Maroela Media

Wiele2Wiele

Leisure AF ↓ 150 episodes

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Author

Maroela Media

Category

Leisure

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wiele2Wiele gesels MG en Dakar 10.01.2025

Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep 12.12.2024

In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90 05.12.2024

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta 28.11.2024

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n monster van ’n ysterperd. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele...

Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc 22.11.2024

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou ’n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap....

Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift 14.11.2024

In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela M...

Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus 08.11.2024

In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook ·...

Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace 31.10.2024

In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder 24.10.2024

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon. Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n nuwe nasionale 'Suzuki GSX-8R Cup' motorfiets-renklas vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wi...

Wiele2Wiele: Langpad met Isuzu D-Max; nuwe model vir Mahindra 17.10.2024

In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om ’n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - ’n kompakte sportnuts teen ’n sakpasprys. get\Worth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou motor bepaal. Daarna gesels Clinton met Tom en Lauren, wat op hulle Honda CG125-motorfietse, al die pad van Londen, deur Wes-Afrika,...

Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie 11.10.2024

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout. Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en verte...

Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter 04.10.2024

Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor verkoop en gesels oor die MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep 26.09.2024

In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus 20.09.2024

In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië,...

Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan 12.09.2024

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S 06.09.2024

In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo 29.08.2024

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X. Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n spesiale padveilligheidskurrikulum, genaamd DriveSMART, te ontwikkel. Daar is ʼn verduideliki...

Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500 22.08.2024

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is ’n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy ’n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor...

Wiele2Wiele: Drie Kia’s onder die loep 15.08.2024

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried 08.08.2024

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, ’n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met get\Worth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in Tech) en ook met Arnold Oliver van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors)....

Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel 01.08.2024

Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n tegniese wenk en hulle gesels oor die ’Suzuki Rider Safety’-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend Away'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus 25.07.2024

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International Riding Apparel) wat wêreldwyd naam maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met nuwe Prado 18.07.2024

Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat ’n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die media bekendgestel. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n geleentheid wat hulde gaan bring aan Denis Joubert en Suzuki stel twee...

Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20 11.07.2024

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is ’n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux 05.07.2024

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is ’n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides’ Facebook-groep, oor hulle avontuur-ritte. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Listen to the Wiele2Wiele podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.