RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 14.11.2016 4:49
Daar is mense wat dink dat die kerk se besluit oor Gays, polarisering in die kerk veroorsaak, wat groot skade aanrig. Marlinee Fouche berig oor een NG-predikant se ervaring van die gemeenskap se pyn, en 'n ander wat glo die strydbyl moet neergelê word, sodat 'n ander uitweg gevind kan word.
Monitor 14.11.2016 3:43
Daar is mense wat dink dat die kerk se besluit oor Gays, polarisering in die kerk veroorsaak, wat groot skade aanrig. Marlinee Fouche berig oor een NG-predikant se ervaring van die gemeenskap se pyn, en 'n ander wat glo die strydbyl moet neergelê word, sodat 'n ander uitweg gevind kan word.
Monitor 14.11.2016 4:46
Die besluit wat oor Gays in die kerk geneem is by verlede week se algemene vergadering van die NG Kerk se Sinode, het verskeie mense wat daar was na trane gedryf. 'n Gay NG proponent, Hennie Pienaar, het aan Marlinee Fouche gesê dit het gevoel asof die kerk hom beskou as iets wat afgryslik is.
Monitor 14.11.2016 15:19
"Die kerk is nou op n ander plek." Dit is die woorde wat die NG Kerk se moderator, ds. Nelis Janse van Rensburg, gebruik het om sy verslaentheid uit te spreek oor verlede week se besluit van die algemene sinode om enige huwelik tussen Gay-lidmate te fnuik. Net verlede jaar het dieselfde sinode beslis dat NG predikante burgerlike verbintenisse tussen Gay-egpare mag voltrek. Te midde van ten minste...
Monitor 02.11.2016 4:16
Die ikoniese trekklavierspeler en komponis, Nico Carstens, is gisteraand in die ouderdom van 90 oorlede. Hy het meer as 2,000 musiekstukke gekomponeer, waarvan die bekendste die treffer, Zambezi, was. Een van sy vier kinders, Klem Carstens, het aan Dianke Nel gesê Nico, of Oubaas soos hy hom noem, het 'n vol lewe gehad.
Monitor 31.10.2016 5:09
Die Nasionale Vervolgingsgesag wou nie berigte bevestig dat die aanklagte van bedrog teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, teruggetrek gaan word nie. Gordhan en twee voormalige senioramptenare van die inkomstediens, Oupa Magashule en Ivan Pillay, moet Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn. Verskeie organisasies en kommentators sê egter die aanklagte het min om die lyf en behoo...
Monitor 28.10.2016 3:23
Die afgetrede adjunkregterpresident van Suid-Afrika, Dikgang Moseneke, sê studente kan 'n verandering by die stembus afdwing as hulle ontevrede is met die huidige stand van sake. Hy was die hoofspreker by Unisa se jaarlikse Stigterslesing in Pretoria. Hy sê die geweld wat met die #FeesMustFall-beweging gepaard gaan, kan die regmatige eis vir algehele toegang tot hoër onderwys, onderworpe aan redel...
Monitor 28.10.2016 3:39
Die konstitusionele hof se hoofregter, Mogoeng Mogoeng, het tydens die O.R. Tambo-gedenklesing in Johannesburg nie doekies omgedraai oor brandende kwessies wat Suid-Afrikaners direk raak nie. Hy het passievol gepraat oor die noodsaaklikheid om 'n ekonomiese afgradering te voorkom.
Monitor 28.10.2016 8:14
Die Britse Museum in Londen hou tans 'n kunsuitstalling oor Suid-Afrika se geskiedenis met die titel SOUTH AFRICA: ART OF A NATION. In die uitstalling vertel 'n uiteenlopende reeks kunswerke die storie van Suid-Afrika se geskiedenis tot sover terug as 100,000 jaar. Dianke Nel het meer oor die uitstalling gaan uitvind...
Monitor 26.10.2016 7:19
Nuwe navorsing beklemtoon honde se fyn aanvoeling vir die kommunikasieseine van mense. Hulle het ook die vermoë om hulle eienaars en ander se gesigsuitdrukings en woorde te verstaan en interpretreer. 'n Artikel in die vakjoernaal, Current Directions in Psyhological Science, wys dat dat honde kan onderskei tussen mense se emosionele uitdrukkings. Izak du Plessis praat hieroor met ons wetenskapkorre...
Monitor 24.10.2016 4:45
"Baanbrekerswerk" en "Enig van sy soort". So beskryf wetenskaplikes 'n projek wat tans aan die gang is om 'n volledige reeks boeke oor motte van Suid-Afrika te skryf. Ondanks die feit dat daar duisende mot-spesies is, en talle wat nog ontdek kan word, bestaan daar nie so 'n boek nie. Hanri Wondergem was by die sewende jaarlikse Oppenheimer De Beers-groep Navorsingskonferensie in Johannebsurg waar...
Monitor 18.10.2016 3:37
Is koringprodukte sleg vir jou? 'n Nuwe studie se resultate wat in Wene bekend gemaak is, verbind die eerste keer talle siektetoestande met 'n proteïne wat in koring voorkom. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen.
Monitor 14.10.2016 3:44
Die Amerikaanse waghond wat kwaksalwery dophou, Quackwatch, wys die vinger na Amazon. Die aanlynverkoper-webwerf verkoop volgens Quackwatch duisende hoogs gevaarlike produkte. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskap-korrespondent George Claassen.
Monitor 14.10.2016 5:37
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beraam dat bykans een miljard mense wêreldwyd aan die een of ander vorm van gestremdheid ly, waarvan sowat 200-miljoen aansienlike probleme met hulle dag tot dag funksionering ervaar. Daar is ook baie kinders met gestremdhede en spesiale behoeftes in ons samelewing. Die stigter en direkteur van die Brain Child Fund, Hannes Viljoen, het vier kinders, waarvan drie m...
Monitor 14.10.2016 3:19
Heelwat Suid-Afrikaners beskou kinders met spesiale behoeftes en mense met gestremdhede as onbevoeg en 'n las op die samelewing. Die stigter en direkteur van die Brain Child Fund, Hannes Viljoen, het aan Dianke Nel gesê die samelewing is geneig om etikette op mense te plaas, eerder as om dieper te delf en hulle te probeer verstaan.
Monitor 12.10.2016 4:07
Kort na die NVG se aankondiging gisteroggend het die Rand beduidend verswak. Die NVG hoof, Shaun Abrahams het aangekondig dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en twee voormalige kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, moet op 2 November in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Vir meer oor hoe die Rand gevaar het, praat ons met 'n ekonoom van Rebalance Fondsbestuurders, D...
Monitor 06.10.2016 20:41
Alzheimer-gesprek tydens die Aardklop Kunstefees: Verskeie kenners gee raad aan versorgers, en akteurs praat oor die impak van die voorbereiding op hulle rolle as onderskeidelik 'n Alzheimer-lyer en 'n versorger. 'n Vrou wat haar man jare lank opgepas het, sê daar is steeds mooi dinge wat dikwels misgekyk word, en versorgers gee raad aan huishoudelike versorgers.
Monitor 05.10.2016 2:45
Vir die eerste keer ooit het Amerika bye op sy lys van bedreigde spesies geplaas. Sewe byspesies, bekend as geelgesig of gemaskerde bye, almal oorspronklik afkomstig van Hawaii, word nou as bedreig gesien. Hanri Wondergem het by die entomoloog, prof. Erik Holm, gaan aanklop. Hy sê so 'n drastiese stap mag dalk spoedig in Suid-Afrika ook nodig wees.
Monitor 05.10.2016 2:21
Die Sweedse Koninklike Akademie vir Wetenskappe het die 2016 Nobelprys vir Fisika aan drie Amerikaners toegeken. Die een helfte van die prys gaan na David Thouless. Die ander helfte word gesamentlik aan Duncan Haldane en Michael Kosterlitz toegeken. Hulle ontvang die prys vir die teoretiese ontdekkings van die topologiese fase-oorgange en topologiese fases van stowwe. Die Dekaan van Navorsing en N...
Monitor 04.10.2016 14:10
"Die storie van ons tyd." Só het 'n amptenaar by die Verenigde Nasies se Komissariaat vir Vlugtelinge in Geneve die wêreldwyde vlugtelingekrisis beskryf. Meer as eenmiljoen Siriese vlugtelinge dra amptelik die status van vlugtelinge in Libanon. Die Libanese het hullehande behoorlik vol, tot so 'n mate dat die regering die VN al in Mei verlede jaar gevra het om geen meer vlugtelinge te registreer n...
Monitor 27.09.2016 4:20
Die SAUK het gister vier senior bestuurslede se kontrakte uitbetaal. Hannes du Bussion, die woordvoerder van een van die vakbonde by die korporasie, Bemawu, het dit bevestig en gee meer besonderhede.
Monitor 27.09.2016 6:09
'n Voormalige aanbieder van Monitor, Anne Marie Bezdrob, is Sondag in 'n motorongeluk oorlede. Sy was 65 jaar oud. Bezdrob was van Augustus 1998 af tot April 2001 by Monitor betrokke. Dianke Nel het hierdie huldeblyk saamgestel.
Monitor 27.09.2016 4:49
Die landboumaatskappy, Monsanto, het die regte van tegnologie aangeskaf, wat kritici van genetiese gemanipuleerde organismes se monde kan snoer. Die tegnologie, Crispr, maak gebruik van genetiese redigering, eerder as manipulering. Melissa Tighy het meer daaroor uitgevind by 'n professor in Genetika by die Fakulteit Agri-Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, Johan Burger.
Monitor 27.09.2016 2:49
'n Ruimtenavorsingsprojek wat alreeds in die jare sewentig begin is, sal Vrydag op 'n dramatiese wyse tot 'n einde kom. Die Rosetta-ruimtetuig sal na verwagting om 12:40 Suid-Afrikaanse tyd teen die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko bots. Melissa Tighy het by 'n seniornavorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap, dr. Pieter Kotze, gaan uitvind wat die rede vir die botsing is.
Monitor 21.09.2016 6:40
Die situasie by die Nasionale Vervolgingsgesag is 'n groot bron van kommer vir die geskorsde hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal-majoor Johan Booysen. Dit volg nadat die adjunkdirekteur van die NVG, Nomgcobo Jiba, en die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, Lawrence Mrwebi, verlede week van die advokaterol geskrap is.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos