RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Baaise staproetes kry groenvlag-status 23.11.2023

Daar is al baie gesê dat Nelson Mandelabaai Suid-Afrika se natuurhoofstad is met sy lieflike strande en en natuurreservate. Nou het die Baai se groen kroon nog ‘n paar juwele bygekry, en dit is die internasionaal erkende groenvlag-status, wat aan 11 van die metropool se staproetes toegeken is. Clyde Scott, munisipale natuurbewaringsbeampte, het met Mariska Spoormaker hiervan vertel.

Wat behels die Kernwapenverdrag? 23.11.2023

Lydia Von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink wat die kernwapenverdrag behels waaruit Rusland onlangs onttrek het.

Groen mamba los in Nederlandse dorp 23.11.2023

‘n Nederlander se twee meterlang groen mamba-troetelslang is soek, en die dorp is gewaarsku om weg te bly as hulle die slang teëkom.

Inspirasie vir bo 40’s 22.11.2023

Marika Opperman gesels oor inspirasie vir mense ouers as 40, en hoe haar Instagram-sukses daarin lê om natuurlik te wees.

Wie gaan SA regeer? 22.11.2023

Hoe lyk die politieke speelveld van die toekoms? Johan Rademan het nie politiek nie, maar óór die politiek met die skrywer en News24-redakteur, Adriaan Basson, gesels na aanleiding van die boek, Who will rule South Africa?

Europese geld help dennebome uitroei 22.11.2023

Julian Snyders van die bewaringsorganisasie, Wild Restoration, het Europese befondsing gekry om 50 000 dennebome van 280 hektaar grond in die Greyton-omgewing te verwyder, om sodoende inheemse plante te beskerm.

Tweeling in twee baarmoeders? 22.11.2023

‘n Amerikaanse vrou, Kelsy Hatcher, verwag twee dogtertjies - elkeen in haar eie baarmoeder.

Ingenieurs se gedragskode 21.11.2023

Dawie Botha gesels met Martelize Brink in So is die land gebou oor ingenieurs se gedragskode en korrupsie in die bedryf.

Deon Davids van die Bokke 21.11.2023

Haidee Muller-Isaacs kuier in die Paarl by die Springbokspan se hulpafrigter, Deon Davids. Hy vertel vir haar van sy grootworddae op Bredasdorp, sy ervaring in Frankryk by die Wêreldbeker, en die rol wat Rassie Erasmus in sy loopbaan gespeel het.

Transgender Dag van Herinnering 21.11.2023

Alex Botha gesels met Martelize Brink oor die Transgender Dag van Herinnering en die behoefte aan statistiek oor geweld teen trans persone.

Wenner van 'n pot geld word 'n potspelwenner 21.11.2023

Neil Jones het met sy 2010 Lotto wengeld afgetree, ‘n profesionele graad potspeltafel gekoop en begin oefen. Op 59 het hy die Engelse span gehaal en ‘n brons medalje by die Europese Blackball Kampioenskappe verower.

Somergevare vir troeteldiere 20.11.2023

Veearts dr. Nico du Preez praat oor gevare vir troeteldiere in die somer, van bysteek tot oorinfeksie nadat hulle geswem het.

Maryke se belewenis van Ysland se aardbewings 20.11.2023

Maryke Musson deel uit Ysland haar ervaring van die duisende aardbewings, dorpsontruiming en die dreigende vulkaniese uitbarsting.

Beurs-studente se breër behoeftes ook in ag geneem 20.11.2023

Jy kan nie vir ’n jongmens net ’n studiebeurs gee, en dan glo alles sal goed gaan nie, want baie ander faktore speel ook ’n rol, sê professor Jean Greyling, departmentshoof van Rekenaarwetenskappe en Inligtingstelsels by die Nelson Mandela Universiteit. Hy praat uit ondervinding, want sy departement het al oor die R60 miljoen se beurse vir studente bewerkstellig. Mariska Spoormaker het met hom gep...

Europa se aktiefste vulkaan 20.11.2023

Prof. Freddie Roelofse vertel vir Martelize Brink van Etna, Europa se aktiefste vulkaan, asook die supervulkaan Campi Flegrei.

Plastiese sjirurgie bemoeilik sake met rybewys 20.11.2023

Denise Rocha, ‘n Brasiliaanse model, het al soveel plastiese sjirurgie gehad dat munisipale amptenare nie haar rybewys wou hernu nie. Sy moes ‘n tweede vorm van foto-ID gebruik om hulle te oortuig dat dit wel sy is, voor sy haar rybewys kon kry.

Yslanders staal hulle vir vulkaanuitbarsting 17.11.2023

Prof. Freddie Roelofse praat oor Ysland se dreigende vulkaanuitbarsting.

360 Speseryroete - Deel 11 17.11.2023

Dee Robinson vertel vir Martelize Brink in die DieSestig Speseryroete wat die verskil tussen kerrie en masala is en gee ‘n resep vir ‘n basiese kerriemengsel.

Laurie bemiddel tussen die blatjang en rissiesous 17.11.2023

Laurie Greyvenstein is 'n regskenner, entrepreneur, bemiddelaar en vredemaker. Jy kan nou ook blatjang- en rissiesousmaker daarby voeg. Haidee Muller-Isaacs het in sy kombuis gaan inloer. Laurie het ook onlangs 'n toekenning gewen vir sy werk as bemiddelaar.

Geseënde honde 17.11.2023

In Japan neem mense nou hul honde om ‘n seën te ontvang wat kinders gewoonlik op ouderdomme 3, 5 en 7 kry.

Paul Alberts deur FAK vereer 16.11.2023

Charmaine Alberts vertel vir Martelize Brink van fotograaf Paul Alberts, haar oorlede man, wat deur die FAK vereer gaan word vir sy bydrae tot die bevordering van Afrikaans. ‘n Uitstalling van sy foto’s van bekende skrywers, digters en akteurs word gehou.

Elsa van Huyssteen word 80 16.11.2023

Haidee het oor die jare heen gaan inloer by Elsa van Huyssteen toe sy nog betrokke was by 'n tehuis vir behoeftige seuns. Sy het intussen afgetree en Haidee het op haar 80e verjaarsdag weer by haar aan huis gaan inloer.

Wanneer dinge skeefloop op Swartvrydag 16.11.2023

Verbruikersprokureur Trudie Broekmann gesels met Martelize Brink oor Swart Vrydag. Sy gee raad met jou aankope, maar ook wat om te doen as dinge skeefloop.

Nagskof vir 'n kerkklok 16.11.2023

‘n Nuwe intrekker het gekla oor ‘n kerkklok wat in die nag lui. Na 200 jaar is die klok in Bleith, Skotland, nou snags stil. Dit krap toe die ou inwoners om wat ‘n petisie opgestel het om die klok weer op nagskof te kry.

Portchie word 60! 15.11.2023

Die kunstenaar, Portchie, kyk terug op 60 jaar. Hy gesels oor sy lewe, sy werk en hoe hy die mylpaal vier.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos