Maroela Media
Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep 28.06.2024 26:48
Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet 20.06.2024 25:28
Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor 13.06.2024 25:08
Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’ 06.06.2024 26:07
Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero Carbon Charge wat ’n oplossing het vir elektriese-laaistasies in Suid-Afrika, en daar is motorfietsraad. Wiele2Wiele op Facebook ·...
Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport 31.05.2024 25:27
Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span gesels oor afleweringsmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Ma...
Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria 23.05.2024 23:53
Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc 16.05.2024 25:30
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie 09.05.2024 26:30
In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto 02.05.2024 26:37
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna. Wiele2Wiele op Facebook ·...
Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel 25.04.2024 26:33
Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford R...
Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7 18.04.2024 24:31
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend 11.04.2024 25:55
Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met mu-X 04.04.2024 25:39
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’ 02.04.2024 24:30
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc 21.03.2024 25:34
Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig te hou op hul veldmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx 14.03.2024 26:17
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens 08.03.2024 25:32
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele...
Wiele2Wiele ry met GWM se Tank 29.02.2024 26:19
Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel al die jongste motorfietsnuus terwyl hy ook waardevolle raad gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele...
Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeks 22.02.2024 24:13
Hierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het nie. Hulle spandeer ook tyd met die Ford Puma, gee raad oor verkoelingstelsels en sien uit na die 2024 MotoGP. Wiele2Wiele op Facebo...
Wiele2Wiele ry met nuwe Cruiser 15.02.2024 24:32
Wiele2Wiele gaan ry met die nuwe Toyota Land Cruiser 70 Series - hierdie 4x4-ikoon het nou ’n nuwe dryfstel-opsie. Daar is nuus by Volkswagen Suid-Afrika, alles oor suspensie vir die wenk van die week en hulle gesels oor die Sasol Yamaha FZR 1000 brandstofnavorsing-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met BMW X6 M60i 09.02.2024 25:48
Hierdie week gaan gly Wiele2Wiele oor die pad met die nuwe Mercedes-Benz GLC Coupé, ry met die BMW X6 M60i-monster en raak weer aan die “Stand van die motorbedryf” (SOMI). Daar is nuus wat breek oor paraffien in diesel en dan kuier Clinton Pienaar in die ateljee met al die nuutste KTM motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus 02.02.2024 25:36
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny 25.01.2024 26:16
Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming. SVI bied nou vir jou opsies om die nuwe Ford Ranger-bakkie te pantser en vir 2Wiele gaan hulle terug in tyd om te gesels oor die unieke klank van tweeslag-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met peper warm Cayenne S 19.01.2024 26:33
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S - die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren. Vir die wenk van die week gesels die span oor filters en dan gaan hulle terug in tyd met snaakse motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Me...
Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N 12.01.2024 24:47
Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N, gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren, bring hoop wanneer dit by binnebrandenjins kom en gaan terug in tyd met Honda se VFR-motorfietsreeks. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.