RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Die kleur van 'n trourok 12.12.2025

Trourokke kry deesdae ‘n tweede lewe deur dit professioneel te laat kleur om weer te dra. Andersins hang dit mos net in ‘n kas.

Inge Kuhne se sabbatsverlof 11.12.2025

Hoekom bied sekere maatskappye sabbatsverlof aan werkers? Hoe werk so iets? Is dit voordelig op die ou end? Hoe maak mens optimaal gebruik van só 'n geleentheid? Haidee Muller-Isaacs steek kers op by 'n bekende Sondagkoerant se redakteur, Inge Kuhne, wat tans op sabbatsverlof is.

Jonk 11 Desember 2025 11.12.2025

Dieetkundig Valpré Huisamen praat oor die voedingsdigte aanvulling Spirulina.

Pleisters vir jou handsak 11.12.2025

Hermes het ‘n pakkie van drie skaapleer-pleisters vir $200 op hulle adverteer. Die idee is dat jy ’n lelike merk op iets op ‘n modieuse manier verbloem. Dis egter nie meer beskikbaar nie.

Nuuseum bewaar SA se Afrikaanse erfenis 10.12.2025

Die breë Afrikaanse kultuurerfenis kry ’n nuwe digitale lewe met die bekendstelling van Nuuseum, ’n nie-winsgewende organisasie wat daarop gemik is om Suid-Afrika se diverse Afrikaanse geskiedenis, kuns, musiek, landbou, en sport vir toekomstige geslagte te bewaar. Johan Rademan het met die hoof van Nuuseum, prof. Lizabé Lambrechts, gesels.

Waar kom bygelowe vandaan? 10.12.2025

Dr. Mandie Uys praat oor die oorsprong van bygelowe - van antieke gelowe tot meer moderne Feng Shui en gelukbringertjies.

Wasmasjien vir mense 10.12.2025

In Japan is daar nou wasmasjiene vir mense. Jy gaan lê, en alles word vir jou gedoen. Teen R6,5 miljoen elk is die eerste twee reeds verkoop.

Êrens oorsee 9 Desember 2025 09.12.2025

Douw Cloete vertel vir Martelize Brink van Langebach in Duitsland, waar hy en sy Nederlandse vrou ‘n gastehuis in ‘n woud het.

Gemeenskapsgedrewe bewaring 09.12.2025

Christiaan Lochner praat oor gemeenskapsgedrewe bewaring by Heroldsbaai Natuurreservaat, met sy kusfynbos en inheemse woud.

Wegsteekgeld 09.12.2025

’n Man van Kanada is meer as ‘n miljoen Kanadese dollar kwyt nadat die polisie die kontant op verskeie plekke op sy eiendom gekry het waar dit weggesteek is. Daar is ‘n moontlikheid dat 15 000 Kanadese dollar eerlik bekom is, so dit kon hy hou. Die res is vermoedelik dwelmgeld.

Vlermuise se belangrike rol 08.12.2025

Dr. Marienne de Villiers praat oor die belangrike rol van vlermuise, veral vir die landbou.

Hoe het julle ontmoet? 8 Desember 2025 08.12.2025

Kobus Matthee vertel vir Martelize Brink hoe dinge in die jagveld vir hom en Sonja in plek geval het.

51 Passasiers skoonveld! 08.12.2025

‘n Fout het gemaak dat berekeninge vir 51 passasiers op ‘n Qantas-vlug nie gemaak is nie. Vir vlugdoeleindes was daar 4 291 kg, wat nie in berekening gebring is nie.

Chris Oosthuizen se bergpasse 05.12.2025

Chris Oosthuizen staan aan die bestuur van ‘n privaatskool tussen Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey. Sy groot ontvlugting is om die omgewing se bergpasse te verken, waar hy as ‘n bergpasgids optree. Johan Rademan het saam met hom deur die passe gedraf.

360 Speseryroete - Deel 109 05.12.2025

Maruis Slabbert vertel vir Martelize Brink van die handgemaakte botter by Spitskop, en gee resepte waar jy dit kan inspan.

Die dief wat 'n goue eier lê 05.12.2025

‘n Man in Auckland, Nieu-Seeland, het ’n Fabergé-eier probeer steel deur dit in te sluk. Hy is uitgevang, en die polisie moes ses dae wag voor die R323 000-bewysstuk weer sy opwagting gemaak het.

Sumarie se storie 04.12.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Sumarie Jordaan. Sy is hardhorend, ’n motiveringspreker en inhoudskepper. In 2026 word sy die land se heel eerste “differently abled” TV-aanbieder. Sy was

Jonk 4 Desember 2025 04.12.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen gesels oor roosaknee (rosacea), wat sorg vir ‘n rooi gesigvel.

'n Wasbeer verkies whiskey 04.12.2025

‘n Wasbeer in Virginia in die VSA is besope gevind nadat hy deur die dak by ‘n drankwinkel in is, en veral onder die whiskey ingeklim het.

Nic de Jager: In my eie woorde 03.12.2025

Nic de Jager en Ingrid Howard gesels oor Nic se verhoogproduksie, In my eie woorde. Ingrid is die regisseur. Coenie de Villiers tree op as gespreksleier.

Mobiele loopbaandiens vir die jeug 03.12.2025

Janine Hansen vertel vir Martelize Brink van Action Volunteers Africa se mobiele loopbaandiens, ‘n inisiatief om werkloosheid onder jongmense aan te pak. Luke Levenberg het een van AVA se programme voltooi, en werk nou self by die organisasie.

Excel Wêreldkampioenskap 03.12.2025

E-sport sluit kompeterende Excel in. Dis iets wat al sowat 20 jaar bestaan. Die Microsoft Excel Wêreldkampioenskap in Las Vegas het vanjaar prysgeld van $60 000.

Êrens oorsee 2 Desember 2025 02.12.2025

Jaco Minnaar vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Tokio met sy 37 miljoen inwoners.

'n Passie vir argitektuur 02.12.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met die talentvolle argitek, Inge Wilkinson, oor haar passie vir haar beroep, en hoekom sy geen ander werk wil hê nie. Sy het ook ‘n boodskap vir voornemende argitekte.

$104 000 se slakke gesteel 02.12.2025

Sowat 450 kg van die Franse lekkerny, escargot, is van ‘n plaas gesteel. Rakke vol vars, gevriesde en slakke in flesse is daar weggedra.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos