RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Angel Hearts bevorder mense met gestremdhede se kreatiwiteit 19.03.2026 7:53
Haidee Muller-Isaacs gesels met Karen Kemp oor Angel Hearts, 'n nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein vir mense met gestremdhede, wat sy in 2015 gestig het. Mense word daar met baie liefde geleer om hulle kreatiweit te volle uit te leef.
Jonk 19 Maart 2026 19.03.2026 8:55
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor plantgebaseerde opsies, wat lekker is en voldoende voed.
Hittler vs Zielinski 19.03.2026 1:57
In die Franse dorpie, Arcis-sur-Aube, is Charles Hittler en Antoine Renault-Zielinski albei kandidate in die burgemeestersverkiesing. Sosiale media kan nie genoeg hiervan kry nie.
Liedmakersgilde bevorder die kunslied 18.03.2026 11:19
Komponiste soos Johann Sebastian Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Maurice Ravel en Alban Berg het almal op hulle dag aan musiekgildes behoort wat uit die Middeleeue stam. Gildes was daar om vakmanskap te bevorder, en vandag glo die Liedmakersgilde wat die kunslied in Suid-Afrika bevorder steeds aan mentorskap en om ‘n verhoog vir dié kunsvorm se kunstenaars te skep. Johan Rademan het met die klassie...
Wat kan ons leer by... 18 Maart 2026 18.03.2026 11:37
Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Grieke en Romeine. Sy begin die verhaal waar hulle mekaar ontmoet, en half saam begin loop het.
73 Jaar van grafte grawe 18.03.2026 1:19
In 1952 het Allan McCloskey vir ‘n week lank ingestaan vir sy dorp se grafgrawer. Daardie week word toe 73 jaar en 75 dae, tot hy in November 2025 op 92 afgetree het.
Êrens oorsee 17 Maart 2026 17.03.2026 9:21
Milla Jooste vertel vir Martelize Brink van die lewe in Dubai, waar sy gebaseer is as lugwaardin.
Dienaar van die struggle en die kansel 17.03.2026 9:21
Daar is al na hom verwys as 'n dienaar van die struggle en die kansel. Haidee Muller-Isaacs gesels met die anti-apartheidsaktivis, dr. Llewellyn Macmaster, oor die lewe ná sy aftrede in 2024, en hoe hy homself besig hou.
VSA se oudste orgraanskenker 17.03.2026 1:16
Dale Steele het op 100 die VSA se oudste orgaanskenker geword toe sy lewer oorgeplant is.
Walvisredding 16.03.2026 11:02
Eben Lourens vertel van SAWDN, ‘n netwerk van vrywilligers wat opgelei is om verstrengelde walvisse te red, deur toue en nette los te sny.
Jou naam se komvandaan 16 Maart 2026 16.03.2026 7:19
Dr. Willem Botha praat oor Hebreeuse name onder Afrikaanssprekendes, soos Elia en Elias, wat Ellis geword het. Ons praat oor Daniël wat Dail geword het, soos die beroemde Springbokvleuel, Dail Williams, en Joachim wat Joggem geword het, soos Joggem van Bruggen, die Afrikaanse skrywer.
Diere vir die pond 16.03.2026 1:39
Die Bank van Engeland het besluit om die afbeeldings van mense soos William Shakespeare en sir Winston Churchill op hulle banknote te vervang met diere. Daar is nog nie op spesifieke diere besluit nie. Diere-afbeeldings sal help om vervalsing te bemoeilik.
Goodnow se Steinway speel weer ná brand 13.03.2026 8:34
Die Goodnow-saal op Wellington spog met 'n ryk geskiedenis. Tien jaar gelede het die historiese gebou afgebrand. Hulle besonderse Steinway-klavier is erg beskadig. Die saal is gerestoureer, en die klavier is intussen herstel. André Terblanché, hoof van die Breytenbach Sentrum op dié Bolandse dorpie, vertel van die organisasie se konsertreeks wat nou in hierdie saal plaasvind. Hy brei ook uit oor d...
360 Speseryroete - Deel 121 13.03.2026 7:14
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor hoe om jou eie speserymengsels te maak. Jerk en Japanese sewespesery is aan die beurt.
RSG-Radiodramaslypskool 13.03.2026 10:06
RSG se programbestuurder, Kobus Burger, en Eddie de Jager van die dramadepartement gesels oor die RSG-radiodramaslypskool in Kaapstad.
Tuinmiere amper reismiere 13.03.2026 1:27
Meer as 2 000 koningin-tuinmiere is op Nairobi in Kenia se lughawe gekry op pad China toe. Dit was bestem vir die troeteldierhandel in Europa en Asië.
Pierre-Jean Gerber se restourasies 12.03.2026 8:31
Johan Rademan gesels met Pierre-Jean Gerber oor Dirk Ligter se monument in die Ceres-Karoo, Indwe en die Ida-kerkie in die suide van die Drakensberg.
SA Artisinale kaas in New York 12.03.2026 5:31
Kaasmaker Clement October vertel van Klein River Cheese se handgewasde Gruberg-kaas, wat in New York se deli’s te koop is.
Jonk 12 Maart 2026 12.03.2026 7:09
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor melatonien wat help met slaappatrone. Dis egter nie ’n langtermyn oplossing nie.
Goud in 'n eend 12.03.2026 1:31
In China is 10 gram se goudkorrels in ‘n geslagte eend se maag gekry. Dis sowat R29 000 werd.
Vrou en hond op 'n motorfiets deur Afrika 11.03.2026 11:00
Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink sy was besig met ’n solo-motorfietsrit deur Afrika saam met haar hond, Harley, toe oorlog haar genoop het om eers huistoe te kom.
Wat kan ons leer by... 11 Maart 2026 11.03.2026 12:38
Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Chinese, hulle porselein, en die geheim van hoe om dit te maak wat so lank bewaar is.
Verlore en gevind op 'n vliegtuig 11.03.2026 1:44
‘n Lys van vreemde dinge wat in die VSA op vliegtuie agtergebly het, sluit goed in soos ’n bioniese knie, ‘n goudstaaf, ‘n vere strikdas, ‘n deel van ’n meteoriet, ‘n stel vergulde gholfstokke.
Êrens oorsee 10 Maart 2026 10.03.2026 10:01
Pierre Smit vertel vir Martelize Brink van sy ervaring in Antarktika en besoek aan die Suidpool. Al was dit somer was dit -35 grade Celsius.
Matzikama Green Walk 10.03.2026 8:08
Haidee Muller-Isaacs gesels met Vredendal se Leigh Kordom oor die Matzikama Green Walk, 'n agt dae lange staptog van Bitterfontein na Doringbaai, wat op 13 Maart afskop. Dit word gedoen ter bewusmaking van groen ekonomiese geleenthede, jeugbemagtiging en gemeenskapsbetrokkenheid.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos