
Monitor 13.09.2016 7:45
Met die Siriese oorlog wat mense by die miljoene uit die land na sy buurlande dryf, hoor mens heelwat van die grootskaalse las wat Turkye en Jordanie op hulleself geneem het in die verband. Een buurland, waarvan mens minder dikwels hoor, is Libanon. Ek het onlangs self gaan ondersoek instel na die vlugtelingsituasie daar - en het aan Suna Venter vertel op watter wyse die naburige oorlog in Libanon...
Monitor 13.09.2016 4:40
Een van die bekendste en mees geliefde skrywers en storievertellers van die 20ste eeu, Roald Dahl, sou vandag sy 100ste verjaardag gevier het. Hy is op 13 September 1916 in Wallis gebore. Hy was ook 'n vegvlieënier, digter en draaiboekskrywer. Dianke Nel het meer oor Dahl se nalatenskap gaan uitvind.
Monitor 12.09.2016 5:06
In Orania in die Nood-Kaap is 'n huis wat gebou is op die Hollandse Aardskip-konsep. Die enigste water wat gebruik word om die huishouding te onderhou, is reënwater. Marlinee Fouche berig dat die elektroniese ingenieur, Ludwig Everson, die reënwater wat hy opvang vier keer kan sirkuleer. Hy is glad nie afhanklik van die munisipaliteit vir sy water nie.
Monitor 12.09.2016 8:50
Huiswerk vir laerskoolkinders is 'n ou debat wat gereeld opvlam. By die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie simposium verlede week in Port Elizabeth , het skoolhoofde weer regop gesit toe 'n hoof van Vishoek vertel het van die groot sukses by sy skool nadat hy huiswerk afgeskaf het. Hy het bevind dat daar geen waarde in huiswerk is na 'n hele skooldag nie. Hy meen die sowat sewe ure van die skooldag b...
Monitor 12.09.2016 2:40
Dis nie net huiseienaars wat stadig maar seker die groen roete volg met hulle waterstelsels nie, maar ook die gasvryheidsbedryf. Die Verde Hotel in Kaapstad bespaar daagliks sowat 6 000 liter drinkwater deur middel van hulle unieke suiweringstelsels. Marlinee Fouche berig...
Monitor 12.09.2016 2:58
Die ernstige landwye droogte waterskaarste wek groot kommer. Damvlakke is op die laagste in jare en en daar is onsekerheid oor die verwagte reënpatrone. Rolspelers in die waterbedryf sal later vandeesmaand by 'n konferensie in Johannesburg besin oor beleidskwessies en vaardighede wat nodig is vir die bestuur van waterbronne. Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Monkonyane, glo Suid-Afrika...
Monitor 12.09.2016 6:35
Terwyl daar landwyd kommer is oor die probleme wat tersiëre instellings teister, het studente opnuut 'n rede gekry om trots te wees op hulle universiteit. En nee, dit is nie weens rugby nie, maar koorsang. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer gaan uitvind oor die kore wat landwyd kompeteer om as die beste universiteitskoor aangewys te word.
Monitor 08.09.2016 3:22
Die einde van die Aurora-sage is in sig. Daar is gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof 'n skikking tussen Solidariteit en Khulubuse Zuma bereik, waarvolgens Zuma R23-miljoen se skadevergoeding aan Pamodzi en Aurora se likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is ingevolge 'n bevel van regters Davis en Janse van Nieuwenhuizen gesekwestreer...
Monitor 08.09.2016 6:45
Kommersiële boere speel 'n uiters belangrike om ekonomiese stabiliteit en voedselsekerheid te verseker. Dis die boodskap by die Landbou-organisasie , TLU SA, se jaarkongress. Die voorsitter van Agri All Africa, dr. Theo de Jager, het tydens die opening van die kongres gesê dat beleidsekerheid ook 'n belangrike rol te speel in voedselsekerheid in Suidelike Afrika. Suzanne Paxton praat met hom.
Monitor 08.09.2016 7:08
Sakevertroue het in die derde kwartaal effe verbeter, nadat die Rand Aksepbank en Buro vir Ekonomiese Ondersoek se sakevertroueindeks die afgelope sewe kwartale gedaal het. Die indeks het met 10,42 indekspunte gestyg. Suzanne Paxton praat hieroor met die hoofekonoom van RMB, Ettiene le Roux.
Monitor 06.09.2016 2:14
Soldate van 10 SA Infanteriebataljon wat tans in Ladybrand in die Vrystaat gestasioneer is, het onlangs 'n huis ontwerp en gebou om dit vir 'n 106-jarige man en sy 84-jarige vrou te gee. Tydens 'n besoek aan die plaaslike gemeenskap het hulle gesien onder watter moeilike omstandighede die Mosenya-egpaar bly. Die bevelvoerder van die eenheid, luitenant-kolonel Tienie Slabber, sê die soldate het tus...
Monitor 05.09.2016 9:32
Die ANC vra president Jacob Zuma om streng op te tree teen die Minister van Mineralebronne, Mosebenzi Zwane. Dit volg nadat Zwane 'n verklaring uitgereik het wat aandui dat die regering 'n regterlike kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se grootste banke van stapel gaan stuur. Zwane het Vrydag die verklaring uitgereik wat sê dat die kabinet ooreengekom het op 'n aanbeveling dat die president die...
Monitor 31.08.2016 3:18
Vreemde seine van ander sterrestelsels en planete laat mense opnuut wonder oor die bestaan van intelligente ruimtewesens. Dit is weer 'n besprekingspunt nadat Rusland bekend gemaak het dat hy met 'n radioteleskoop 'n sein opgetel waarvan die oorsprong duister is. Dr. Pieter Kotze, 'n senior navorser by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, sê daar is te veel onsekerhede om enige gevolgtre...
Monitor 31.08.2016 4:03
Wetenskaplikes meen die aarde het 'n nuwe geografiese tydvak betree. Hulle is dit eens dat die mensdom met besoedeling en kerntoetse 'n 11,700 jaar oue tydvak kortgeknip het. Ons is nou nie meer in die Holoseen-tydperk nie, maar in die Antroposeen-tydperk. Hanri Wondergem het agter die kap van die byl probeer kom.
Monitor 31.08.2016 3:05
'n Voorlegging is vanjaar tydens die begroting gemaak om suikerbelasting op versoete drankies teen aanstaande jaar in Suid-Afrika in te stel. Dit word gedoen omdat die Departement van Gesondheid Suid-Afrikaners se oormatige inname van suiker wil beperk. Die seniorbestuurder van Doeane en Internasionale Handel by die ouditeursfirma Deloitte, Pieter Marais, het aan Dianke Nel gesê die spertyd van Ap...
Monitor 31.08.2016 3:23
Volgens 'n geregistreerde dieetkundige en dosent by die Departement Mensevoeding by die Universiteit van Pretoria, Vanessa Kotze, bevat een suikerversoete drankie (gaskoeldrank of vrugtesap) sowat agt teelepels suiker. Dianke Nel het by by Kotze gaan uitvind of suikerbelasting wel 'n invloed kan hê op mense se suiker-inname.
Monitor 26.08.2016 4:43
"Ek moes eers leer om myself te aanvaar vir wie ek is, voordat ek die woorde NOEM MY MAAR 'N SKOLLIE kon sê". So sê 'n gewese bendelid en Pollsmoor-gevangene, John Fredericks, oor sy lewensverhaal wat hy vir die gelyknamige fliek neergepen het. Kritici was gaande oor die rolprent toe dit hierdie week die eerste keer by die Silwerskermfees vertoon het, met kenners wat voorspel dat verskeie toekenni...
Monitor 25.08.2016 4:40
Tot soveel as 160 mense het na raming in die aardbewing in die Umbria-gebied in Sentraal-Italië omgekom. Baie mense was vasgekeer en beseer in die puin van geboue. Die krag van die aardbewing is tussen 6,0 en 6,2 op die Richterskaal gemeet. Lorenso Meusburger wat sy ouma in die dorpie Accumoli besoek, het gister gesê dit gaan goed met hulle. Die dorp is sowat 35 minute se reis per motor wes van di...
Monitor 25.08.2016 4:38
'n Suid-Afrikaanse egpaar het ter viering van hulle huwelik oor die Stille Oseaan geroei, van Kalifornië in die VSA na Hawaii. Riaan Manser en Vasti Geldenhuys het gister, ná 39 dae op die oop see, in Hawaii aangekom en boonop die wêreldrekord vir die vinnigste roei oor die oseaan opgestel. Hulle is ook die enigste Suid-Afrikaners wat die roete al geroei het. Anita Visser praat met Riaan Manser ui...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos