Maroela Media
Taaltoffie
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mooi (Afrikaanse) broodjies bak 18.06.2024 5:14
Al ooit die uitdrukkings “koffie deur die vlak jaag“ en “die brood dik smeer” gehoor? Luister saam na Leon en Amanda de Stadler se gesprek oor uitdrukkings, idiome en spreekwoorde uit die alledaagse lewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Dié Afrikaanse spreekwoorde het Bybelse wortels 13.06.2024 4:32
Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Britse komediant se stories boei kinders oor wêreld heen 12.06.2024 16:10
“Jy moet regtig van die eerste oomblik af kinders se aandag trek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Stories kom spontaan vir Chanette Paul 27.05.2024 12:30
“ʼn Mens leer nog al die tyd. Vyftig boeke ofte not.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Hartskos wat jou huis toe laat verlang 18.05.2024 8:52
“Daar is twee goed wat my altyd met so tikkie heimwee na die huis laat verlang, en dit is pannekoek en skaapboud.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Koppige Ami hou Irma Venter op haar tone 12.05.2024 9:46
“Sy is soms dwars, en sy het ʼn moeilike streep in haar, maar ʼn goeie hoofkarakter het ʼn bietjie sleg en ʼn bietjie goed in hulle.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Stories uit Afrikaanse gemeenskap moet vertel, gevier word 11.05.2024 8:01
Elke Afrikaanse gemeenskap moet ʼn oomblik stilstaan en dink waarom hulle Afrikaans is en hoe die taal van hulle gemeenskap lyk. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Feesjaar gee erkenning aan vele fasette van Afrikaans 08.05.2024 12:44
“Die lekkerste en opwindendste deel is die besef dat ons betrokke by die viering van ʼn mylpaal is wat eers weer oor 100 jaar herdenk word.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Skeppende Portchie se kuns so kleurryk soos SA 05.05.2024 21:01
Portchie, ʼn wêreldbekende en uiters suksesvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het in sy loopbaan reeds byna 19 000 oorspronklike kunswerke geskep. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Plekname ʼn saak van erfenis, komvandaan 26.04.2024 3:20
Waarom is die bewaring van plekname belangrik? Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Dié Afrikaanse plekname deur diere, plante bepaal 19.04.2024 6:01
Baardskeerdersbos, Struisbaai en Harpuisberg is enkele plekke wat hulle name te danke aan die natuur het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Rykdom van Afrikaanse plekname in dié dorre streek 12.04.2024 1:53
In die mond van sommige Suid-Afrikaners is die Karoo alles wes en suid van Bloemfontein. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Só kry oudste sendingdorp in SA sy naam 05.04.2024 5:02
Daar is ʼn ryk en diverse geskiedenis rondom die herkoms van Afrikaanse plekname, en ʼn gedeelte hiervan lê in Suid-Afrikaanse sendingdorpe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Stef Bos se ‘Papa’ is immergroen 21.03.2024 27:09
“Ek het nooit geweet dat ek drie kinders sou hê wie se moedertaal Afrikaans is nie of dat ek met ʼn Afrikaanse nooi sou trou nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Akademia se Taalsentrum wil Afrikaans as hoëfunksietaal bevorder 14.03.2024 7:44
“Taalbevoegdheid is een van die bepalers wat akademiese sukses beïnvloed.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Anoeschka von Meck praat oor reise vir ‘Twa die tydloper’ 10.03.2024 20:31
“Hy bied eintlik onwetend ʼn veilige hawe vir hulle, en daarom voel Twalie dat sy in Frankel se skadu kan gaan sit en in hom kom wegkruip.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Riaan Grobler gaande oor nuwe hoofstuk as skrywer 02.03.2024 15:20
“Enigiemand kan ʼn skrywer word, want elkeen het ʼn storie om te vertel.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Gaireyah Fredericks vertel stories in haar hartstaal 25.02.2024 17:09
“Skryf het te doen met understanding dat jy iets het om te sê.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Marita se ‘Laaste kans’ ʼn ode aan vriendskap 14.12.2023 15:31
“Die gulheid waarmee ek met elke besoek in Suid-Afrika ontvang word, laat my opnuut besef waarom ek sal aanhou om in Afrikaans te skryf." Facebook · Toetentaal op Maroela Media
‘My geliefde is in ʼn kultus: Wat nou?’ 14.12.2023 10:05
Hoe weet ʼn mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is nie dalk ʼn kultus nie? En wat maak jy wanneer ʼn geliefde of vriend by so iets betrokke raak? Die joernalis Jana Marx van Devilsdorp-faam, het in Maroela Media se ateljee antwoorde op ʼn paar van hierdie vrae gegee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Taalkenner Suléne Pilon ewe gesellig in loslit Afrikaans 11.12.2023 12:14
“Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Borrelende René wil toekomsstorie van Afrikaans help skryf 02.12.2023 9:46
“My ma kry my nog steeds jammer omdat ek nie vir ʼn baas werk nie,” skerts sy, “maar, dit was die beste ding wat ek vir myself kon doen.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Bekende stemme bied troos met gedigte 22.11.2023 14:37
ʼn Bundel soos “Die lewe is ʼn asem lank” bied troos waar woorde ontbreek. Kom luister saam na ʼn paar bekendes se voorlesings van hierdie gedigte. Die podsending is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstiglik aan Maroela Media beskikbaar gestel. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Taaltoffie: Hoe gemaak met taalboelies? 09.11.2023 5:43
Sommige mense is so op keurige taal gefokus dat hulle salig onbewus van die tientalle foute is wat in hulle eie taalgebruik opduik. Karien Brits noem hulle “taalskoorsoekers”. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Taaltoffie: Oor donshaelwoorde in Afrikaans 26.10.2023 3:53
Ons is almal maar skuldig daaraan om woorde te gebruik wat ʼn gerieflike vaagheid meebring. Dink maar aan alles wat almal deesdae wil ‘aanspreek’. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.