Maroela Media
Taaltoffie
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hupstoot vir regslui in Afrikaans 13.09.2022 12:34
“Afrikaans in die regsberoep, en in die akademie, is allermins dood.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Nog stories uit die lêers van ʼn forensiese sielkundige 28.08.2022 12:01
Dr. Gérard Labuschagne neem lesers op ʼn reis van misdaadtonele na regsbanke in sy boek ‘The Profiler Diaries – From Crime Scene to Courtroom’. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Hulde aan ʼn woordmeester 06.08.2022 19:37
‘So is onse mense’ is die gerekende taalhistorikus JC Steyn se laaste werk wat pas uitgereik is. Alana Bailey en Ilze Niewoudt van AfriForum Uitgewers het met Maroela Media om oor Steyn se laaste boek gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Nataniël in ekstase oor ‘Afrikaans in styl’ 04.08.2022 14:48
Nataniël het met Maroela Media gesels oor die eerste ‘Afrikaans in styl’-produksie wat eersdaags plaasvind. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Ben Booysen se geskenk aan sy kleinkinders 25.06.2022 12:55
“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Jy is ‘meer as jou seerkry’ 11.06.2022 15:52
“Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef – en selfs sterker wees.” In hierdie onderhoud gesels Johannes de Villiers oor sy jongste boek, ‘Meer as jou seerkry’. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Ouers, spruite gaande oor bekkige Lingi-beer 11.06.2022 12:03
“Ek het gedink as dit ʼn verskil in een kind se lewe kan maak, sal ek tevrede wees." Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Tagtigs-musiek die agtergrond van Zirk se jongste roman 20.05.2022 12:44
Van Morrison se “Spanish Rose”, Harry Nilsson se “Don’t forget me” en Creedance Clearwater Revival se “Wrote a song for everyone” is enkele van die liedjies op Zirk van den Berg se Spotify-speellys met die titel “Ober se mixtape”. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Denkleier se wenke om uitdagings te oorkom 04.05.2022 7:59
“Alles waarvoor jy lief is of voor omgee word op een of ander manier in gevaar gestel. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen?” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Poppie Viool vermurwe harte 13.04.2022 18:25
Jan Vermeulen het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor Poppie Viljoen se verhaal, waar sy idee van mens-arende vandaan kom en waaraan hy tans werk. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Vrou vertel oor 40 jaar saam met ʼn narsis 31.03.2022 12:42
Ilse Verster het haar lewensverhaal in Só lyk ʼn vrou… vasgepen en hiermee hoop sy om ander persone, spesifiek vroue, wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind, te help. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
‘Bizzie Lizzie’-rubrieke uitgeknip vir radio 18.03.2022 10:16
“My rubrieke is nog nie vantevore voorgelees nie, daarom is ek opgewonde om dit in ʼn nuwe formaat met mense te deel.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Parapleeg koester pa-seun-oomblik 10.03.2022 10:54
“Die lewe is dieselfde – dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, die oomblik wanneer God sê: ‘Ek is hier, Ek gaan jou nie verlaat nie,’ dan gaan jy oukei wees.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Wincklers wil hê huwelike moet floreer 04.03.2022 16:14
Heinz en Aletté-Johanni Winckler het met Maroela Media oor die huwelik en hulle jongste boek, ‘Kom ons praat oor die huwelik’, gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Nuwe baadjie vir FAK-kinderliedjies van ouds 21.02.2022 16:35
“Ons wil graag hê ons kinders moet kan luister na die immergroen Afrikaanse liedjies waarmee ons grootgeword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Kenner gee raad oor vasdieet 07.01.2022 12:55
Bernadine Douglas het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die vasdieet, wat ook in haar jongste gesondheidsboek, getiteld ‘Your 12-week body and mind transformation’, bespreek word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Sê só nee vir peuselhappies 21.12.2021 12:14
“Begin deur te sê dat jy ʼn eetprogram vir ʼn gesonder leefstyl volg en dat daar sekere goed is wat jy nie gaan eet nie, of sê net vir mense dat jy nie honger is nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Kry jou kop reg vir gewigsverlies 13.12.2021 10:56
Maroela Media het in ʼn onderhoud met Bernadine Douglas, skrywer van ‘Your 12-week body and mind transformation’, oor die belangrikheid van gesonde gewoontes en motivering gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Alexi (Rene) 06.12.2021 0:40
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Bokoë (René Roux) 06.12.2021 0:21
As ek eendag moet gaan… My man is my gunsteling-mens, my man is my beste vriend en my man is ook een van die mense wat ek die bangste is om te verloor aan die dood. Hy is ook die een wat ek by my wil hê om my vas te hou die dag as ek moet gaan… Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Bondeltjie liefde (Alta) 06.12.2021 0:24
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Ek mis jou (Alta Strauss) 06.12.2021 0:32
Ons almal was al daar waar ons net ’n intense verlange het na ’n ander, om weer hulle te voel langsaan jou staan, oorkant jou sit en ’n koppie koffie saam met jou geniet. Nog eenmaal hulle stem te hoor, met hulle te klankbord. Kom ons neem vandag ’n doelbewuste besluit om dié mense wat ons koester, te laat weet ons het hulle lief. Begin weer om diep lief te hê, ’n alles-in-liefde! Ek mis jou… alle...
Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss) 06.12.2021 1:00
Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid...
Steeds Vrou - Hartshunkering (René Roux) 06.12.2021 0:34
Die gedig praat hardop oor al die landskappe wat in my hart geanker is. Dit reis wyd en syd deur die land van ons wat ek so bitter lief het. Hier waar ek liefde gevind het, hier waar ek elke dag my Here kan sien en hoor. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Heilige grond (Alta Strauss) 06.12.2021 0:26
Daar is iets heiligs aan iemand se siel. Om iemand te leer ken is soos om ’n gewyde grondgebied te betree. Leer om te luister, regtig te luister na ’n ander, eerder as om haastig te wees om die volgende woord in te kry. Jy sal verstom wees hoeveel jy leer van ander, wanneer jy werklik begin luister. Ons is eintlik so bederf met mekaar, kom ons luister meer en begin vier mekaar! Facebook · T...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.