RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 24.08.2016 12:43
Die DA het, soos in die Baai en Tshwane, beheer oorgeneem van die Johannesburgse metroraad. Die nuwe burgemeester Herman Mashaba is Anita Visser se gas.
Monitor 24.08.2016 6:27
Hoewel die land trots is op sy atlete wat altesaam 10 Olimpiese-medaljes huis toe gebring het, is kenners dit eens: tien is nie genoeg nie, ons kan beter doen. Maar wat moet die land, sy atlete en die owerheid anders doen om prestasie te verbeter? Hanri Wondergem het hierdie vraag aan kenners gestel.
Monitor 24.08.2016 3:26
ʼn Nano-satelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch en CubeSpace ontwikkel is, word in Januarie 2017 saam met 49 ander nano-satelliete vanuit die Internasionale Ruimtestasie gelanseer as deel van die internasionale QB50-projek. Dianke Nel het met die die groephoof van satellietnavorsing by die Departement Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Herman Steyn, gepraa...
Monitor 24.08.2016 4:04
Suid-Afrikaners het vir die vierde agtereenvolgende jaar aangedui dat vervoer een van die drie grootste kwelpunte in die land is. Dit het aan die lig gekom in 'n meningspeiling deur die Universiteit van Johannesburg. Hanri Wondergem het by Gert Heyns, 'n lektor verbonde aan die universiteit se Instituut vir Vervoer en Logistieke Studies, gaan kers opsteek oor moontlike oplossings vir die probleme.
Monitor 24.08.2016 3:20
In 136 jaar van moderne rekordhouding is Julie 2016 as die warmste maand nog ooit op aarde aangeteken. Dit volg ná 'n maandelikse ontleding van wêreldwye temperature deur wetenskaplikes by die Amerikaanse ruimte-agentskap, NASA. Julie 2016 was 0,1grade Celsius warmer as die vorige rekord vir Julie in 2015, 2011 en 2009. Prof. Hannes Rautenbach, die hoofwetenskaplike van klimaatsverandering by die...
Monitor 16.08.2016 2:53
Die Suid-Afrikaanse atleet, Wayde van Niekerk, het die wêreld steeds aan die gons nadat hy Sondag by die Olimpiese Spele 'n jare-oue wêreldrekord in die 400 meter wedloop verbeter het. Hy het ook Suid-Afrika se eerste gouemedalje by vanjaar se Spele ingepalm. Melissa Tighy het met sy ma, Odessa, in Rio de Janeiro gesels.
Monitor 16.08.2016 1:48
Die Olimpiese gouemedalje-wenner Wayde van Niekerk is nie die enigste in sy familie om vanjaar 'n medalje huistoe te bring nie. Van Niekerk se neef, Cheslin Kolbe, het 'n bronsmedalje saam met die Suid-Afrikaanse sewes rugbyspan gewen. Van Niekerk se laerskoolonderwyser sê Wayde was nog altyd goed gemotifeerd. Carmel Loggenberg doen verslag.
Monitor 16.08.2016 2:49
Suid-Afrika se naelloopsensasie, Wayde Van Niekerk, het sy afrigter die krediet vir sy prestasie gegee. Volgens Van Niekerk het die 74-jarige oumagrootjie, Anna Botha, hom tot die volgende vlak gedruk en laat glo dat enigiets moontlik is. Ten spyte van die 50-jaar ouderdomsgaping het die twee 'n merkwaardige vennootskap opgebou. Justin Kennerley doen verslag.
Monitor 11.08.2016 3:56
Die wêreldbekende sanger en skrywer, Leonard Cohen, se hartroerende laaste brief aan Marianne Ihlen op haar sterwensbed het menige harte geroer en wye reaksie ontlok. 'n Joernalis van die Mail and Guardian, Suzanne Moore, sê in haar artikel Cohen het 'n baie skaars ding reggekry - om met klaarheid en helderheid oor die dood te praat.
Monitor 11.08.2016 19:13
Om dood te gaan is ons almal se voorland, maar dis iets waaroor daar saggies of selde gepraat word. In die lig van Leonard Cohen se hartroerende brief aan die sterwende Marianne Ihlen, sy muse en geliefde van tien jaar, het Marlinee Fouche met verskeie mense gepraat wat op 'n gereelde basis met die dood te doen kry. Die vraag is eenvoudig, en die antwoord kompleks: praat ons GENOEG en SINVOL oor d...
Monitor 08.08.2016 6:43
'n Blou golf het die naweek oor Nelson Mandelabaai gespoel toe die DA sy oorwinning gevier het as die grootste party in die metro. Die party het 46,71% van die stemme in die munisipale verkiesing ingepalm, en die ANC 40,92%. Die metro word gesien as 'n ANC-vesting omdat talle struggle-helde hulle wortels daar het. Veronica Fourie het die feesvierings bygewoon.
Monitor 25.07.2016 7:08
Die Parsemus Stigting in die V.S.A. het pas aangekondig dat Vasalgel dalk binnekort op die mark sal wees. Dit is 'n produk wat werk vir mans, soos die pil vir 'n vrou. Dr Amir Zarrabi is 'n urolooog by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal, en spesialiseer in manlike infertiliteit en mikrosjirurgie. Hy sê dit is 'n reuse voorui...
Monitor 19.07.2016 5:42
'n Paar maande gelede was Charles Visser teen die spreekwoordelike planke. Die vryskutskrywer en teksredakteur se werkgeleenthede het die afgelope vier jaar drasties opgedroog. Dit het eers periodiek gebeur, tot dit later sommer vir maande voortgeduur het. Hy móes net 'n plan maak om nie een van die land se werkloosheidstatistieke te word nie. Die oplewing van Uber in Suid-Afrika het vir Visser 'n...
Monitor 12.07.2016 9:40
'n Slag wat bykans vergete is – dit is die Slag van Delvillebos tydens die Eerste Wêreldoorlog. President Jacob Zuma is in Frankryk en onthul vandag (12 Julie 2016) 'n muur van herinnering vir alle Suid-Afrikaners wat in die Eerste Wereldoorlog gesneuwel het. Dit is ook die 100e herdenking van die Slag van Delvillebos waarin daar na raming meer as 3 000 Suid-Afrikaanse soldate dood is. Hanri Wonde...
Monitor 11.07.2016 2:25
Die sewe SAUK-joernaliste wat of geskors is, of wag op datums vir tugverhore, is die naweek deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum vereer. Adriaan Basson, News24 se nuusredakteur en SANEF se tesourier, het aan Marlinee Fouche gesê die Nat Nakasa-toekenning is die hoogste vlak van erkenning wat die forum aan joernaliste oorhandig.
Monitor 11.07.2016 4:51
Agt joernaliste van die SAUK is die afgelope naweek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum se Nat Nakasa-toekenning vereer. Van die joernaliste, insluitend Suna Venter en Foeta Krige van Monitor, is geskors of wag vir datums van tugverhore. Dit volg nadat hulle hulle uitgespreek het teen die uitsaaier se verbod op beeldmateriaal van gewelddadige protesoptredes. Gesprekke rondom mediavry...
Monitor 04.07.2016 11:23
Die dogter van een van Suid-Afrika se mees berugte, vermeende misdadigers het 'n boek oor haar lewe geskryf, oor die jare van mishandeling. Die boek se titel is MISHANDEL, MISBRUIK, MISKEN: JOEY HAARHOFF WAS MY MA. Die skrywer is Carla van der Spuy en dit word uitgegee deur Lapa. Dit vertel die storie van Amor van der Westhuyzen, dogter van Joey Haarhoff, die vrou wat daarvan verdink is dat sy jon...
Monitor 04.07.2016 5:23
Die Suid-Afrikaanse regisseur, Gavin Hood, se jongste rolprent het soveel mense die naweek na Prins Albert gelok, dat die organiseerders twee ekstra teaters daarvoor moes beskikbaar stel. Dit was 'n groot trekpleister vir besoekers van die In die Karoo Filmfees wat in die dorpie plaasgevind het. Hood het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat FIELA SE KIND een van sy gunsteling rolprente is. Ho...
Monitor 17.06.2016 15:44
Twee dae ná die Soweto-opstande van 1976 is die land geruk deur die eerste werklike veroordeling van apartheid vanuit die wit, Afrikaner-establishment. Die Erika Theron-kommissie se verslag, op 18 Junie 1976, is egter deur die Vorster-bewind in die politieke asblik gegooi. Haar aanbevelings dat die ontug-wet, die groepsgebiede-wet en die wet op gemengde huwelike geskrap word, is eers nege jaar lat...
Monitor 16.06.2016 5:44
Kunsvliegvertonings is een van die gewildste items by lugskoue. Jy kry vlieeniers wat solo-vertonings lewer, en vlieeniers wat in formasie vlieg. Suid-Afrika het 'n tyd lank beperkte formasie-vertonings gehad. Maar in 2013 het 'n groep vlieeniers besluit dit is veel lekkerder om saam te vlieg as alleen....en 'n jaar later het hulle hul eerste vertoning by die Zebula lugskou gelewer. Justin Kennerl...
Monitor 14.06.2016 11:58
Net genoeg om die familie aan die lewe te hou, dis al wat die vissermanne aan die Weskus voor hoop. Die gemeenskap met hul unieke behoeftes is afhanklik van die see om 'n bestaan te voer. Dit word telkens gekompliseer deur probleme met visvangregte wat die manne en vroue gereeld warm onder die kraag het. Melissa Tighy en Izak du Plessis het Lambertsbaai met die oog op die naderende plaaslike verki...
Monitor 09.06.2016 3:07
Die droogte hou nie net negatiewe gevolge in vir mense nie, maar ook vir insekte. Die vraag is nou of enigiets wat ons gewone mense doen insekbevolkings kan red? Daar is mense wat boodskappe op sosiale media versprei, wat meen dat ons veral bye met suikerwater moet voer, om hulle voortbestaan te help verseker. Marlinee Fouche het by RSG se natuurkenner, Dave Pepler, gaan uitvind of daar enige waar...
Monitor 09.06.2016 3:06
Het jy geweet dat daar iets bestaan soos handsak-verekering? Dit is spesifiek daar om vroue wie se handsakke gesteel word, te help om die besittings daarin te vervang. 'n Versekeringskonsultant wat in haar voertuig van haar besittings beroof is, sê dis opvallend dat heelwat vroue, nie altyd weet waarvoor hulle in aanmerking kom nadat so iets gebeur het nie. Marlinee Fouche berig...
Monitor 30.05.2016 4:31
Die wenner van die Comrades-marathon, David Gatebe, neem meer as 'n miljoen rand huis toe na hy die wedloop gewen het. Die lid van die Tomtom-atletiekklub het die Rus, Leonard Shvetsov, se rekord van 2007 verbeter. Die vroue-kragmeting was 'n geveg tot die bitter einde na die wenner van 2015, Caroline Wostmann, haar voorsprong tien kilometer voor die einde moes prysgee. Minoshni Pillay en Dianke N...
Monitor 30.05.2016 5:01
Help ons om dwelm-muile in Asiese tronke se vonnisse van doodstraf tot lewenslange tronkstraf te verander. Die hulpkreet kom van Locked Up, 'n organisasie wat Suid-Afrikaners help, wat weens dwelm-verwante misdade in oorsese tronke sit. Volgens die regering is meer as 'n duisend Suid-Afrikaners oorsee gevonnis, waarvan talle tereggestel gaan word. Maar Locked Up se direkteur, Patricia Gerber, betw...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos