100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.radiolaeveld.co.za
Autor
100.5FM Radio Laeveld
Categoria
Site do podcast
Último episódio
20 de nov de 2026
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Ontmoet Mev. Mpumalanga 2026 20.11.2026 7:54
Michelle Ann Vogt is onlangs as Mev. Mpumalanga 2026 gekroon. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Lewer kommentaar oor die voorgestelde Koalisie-wet 19.11.2026 6:15
Die Parlement beraadslaag oor die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture. Rob Hutchinson van Dear SA verduidelik wat jy moet weet voor die 27 November-spertyd vir openbare kommentaar.
Securicon gerat vir jou vakansietyd 19.11.2026 11:48
Securicon berei voor vir die vakansietydperk wat oor ongeveer 'n maand afskop. Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch.
Mahindra Nelspruit: 18.11.2026 8:07
Nico Grobler van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor nuwe voertuigverkope.
Medisinale plante in jou tuin – natuurlike helpers om jou deur die vakansie te help 16.11.2026 14:08
Daar is ’n paar medisinale plante wat ons in ons eie tuine kan plant en wat handig te pas kan kom tydens die vakansietyd. Organiese groentetuinkenner Elzabé de Bruyn gesels met Saterdag Ontbyt.
Securicon: Veiligheid begin voor iets verkeerd loop 12.11.2026 13:26
Desember kom vinnig nader, en soos jy bes moontlik vakansieplanne maak, het misdadigers planne van hul eie. Selfs op jou selfoon, sê Callum MacPherson en Gerald Erasmus vir Laeveld Brunch.
Jabberwock keer terug na Wêreldkampioenskappe 12.11.2026 14:21
Die Jabberwock-span het onlangs aan die Wêreldkampioenskap in Adventure Racing deelgeneem in Corsica. Harry Wiltshire en Sara Archdeacon vertel vir die Middag Game Drive hoekom slegs nege uit die 100 spanne wat die resies begin het, dit kon voltooi.
Sluit aan by die polisie 11.11.2026 7:30
Die polisie wil hê jy moet by hulle aansluit. Lt. Kol. Jabu Ndubane en kapt. Mduduzi Hlubi vertel hoe werk die aansoekproses.
Skankane Vervoer: Hier vir jou sedert 2004 11.11.2026 14:33
Skankane Vervoer is al meer as 20 jaar in die plaaslike vervoerbedryf. Johan Moller gesels met Sonop Ontbyt.
Mahindra Nelspruit: Tweedehandse voertuie 11.11.2026 9:19
Hoekom kies meer Suid-Afrikaners tweedehandse voertuie bo nuwes? Nico Grobler van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive.
Navorser: Oorweeg gerus konynvleis 10.11.2026 12:23
Len Coetzer is 'n navorsingstegnikus by die Mpumalanga Departement van Landbou. Hy verduidelik die sosio-ekonomiese en gesondheidsvoordele wat konynvleis bied.
Luilekker Sondag: Reon van Aardt 09.11.2026 9:42
Die plaaslike musikant Reon van Aardt was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
Kabeldiefstal bly massiewe probleem 05.11.2026 12:55
Callum MacPherson van Securicon sê vir Laeveld Brunch kabeldiefstal is 'n massiewe probleem.
Helena Hettema kom hou kabaret én digkunsaand in die Laeveld 05.11.2026 10:55
Die gevierde en bekroonde kabaretkunstenaar, aktrise, liedjieskrywer en digter, Helena Hettema, hou volgende week twee verskillende vertonings in Nelspruit. Sy vertel ook meer oor haar debuutbundel, "Journeyman".
Mahindra Nelspruit: Bespaar op jou voertuig voor die einde van die jaar 04.11.2026 14:17
Wat kos jou voertuig jou regtig? Nico Grobler, die nuwe voertuig verkoopsbestuurder by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
The Raven Protocol 03.11.2026 17:47
In haar nuwe boek, “The Raven Protocol”, het dr. Lizelle Grobler – ’n forensiese psigofisioloog en deskundige in neurolinguistiese programmering (NLP) – ’n opleidingshandleiding in die vorm van ’n riller geskryf om die leser te leer hoe om NLP wat as wapen ingespan word, te identifiseer en hulself teen manipulasie te beskerm.
Lefpa verleng Laeveld-brandseisoen 30.10.2026 6:36
LEFPA het die brandseisoen verleng en die brandverbod bly tot 15 November in plek weens die huidige hoë brandgevaar toestande. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt.
Verkiesing: Wat jy moet weet voor Woensdag 30.10.2026 11:51
Waar moet jy Woensdag stem? SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind. Om te bepaal of jy goedgekeur is vir 'n spesiale stem, SMS dit na 32711. Thando Chembeni van die Verkiesingskommissie gesels met Sonop Ontbyt.
Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap 29.10.2026 10:02
Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Oktober is Downsindroommaand 28.10.2026 6:23
Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink 28.10.2026 14:34
'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
Braai Hard vir Power of 8 000 27.10.2026 7:29
Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
Luilekker Sondag: Soul Taxi 26.10.2026 7:47
Jamie Negrao en Neil Fishwick van Soul Taxi was gister Anne se gaste tydens Luilekker Sondag.
Securicon: Oop vensters in die hitte 22.10.2026 19:29
Callum MacPherson en Gerald Erasmus gesels met Laeveld Brunch.
Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet 21.10.2026 14:12
Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos