RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Kommer oor Baviaanskloof-bewaring 05.08.2024

Die sluiting van een van die Oos-Kaap se oudste vrywilligergroepe vir die ondersteuning van natuurbewaring, Friends of the Baviaans Wilderness Area (FOBWA), wek groot kommer onder bewaringsbewustes. Mariska Spoormaker praat hieroor met Japie Buckle, een van die stigterslede van FOBWA.

SA se laaste stoomsleepboot 05.08.2024

Johannes Uys vertel vir Martelize Brink van die Alwyn Vintcent, Suid-Afrika se laaste stoomsleepboot wat op Villiersdorp te sien is.

Vakansie op voorskrif 05.08.2024

In Duitsland kan ‘n dokter spavakansie van 4 weke voorskryf om uitbranding te voorkom, en die mediese fondse betaal daarvoor! Enkelouers se kinders kan saam gaan.

Suid-Afrikaanse Olimpiese munte 02.08.2024

Sport speel só ‘n belangrike rol in ons samelewing dat die moderne Olimpiese Spele ook op talle Suid-Afrikaanse munte uitgebeeld is. Johan Rademan praat hieroor met Pierre Nortjé van die Numismatiese Vereniging van die Wes-Kaap.

360 Speseryroete - Deel 46 02.08.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die speserye wat in Franse kookkuns gebruik word.

Blitsbokke oor bronsmedalje 02.08.2024

Die Blitsbokke se afrigter, Philip Snyman, en voorspeler, Ryan Oosthuizen, vertel vir Martelize Brink van die bronsmedalje wat hulle by die Olimpiese Spele gewen het.

Die beste winkeldief van alle tye? 02.08.2024

‘n Vrou in Engeland is vas ná £500 000 se winkeldiefstal!

Vrugtebome en koue 01.08.2024

Dr. Esmé Louw vertel van bladwisselende vrugtebome se behopeftes in die koue maande.

Jonk 1 Augustus 2024 01.08.2024

Dr. Ria Smit vertel wat ‘n basiese velroetine behels, en die belangrikste bestanddele wat in velprodukte moet wees.

Die duurste kaas 01.08.2024

Die duurste kaas ter wêreld word van die melk van donkies in Serwië gemaak. Dit kos $600 per pond!

SA-trompoppies vaar goed in Frankryk 31.07.2024

Kaylene Cordom vertel van haar trompoppie-loopbaan. Sy is die afrigter van die junior nasionale trompoppiespan. Span SA het 11 goue, 13 silwer en 7 bronsmedaljes by die onlangse Wêreldspele in Frankryk gewen.

Diepkloof-rotsskuiling nou UNESCO-erfenisgebied 31.07.2024

Tania Colyn vertel vir Martelize Brink van die Diepkloof-rotsskuiling naby Elandsbaai, wat tot ’n UNESCO-erfenisgebied verklaar is. Die Elandsbaaimuseum is 'n interpretasiesentrum vir die skuiling.

Wie wil 'n bedpan hê? 31.07.2024

‘n Bedpan-versameling van 163 unieke items is met groot hoop op ‘n veiling geplaas. Niemand het egter daarop gebie nie.

Êrens oorsee 30 Julie 2024 30.07.2024

Marion Erskine vertel van sy ervaring in Nantes, Frankryk. Hy gee onder andere ‘n blik op die Franse se houding teenoor die Olimpiese Spele.

Padlopers wat leef van doodgeryde diere 30.07.2024

In die Koppies-distrik van die Noord-Vrystaat is daar verskeie padlopers langs die N1, wat doodgeryde diere oor ‘n oop vuurtjie langs die pad braai om te eet. Dié praktyk laat egter veldbrande ontstaan, wat al honderde duisende rand se weiveld en veevoer vernietig het. Mariska Spoormaker praat hieroor met Steven Pelser, veiligheidskoördineerder van die Koppies-distrik.

Die gevare van binneshuise kaggels 30.07.2024

Rita van der Walt vertel van die verborge gesondheidsrisiko’s van binneshuise kaggels.

Henry VIII op X opgespoor 30.07.2024

‘n Kunshistorikus het op die sosialemediaplatform, X, op ’n foto, wat by ‘n munisipale saal geneem is, ‘n langverlore skildery van koning Henry VIII uit die 1590’s raakgesien.

Museum van honde 29.07.2024

Karel van der Vyver vertel van die wêreld se eerste hondemuseum wat in Kaapstad geopen is.

Anrich se Worsie Wapsie Leeuvel Tiertert 29.07.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Anrich Herbst (Wimpie van Orkney Snork nie) oor die herinneringe wat die heruitsending van dié program oproep.

Geraasbesoedeling - Deel 2 29.07.2024

Dr. Alida Naude praat oor die impak van geraasbesoedeling op volwassenes.

Olimpiese tafeltennisspeler op 58 29.07.2024

Zhiying Zeng was op 12 al ‘n professionele tafeltennisspeler. Op 16 was sy in China se nasionale span, en op 58 maak sy haar Olimpiese debuut vir Chili.

Krotoa herdenk by Groote Kerk 26.07.2024

Ds. Riaan de Villiers en Dieuwke-Jean Linee vertel van die Groote Kerk in Kaapstad se 350 jaar herdenking, en die viering van die lewe van Krotoa. Daar is die amptelike onthulling van ‘n muurskildery op die historiese 1704-kerktoring, tesame met die bekendstelling van die Krotoa-bloemlesing.

360 Speseryroete - Deel 45 26.07.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die eertydse Griekse atlete by die antieke Olimpiese Spele geëet het.

St.Francisbaai sê: Baie dankie, liewe Bob! 26.07.2024

Hier is ‘n storie van ’n gemeenskap wat ’n man bedank het, wat al langer as 25 jaar mens en dier help waar hy kan. Bob Meikle het die Lew Geffen Sotheby’s sertifikaat van waardering ontvang. Hy is ‘n gasspesialis en slotmaker van St. Fancisbaai. Mariska Spoormaker het hom by sy besigheid gaan besoek, en daar ook n klomp stertswaaiende besoekers gevind.

Rus in vrede onder die sportveld 26.07.2024

Die Universiteit van Nebraska het ‘n voorstel gekry dat daar, as ’n fondsinsamelingsprojek, plekke verkoop word vir die as-oorskot van hulle voetbalspan se aanhangers onder die rugbyveld.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos