Maroela Media
Wiele2Wiele
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: maroelamedia.co.za
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren 07.05.2026 25:38
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se betrokkenheid by hierdie ikoniese ren. Daar is ook twee padtoetse - hulle vat jou op ’n toetsrit met die Citroën Ba...
Wiele2Wiele ervaar MG3 en MG ZX Pro 02.05.2026 26:39
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die MG3 en MG ZX Pro, en besin oor wat hierdie historiese handelsmerk anders maak. Hulle gaan maak ook ’n draai by ’n glansgeleentheid en hoor meer oor Jetour se T-reeks wat nou ook met inprop-hibriede tegnologie beskikbaar is. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die moets en moenies van ’n outomatiese ratkas en kyk ook na Suid-Afrikaanse m...
Wiele2Wiele ry Tiggo 9 Super Hybrid, Audi A5 en VW Tiguan 24.04.2026 26:45
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Chery se Tiggo 9 Super Hybrid, Audi se A5 en Volkswagen se Tiguan. Vir die tegniese wenk beantwoord hulle vrae oor vibrasies en dan kyk hulle na Kove se nuwe 800X Rally- en 800X Pro-motorfiets. Daar word ook gespekuleer oor wat by die MotoGP aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies 16.04.2026 25:33
Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Tydrenkampioenskap, en hulle gesels met Mark Jones van The Citizen...
Wiele2Wiele: Nuwe modelle vir Suzuki, Mitsubishi en Changan 09.04.2026 27:10
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie bekendstellings: Suzuki sy nuwe Across bekend, Mitsubishi sy Destinator en Changan sy UNI-S. Daar is ook ’n tegniese wenk oor handremme. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Alfa se Junior Veloce 02.04.2026 25:10
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: die Renault Duster 1.3T 4x2, die Volvo XC60 T8 PHEV en die elektriese Alfa Romeo Junior Veloce. Hulle gee brandstofbesparingswenke en daar is ’n meningspeiling vir 2Wiele waar hulle jou terugvoer soek. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry nuwe Golf GTI 27.03.2026 26:49
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe ikoon - Volkswagen se Golf GTI. Renault stel ook sy nuwe Kiger Turbo bekend. Hulle gesels met die 17-jarige Vatiswa Mokhonoana, wat aan Toyota Gazoo Racing SA se GR86-beker deelneem en gaan maak ’n draai by ’n baie interessante Nuts and Bolts-tydren. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry nuwe Volvo ES90 20.03.2026 26:35
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se resultate by die Daytona 200-motorfietsren in die VSA. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op M...
Wiele2Wiele maak kennis met Lepas L4 13.03.2026 25:23
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is. Hulle vertel jou dan meer oor die toetsdae van die 2026 Motor van die Jaar-kompetisie wat reeds aan die gang is. Vir 2Wiele...
Wiele2Wiele: Ford Ranger Platinum, GWM Tank 300D onder loep 05.03.2026 26:57
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat die manne die ateljee oor en gesels oor die Ford Ranger Platinum, die GWM Tank 300D en die Tata Harrier. Daar is finansiële raad, ’n bietjie motorfiets-nostalgie en ook terugvoer oor die eerste MotorGP-ren vir die jaar. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Suzuki Grand Vitara 26.02.2026 25:13
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van die Suzuki Grand Vitara en vat jou saam vir die rit. Dan skuif hulle aan vir ’n insiggewende gesprek met Boddy Ramagwede van die AA oor sy #SaferCarsForAfrica-veldog. Daarna gesels hulle met Arnold Olivier van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors) oor hoe sake in die motorfietsbedryf staan. Wiele2Wiele op Fa...
Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV 20.02.2026 26:51
Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Tata Tiago 12.02.2026 26:39
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste 06.02.2026 26:52
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie 30.01.2026 24:49
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en spekuleer oor wat 2026 vir MotoGP en WorldSBK kan inhou. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele o...
Wiele2Wiele gooi kollig op SA’ners se Dakar-stories 23.01.2026 20:18
Wat verg dit regtig om die Dakar te voltooi? Die Wiele2Wiele-span het gaan uitvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55 15.01.2026 25:31
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Sou...
Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar 09.01.2026 25:43
Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry BMW M2 12.12.2025 24:06
Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Tucson en nuwe J5 05.12.2025 23:52
Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Me...
Wiele2Wiele ry Jetour T2 28.11.2025 26:27
Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en ’n jonge heer leer vir ’n tannie ’n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiel...
Wiele2Wiele ry nuwe Duster 21.11.2025 24:51
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel ’n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Me...
Wiele2Wiele: Omoda in kollig 14.11.2025 25:06
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry opgeknapte mu-X 06.11.2025 26:24
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: GR Yaris kry outo-ratkas 31.10.2025 26:26
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.