Maroela Media
Taaltoffie
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Steeds Vrou - Jou liefde (René Roux) 06.12.2021 0:39
Dit is persies hoe my man my laat voel. Verlief, opgewonde en vol hoop. Saam hom en my God sal ek in ’n oorlog instap. Vir hom sal ek doodgaan en vir hom sal ek leef. Om die liefde van jou lewe, jou sielsgenoot te vind is besonders en om die liefde wat jy uitdeel terug te ontvang is ’n seëning. Gestuur uit God se hand. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Kaalvoet (Alta Strauss) 06.12.2021 0:39
Verhoudings is alles oor vertroue. Vertroue is die sterk fondasie van enige verhouding, waarop alles anders gebou word. Wees weer diep en innig lief, onbaatsugtig en gee die beste van jouself, sonder enige voorafopgestelde idees, sonder enige bymotief. Ons is gemaak om liefde te leef, soos God liefde is en in liefde te funksioneer. Vra die Here om vandag jou hart te deurgrond en enigiets daarin wa...
Steeds Vrou - Naakte liefde (Alta Strauss) 06.12.2021 0:25
Doen weg met oppervlakkige verhoudings en belê in daardie koester-vriende! Ons almal kan doen met liefde wat ons hele wese deurdrenk. Dit is die een tydlose geskenk wat ons aan mekaar kan gee, liefde… Liefde is daardie sagte gebed vir ’n ander, waarvan hulle nie eens bewus is nie, daardie vreugde en opgewondenheid wat jy ervaar wanneer hulle drome verwesenlik en tot vervulling kom. Vier dié wie jy...
Steeds Vrou - My son sak weg (René Roux) 06.12.2021 0:46
Een van my vriendinne is baie vroeg oorlede aan kanker toe ons skaars 16 was. Dié gedig is geskryf vir haar. Dit was baie moeilik om op daardie ouderdom te verstaan; dit was moeilik om te verwerk en ek as kind was so bang vir die dood. Die skrywe van gedigte soos hierdie het my nie net losgemaak van die ewige hartseer nie, maar ook van my vrees vir die dood. Eendag sal alles volmaak wees en eendag...
Steeds Vrou - Onkant (Alta Strauss) 06.12.2021 0:23
Elke dag is een groot verrassing! Nie een van ons weet watter asemrowende oomblik om die hoek vir ons wag nie! Maak jou hart ontvanklik daarvoor. Gee elke oomblik alles wat jy het. Om ’n oomblik nietig te ag is niks minder as ʼn sonde nie, daarom begin deur elke oomblik die beste van jouself te gee. Die beste van jouself, is nie nét die goed van jou, die glimlag en sukses nie. Die beste van jou is...
Steeds Vrou - Ouma Onthou (René Roux) 06.12.2021 1:17
Ek het so tien jaar gelde vir my ouma gevra om vir my ʼn brief te skryf oor haar lewe. Ek wou alles weet; ek het nooit my oupa geken nie. Hy is op my moeder se vierde verjaardag oorlede en wat ek kan onthou van Kimberley waar ek gebore is, is baie vaag. Ek onthou egter steeds die rooi stoep, warm dae en liefde. Sy het vir my geskryf, die mooiste brief en ek het dit in ’n gedig saamgevat. Baie van h...
Steeds Vrou - Papierskip (René Roux) 06.12.2021 1:25
Ek het hierdie gedig aan my pa geskryf wat ’n paar jaar gelede onverwags in die see oorlede is. As kind het ons digby ʼn vlei in Mpumalanga gewoon, waar my pa altyd papierskepe gevou en laat vaar het. Dit word as stilwordoomblikke onthou en tye wat ek as kind saam met my pa gedeel het, tye wat ek nooit sal vergeet nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Rusplek (René Roux) 06.12.2021 0:40
Hier verwys ek na die hemel wat die Here vir ons bied, nie net die ewige lewe waarheen ons gaan na ons aardse gesukkel nie, maar ook na die bietjie hemel op aarde wat die Here vir ons bied as ons luister na waar Hy ons wil laat lê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Saam met jou (Alta) 06.12.2021 0:20
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Skakerings van jou (Alta) 06.12.2021 0:17
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Sonneblomkind (René Roux) 06.12.2021 1:09
Die sonneblomkind waarvan ek hier geskryf het, het ek ontmoet met my eerste uitreik in my studentejare op die NWU in Potchefstroom. Sy het my oë oopgemaak vir wat armoede is in my volk en sy was in baie opsigte die rede waarom ek op geëindig het by Solidariteit Helpende Hand. Ek leef my roeping as gevolg van haar. Ek sal haar altyd dankbaar wees. Soms wens ek net daar is meer wat ek vir haar kon d...
Steeds Vrou - Sprokiemooi gedig (Alta Strauss) 06.12.2021 0:30
Elkeen van ons is ’n sprokiesmooi gedig. Die beliggaming van woorde. Woorde noukeurig geartikuleer. Woorde en ervarings uit die verlede, die hede en drome vir die toekoms. Ons moet ervaar word. Begin leef die mooi van wie jy is. Begin beleef die beeldskoonheid van elke persoon waarmee jy vandag paaie kruis. Ons is eintlik baie meer dieselde as wat ons werklik verskillend is. Ons is almal wonderbaa...
Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss) 06.12.2021 0:39
Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te l...
Steeds Vrou - Vrouwees (René Roux) 06.12.2021 0:53
Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Steeds Vrou - Wees lief vir my in Afrikaans (Alta Strauss) 06.12.2021 0:26
Hierdie gedig het ek in Frankryk geskryf. Te midde van die prag van hierdie betowerende land het ek besef dat ongeag waar in die wêreld jy jouself mag bevind, in jou hart, jy altyd Afrikaans sal bly. Dit is jou hartklop, dit is hoe ons liefhet en liefgehê wil wees. Daar is net iets aards en hartlik aan hoe ons liefhet, met oorgawe, vurig, iets magies en magneties verruklik soos net ons kan! Facebo...
Begin só ʼn gesonde leefstyl 03.12.2021 8:59
“Dit is deur en deur daarop gemik om jou denkwyse oor jou gesondheid, emosionele welstand en eetgewoontes te verander.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Oor die soet en sout van ouerskap 26.11.2021 16:06
Lente Swift en Suzanne Smit het in Maroela Media se ateljee oor ‘Meer as net ʼn ma’ kom gesels en ook vertel waarom hulle opgewonde oor die toekoms van Die Naguilklub is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Rolene Strauss sê ‘nee’ vir perfeksie 05.11.2021 9:51
“Om terug te gaan na al daardie ondervindinge wat ek eintlik half klaar weggepak het. Dit was soos om ʼn boks uit te haal en myself weer te ontdek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Stories so in Ilze se kraal 28.10.2021 12:56
Ilze Nieuwoudt het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek ‘Prinsessie en Boekeman’ en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Daar’s ʼn luiperd op my stoep! 18.09.2021 11:41
Hennie van Deventer, skrywer van ‘Bure van nature’ gesels met Maroela Media oor die veldstories in sy boek en noue ontkomings wat hy al ervaar het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Talle vrae steeds onbeantwoord ná Stella-moorde 02.07.2021 23:55
Susan Cilliers, skrywer van "Die Stella-moorde", het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Lizanne Barnard se ode aan skeppers 05.05.2021 9:05
Lizanne Barnard se debuutdigbundel ‘Skeppers’ word beskryf as ʼn sintuiglike ervaring wat lesers op ʼn musikale en visuele reis sal neem. Maroela Media het met Lizanne gesels om meer hieroor uit te vind. Luister ook na Lizanne se voorlesing van “Stilte” deur Riaan Prinsloo. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Voorwaarts mars met Reynardt Hugo 12.03.2021 14:17
Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreis 05.03.2021 12:51
Jaco Strydom moedig Christene aan om ligter te lewe deur onder meer minder aardse goed te besit, gereeld stil te word en hul vyande te vergewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Daniel Strauss: ‘Werk slimmer, nie harder’ 01.03.2021 7:04
In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.