RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Is jou elektriese installasie geaard? 02.07.2025

Wynand Visser praat oor die belangrikheid daarvan dat 'n elektriese installasie geaard moet wees, en hoekom jy moet aandag gee wanneer jou krag gereeld uitskop.

Êrens oorsee 1 Julie 2025 01.07.2025

Politieke kommentator Jan-Jan Joubert werk aan sy doktersgraad by die Universiteit van Leiden. Hy vertel vir Martelize Brink van die lewe in Nederland.

Die wolsalon 01.07.2025

Haidee kuier by 'n reusagtige wolsalon in die Paarl, waar Stefan Gerber haar meer vertel oor die proses om wol direk van die plaas af skoon te maak, nes ‘n haarsalon. Sy vind ook meer uit van die wolfees op Middelburg in die Oos-Kaap.

Verstaan jou kat 01.07.2025

‘n Nuwe KI-toepassing help jou om jou kat se “taal” beter te verstaan.

Ken paddas uit met 'n toep 30.06.2025

Prof. Louis du Preez vertel van 'n gratis toepassing vir padda-identifikasie.

Van wattelbos tot protea-koninkryk 30.06.2025

Dertig jaar gelede het Pierre Malan se vriende gesê hy is mal toe hy ’n wattel-oortrekte plaas tussen Kariega en Thornhill gekoop het. Maar, Pierre, toe nog ‘n musiekdosent in die Baai, het ‘n Protea-droom gehad wat hy nie sou laat vaar nie, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die plaas Berg en Blom besoek het.

Hoe het julle ontmoet? 30 Junie 2025 30.06.2025

Willem en Christolene Agenbag se liefdespad het op 23 Junie 1973 begin op ‘n pawiljoen by ‘n rugbywedstryd.

Kouga se kanniedood-kerkbasaar 27.06.2025

Selfs Wes-Kapenaars ry soontoe om dit te beleef. Mariska Spoormaker het die bykans 40 kilometer grondpad met sy passe en afgronde na die plaas Nooitgedacht hoog in die Kougaberge aangepak, na die kerkbasaar wat al 80 jaar lank gehou word.

360 Speseryroete - Deel 87 27.06.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor speserye wat ekstra geur aan sop gee.

Trougeld word dobbelgeld 27.06.2025

‘n Man in Singapoer is tronk toe nadat hy $39 000 se geskenkgeld by ‘n bruilof gesteel, en gou-gou die meeste uitgedobbel het.

Bokke pak Baabaas op eie bodem 26.06.2025

Die viermalige Wêreldbekerkampioene, die Springbokke, pak die Barbarians die naweek vir die eerste keer op tuisbodem. Die span word op uitnodiging saamgestel, en Robbie Deans van Nieu-Seeland is die afrigter. Wanneer jy vir die Barbarians uitdraf, is hardlooprugby jou voorland. ‘n Hele paar internasionale spelers is in aksie teen die Bokke, en Johan Rademan het die sportskrywer en joernalis, Alber...

Jonk 26 Junie 2025 26.06.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die alkaliese dieet, en wanneer dit gevaarlik kan wees.

Pandas doen bedbesoek 26.06.2025

‘n Hotel in China moet hulle praktyk stop, waar rooipandas op versoek vir jou in jou bed kom kuier.

16-Jarige se stoeisukses 25.06.2025

Eryn Marais gesels oor haar stoeisukses. Dié 16-jarige stoei as nasionale onder-17 onder 69 kg kadet, asook vir die nasionale onder-20 span in die onder 72 kg afdeling.

Sjef Ashley se kosdrome 25.06.2025

Kosblogger en sjef, Ashley Wynand, het al op agtjarige ouderdom begin kook. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy kosdrome. Deesdae is hy ook op TV in ’n kos-werklikheidsprogram.

Wêreld se grootste boom 25.06.2025

Boomkundige Riaan van Zyl praat oor die wêreld se grootste boom en swaarste lewende organisme.

Wagter se stappie kos Brittanje £23-miljoen per jaar 25.06.2025

‘n Studie wys die algemeenste hondestapbeserings gebreekte vingers is, hoewel gebreekte polse ‘n groter impak op die slagoffer se produktiwiteit het.

Êrens oorsee 24 Junie 2025 24.06.2025

Sumien van Zyl vertel vir Martelize Brink van haar verblyf op die Kaaimaneilande, waar dit altyd warm is.

Gerrit se trekkers 24.06.2025

Gerrit Schenke versamel die afgelope tien jaar trekkers, nie om staan en mooi te lyk nie. Hy ry hulle sommer al die pad Tankwa toe. Haidee Muller-Isaacs het bym gaan gaan inloer.

Studente se koskennis 24.06.2025

Koskonsultant Heleen Meyer vertel van ‘n studie wat wys op studente se ongesonde koskeuses. Onkunde speel groot ‘n rol.

Vuilbek papegaai soek huis 24.06.2025

In die VSA soek ‘n diereskuiling ‘n huis vir ‘n pappegaai, maar daar word gewaarsku dat die voël verskriklik vloek.

Honde, katte en pyn 23.06.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet praat die behandeling van sowel akute- as chroniese pyn by honde en katte.

Frikkie Kaalvoet wéér gevind 23.06.2025

Op ’n kerkbasaar van alle dinge het Mariska Spoormaker weer vir Frikkie Kaalvoet (sy van is Van Niekerk, boorling van Pretoria) in die Oos-Kaap se Kougaberge raakgeloop. Agt jaar gelede het sy met hom gepraat oor sy kaalvoetloop op die Baviaans Camino. Kort daarna is hy weer buiteland toe en het selfs lank kaalvoet geloop in Amerika.

Hoe het julle ontmoet 23 Junie 2025 23.06.2025

Kobus du Toit vertel vir Martelize Brink hoe die lewe hom en Hestertjie aanmekaar bymekaar laat uitkom het.

Vals(tand)arts 23.06.2025

‘n Pa, ma en hulle 22-jarige seun is in Tsjeggië vasgekeer nadat hulle ‘n onwettige tandheelkundige praktyk bedryf het.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos