Maroela Media
Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wiele2Wiele ry met nuwe BMW, Lexus en Mazda 14.12.2023 25:56
In die week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met die vuurwarm BMW M2, Lexus se luukse RX 500h F Sport en die Mazda2-buksie. Marcella Martin deel haar get\Worth Audi A1-storie en daar is ’n koffietafelboek wat jy moet hê - die 'Kyalami Grand Prix Circuit - 60 Years of Memories'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Ford se nuwe Puma onder die loep 07.12.2023 27:14
Hierdie week in Wiele2Wiele word daar gesels oor Ford wat sy nuwe Puma bekendgestel het. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 110 2.0L PHEV en met die Volvo XC60 T8 Recharge. Die kollig skyn dan op die Suider-Afrika deelnemers vir die 2024 Dakar-ren. Clinton Pienaar en sy seun, Tristin, kuier ook in die ateljee - Tristin het onlangs die ‘PE 200 Motorcycle Endurance’-ren gewen. Wiele2Wiele...
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo, Omoda en Jaecoo 30.11.2023 25:20
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor Chery se nuwe Tiggo 7 Pro Max, die Omoda C5 GT en die Jaecoo J7. Elektriese motors, sonkrag en sonpanele word onder die loep geneem hulle gesels met Stephie Vetter oor volgende jaar se Dakar-ren wat om die draai is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Als wat jy moet weer oor nuwe vyfdeur-Jimny 23.11.2023 24:48
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles van die nuwe vyfdeur Suzuki Jimny. Mazda Suid-Afrika voorspel opwindende nuus vir die toekoms, get\Worth is op ’n somer aankoop-jollifikasie en die Franschhoek Klassieke Motorfees, sal jou beïndruk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar 16.11.2023 25:12
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier. Hulle vertel jou alles oor olie danksy Motul - selfs hoe om olie vir ’n opwekker te maak. Vir 2Wiele word daar MotoGP gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc 09.11.2023 25:42
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse - die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele geniet vet duinepret 02.11.2023 26:25
Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan speel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, in die duine met ’n Toyota Hilux Legend vir die Atlantis 4x4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die 'VW Women in Automotion'-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en die Wiele2Wiele-manne gaan speel in die sand met ’n tweeslag-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook &middo...
Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef 26.10.2023 24:22
In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8 nie. Hulle gaan rits rond met die perfekte paneelwaentjie vir ’n klein besigheid - die Suzuki Eeco Va...
‘Wiele2Wiele’ toetsbestuur ʼn Hyundai Tuscon, Mercedes Benz se elektriese nommer 19.10.2023 23:46
Die pragtige Hyundai Tuscon 2.0 D N-Line met sy unieke lyne gooi flikkers tydens vandeesweek se Wiele2Wiele en Mercedes-Benz se elektriese EQA beïndruk die span ook. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx 12.10.2023 25:11
Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderes geleentheid saam met GWM/Haval. Hulle gee raad oor wat jy moet doen as daar water in jou diesel kom en vertel jou van al die motorfietse wat hulle binnekort gaan toets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10 05.10.2023 24:16
Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n ‘Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug. Hulle gee raad oor wat jy moet nagaan as jou wiele nie wil aanskakel nie en Electric Zoom Bikes kan vir jou ’n oplossing bied om elektries te gaan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry elektriese Volvo, Opel se vlagskipsportnuts 28.09.2023 24:57
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volvo se elektriese C40 Recharge en ook met Opel se vlagskipsportnuts - die Grandland. Die span deel hul eerste motor-stories en gaan kuier ook by ’n gereedskapskenner. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry in styl met nuwe Lexus RX-modelle 21.09.2023 26:39
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele in styl met Lexus se luukse nuwe RX-modelle. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die Audi Driving Experience-dag by die Kyalami-renbaan nie en die span gaan ry ook met die Honda HR-V. Hulle gaan kuier by get\Worth vir spesiale eerste motor-stories en die SA Bakkie van die Jaar-wenners word aangekondig. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography 15.09.2023 24:25
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival. Hulle gee raad oor die noodgereedskap wat jy altyd saam met jou op reis moet vat en gesels oor ’n bromponie waarvoor jy maar kan padgee - BMW se elektriese CE 04. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Suzuki XL6 07.09.2023 24:29
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se splinternuwe XL6, hulle beleef die grootste motorskou op die Afrika-kontinent - die 'Festival of Motoring' - en spandeer tyd met die Ford Everest Wildtrak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Countryman en nuwe CX-5 31.08.2023 24:40
Wiele2Wiele het met die MINI JCW Countryman en Mazda se pragtige CX-5 gaan ry en kan nie uitgepraat raak oor BMW se R 1250 GS Trophy Edition-motorfiets nie. Hulle gesels ook met Leonora Tima, hoof uitvoerende beampte by Kwanele Suid-Afrika, oor die fantastiese werk wat hulle doen rakende geslagsgebaseerde geweld en hoe hulle vrouens en kinders help wat daardeur geraak word. Wiele2Wiele op Facebook...
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Fronx en Raptor-bakkie 23.08.2023 26:12
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki wat sy spliternuwe Fronx bekendgestel het en die span ervaar hoekom die wêreld gons oor Ford se Ranger Raptor. Hulle gee raad oor brandstofbesparing en vertel jou meer oor die BMW R GS 1250 Trophy Edition-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele raak grênd met Opel Grandland 17.08.2023 24:03
Hierdie week tydens Wiele2Wiele gaan ry hulle met Opel se nuwe Grandland, gaan op ‘n onvergeetlike Kia Carnival-avontuur en die span ry besigheidsklas in BMW se luukse elektriese i7. Hulle vertel vir jou alles oor SA BOTY (Bakkie of the Year) en daar is ’n nuwe 2-slag-motorfiets in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo 8 en Grand i10 10.08.2023 24:37
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar twee bekendstellings - Chery se nuwe Tiggo 8 Pro Max en Hyundai se nuwe Grand i10. Hulle gaan ry ook met die Mitsubishi Outlander, vertel jou alles oor suspensie en gee ’n geskiedenisles oor BMW se GS-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele geniet Toyota se GR Corolla én GR Supra 03.08.2023 24:27
In vandeesweek se episode kan die Wiele2Wiele-span nie uitgepraat raak oor Toyota se nuwe GR Corolla en GR Supra nie. Hulle vertel meer oor Volkswagen se Polo-modelle en hoe hande vuilmaak ʼn verskil maak. Vir 2Wiele raak die span weer nostalgies oor onvergeetlike reise. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele maak ʼn draai by Volkswagen se fabriek 26.07.2023 24:18
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen Polo’s in Kariega en maak ʼn draai by die Volkswagen-fabriek. Hulle was ook by die Mercedes-Benz AMG Performance-toer by die Kyalami-renbaan. Hulle verduidelik alles oor ratkasolie vir die wenk van die week en vertel van onvergeetlike ysterperd-reise Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie 19.07.2023 22:38
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa - die M340i. Nicol deel sy wysheid oor enjin-uitlegte en daar is verwikkelinge in die Louw-motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken 13.07.2023 25:28
Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van die week - alles wat jy wil weet van outomatiese ratkaste. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak 05.07.2023 24:51
Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio 29.06.2023 23:50
Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.