RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Biosekuriteit 19.01.2021

Dr. Ida Wilson gesels met Johan Rademan oor biosekuriteit, en hoekom Australië dit so ernstig opneem.

Mediese etiek 19.01.2021

Emeritus-professor Willie Pienaar praat oor die rol wat mediese etiek in besluitneming speel.

Eerlikheid 18.01.2021

Dr. Elmo Pienaar gesels met Martelize Brink oor die belangrikheid en die plek van eerlikheid.

Indringerplant-uitroeiprojek 18.01.2021

Stanley Engel vertel vir Martelize Brink van die Flower Valley Conservation Trust se indringerplant-uitroeiprojek om fynbos te beskerm.

Meditereense dieet 18.01.2021

Dieetkundige Retha Harmse gesels met Martelize Brink oor die Meditereense dieet. Sy vertel wat dit behels en die voordele daarvan.

Tuinroete Kosspens 15.01.2021

Carl van Blerk vertel vir Martelize Brink van die Tuinroete Kosspens, ‘n voedingskema vir kinders van die omgewing.

Rooibos 15.01.2021

Sanet Stander vertel vir Martelize Brink van die alternatiewe gebruike van Rooibos.

Laat staan rook en alkohol 15.01.2021

Joernalis Marguerite van Wyk vertel vir Martelize Brink hoe sy gewoontes soos rook en alkohol laat staan het.

Covid maak die singende werktuigkundige se stem stil 14.01.2021

Op 23 Januarie 2015 is Haidee Muller-Isaacs se storie uitgesaai oor Martin Abrahams, die singende motorwerktuigkundige van Ashton. Die afgelope vyf jaar het Martin en sy vrou, Annum, diep in Haidee se hart ingekruip. Martin het Haidee-hulle al te hulp gesnel toe hulle motor naby Montagu probleme gegee het - alles kosteloos, want dis net hoe hy was. Hy het graag gesing by troues, insluitend dié van...

Kom spook traumas uit die verlede ook nou by jou? 14.01.2021

Hoe langer die inperkings weens Covid aanhou, hoe meer lyk dit asof lewenstraumas uit die verlede by sommige mense kom spook. Mariska Spoormaker het vir Hanna Kotze, ‘n traumaberader en kliniese maatskaplike werker van Port Elizabeth, gevra of dit so is.

Huiskoop 14.01.2021

Francois Viviers vertel vir Johan Rademan wat om uit 'n finansiële hoek ingedagte te hou met die koop van 'n huis.

Parapleeg swem van Robbeneiland na Blouberg 13.01.2021

Alwyn Uys gesels met Martelize Brink nadat hy die eerste parapleeg geword het om van Robbeneiland na Bloubergstrand te swem.

Visvang met elektriese pulse 13.01.2021

Maryke Musson gesels met Martelize Brink oor elektriese pols sleepnet visvangmetodes.

Overberg Renosterveld Bewaringstrust 13.01.2021

Grant Forbes vertel vir Martelize Brink van die werk van die Overberg Renosterveld Bewaringstrust.

Sal jy R29-miljoen vir ‘n duif betaal? 12.01.2021

Te midde van die huidige streng pandemie-inperkings, sprei duiwesport sy vlerke en vlieg al hoe hoër. Nou word daar gepraat van R29-miljoen wat vir ‘n wedvlugduif opgedok is. Mariska Spoormaker wou by Shane Gerber, ‘n duiweboer van Port Elizabeth en visepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie, weet of dit bedrognuus of ware nuus is.

Ermelo en Loxton vat hande vir die droogte 12.01.2021

Lion du Plessis en Willie Bruwer vertel vir Johan Rademan van die Dorp vir 'n dorp-projek waar Ermelo en Loxton handevat om die aanslag van die droogte in die Karoo draaglik te maak.

Wat moet ek op misdaad- of ongelukstonele doen? 11.01.2021

Dr. Marise Heyns gesels met Martelize Brink uit 'n forensiese oogpunt wat om op misdaad- of ongelukstonele te doen en nie te doen nie.

Veganprodukte en holistiese leefstyl 11.01.2021

Eugenie en Nikki Lamprecht gesels met Martelize Brink oor die beoordeling van veganprodukte, en 'n holistiese leefstyl.

Kinders en kreatiwiteit 11.01.2021

Dr. Cherylene de Jager gesels met Martelize Brink oor kinders en kreatiwiteit.

Jo-Andra se hoenderboerdery 08.01.2021

Jo-Andra Cloete het ‘n geleentheid gesien en dit aangegryp toe sy tydens haar kraamverlof besluit het om hoenders te verkoop. Vandag huur sy ‘n lappie grond by Joostenbergvlakte, want haar hoenderboerdery het baie gegroei. En sy skep ook nou werk vir ander. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer.

Voëlkyk 08.01.2021

Tinus le Roux vertel vir Johan Rademan van voëlkyk, en ongewone buitelandse voëls wat onlangs in Suid-Afrika opgedaag het.

Grendeltyd se impak op gesondheidsorg 08.01.2021

Dr. Anja Smith vertel vir Johan Rademan van die onbedoelde gevolge wat die grendeltyd op gesondheidsorg gehad het.

Dans oor bidsprinkaan 07.01.2021

Jacki Job vertel vir Johan Rademan van 'n dansproduksie oor die bidsprinkaan wat op film vasgelê is.

Japan se Ama-duikers 07.01.2021

Maryke Musson vertel vir Johan Rademan van die Ama, Japanese vroue wat as vryduikers seediere oes. Die tradisie is ouer as 2000 jaar!

Matriekvrystelling 07.01.2021

Ruan Venter vertel vir Johan Rademan wat jou opsies is as jy nie matriekvrystelling kry nie.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos