Maroela Media

Wiele2Wiele

Leisure AF ↓ 150 episodes

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Author

Maroela Media

Category

Leisure

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wiele2Wiele ry met opgekikkerde Kia Sorento 04.07.2025

Hierdie week vir Wiele2Wiele ry ons met die nuwe opgekikkerde Kia Sorento sewesitplek-sportnuts en bring tyd met die Audi Q3 35 TDI deur. Ons gee raad oor slaggate vir wanneer jy jou droom tweedehandsevoertuig koop en AJ Venter vertel jou alles van sy deelname aan 2025 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry P300-bakkie 26.06.2025

Hierdie week beleef Wiele2Wiele hoe die Ford Wildlife Foundation ’n verskil maak deur die Cape Leopard Trust en hulle spandeer tyd met die GWM P300-bakkie. Daar is ’n tegniese wenk oor wat gebeur wanneer jy daardie Eco-, Comfort- en Sport-knoppies druk, asook die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry nuwe Cross en Duster 23.06.2025

Hierdie week vir Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die opgegradeerde Toyota Corolla Cross en Renault se splinternuwe Duster. Hulle gesels oor die ‘black-box’ in jou motor wat geheime verklap en kuier saam met Ernest Page van Tracktion Driving Experiences oor hulle ‘Track Experience’-renbaanopsie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Drie nuwe hibriede motors onder die loep 12.06.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor drie nuwe hibriede voertuie – die Hyundai Santa Fe, die Jaecoo J7 SHS en die Omoda C9 PHEV. Dit is dan ook heeltyd-speeltyd en sywaarts saam met Tracktion Driving Experiences! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele toets Tank, Omoda en Transit 05.06.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Die GWM Tank 300 2.4 diesel, Omoda se C5 230T en die Ford Transit Custom Sport. Hulle gesels ook met Carien Teessen - sy was die enigste dame op ’n vierwielmotorfiets wat aan die onlangse SA Safari Veldtydren deelgeneem het. Hulle gesels ook met AJ Venter, wat aan die North West 200 in Ierland deelgeneem het en tans deelneem aan di...

Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7 30.05.2025

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger get\Worth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari Veldtydren by Sun City. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela...

Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar 23.05.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar 16.05.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook &mi...

Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren 08.05.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee gesels - ’n inspekteur van get\Worth in die Tuinroete. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50 02.05.2025

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel ’n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak ’n draai in ’n kollega se motorhuis, om te sien watter nuwe ysterperde daar pronk. Wiele2Wiele op Facebook &midd...

Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet 24.04.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of ’n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die lekkerste motorsportgeleenthede nie! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf 17.04.2025

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan 10.04.2025

Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos ’n ‘pro’ met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen ’n uitlaatsisteem-passer en ’n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroel...

Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts 03.04.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor ’n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Fe...

Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke 27.03.2025

Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster 20.03.2025

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: ’n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport! Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai. Daar is raad van get\Worth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op di...

Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest 13.03.2025

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. get\Worth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep 07.03.2025

In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is ’n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie’-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels. Wiele2Wiele op Facebook &midd...

Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster 27.02.2025

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle v...

Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie 20.02.2025

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op ’n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele...

Wiele2Wiele ry met BMW M760e 13.02.2025

Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak. Wiele2Wiele...

Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk 06.02.2025

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op...

Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross 30.01.2025

Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-mot...

'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren 24.01.2025

Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Medi...

Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux 20.01.2025

In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Listen to the Wiele2Wiele podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.