Stellenbosch Gemeente
Stellenbosch Gemeente Preke
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
Author
Stellenbosch Gemeente
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
26 Januarie 2025 || God Beweeg | Identiteit || Pieter Roeloffse 26.01.2025 37:40
Hoe transformeer God se beweging MY identiteit? Ontdek en vra vrae saam met Pieter.
19 Januarie 2025 || God Beweeg || André Serfontein 19.01.2025 36:36
Die openbaring van God wat ons in hierdie reeks - dalk spesifiek vandag - wil herontdek, is die volgende: GOD BEWEEG! Hierdie beweging hou besondere potensiaal in. Hierdie beweging betrek my! Hoe ontwaak ons vir God se beweging?
12 Januarie 2025 || Onverwags || Deon Botha 12.01.2025 34:46
Die laaste twee Sondae het Pieter eers help terugkyk en André het ons weer aangemoedig om ’n verbeelding te kry vir ’n toekoms wat dalk anders kan lyk. Maar wat is tussen die verlede en die toekoms?
05 Januarie 2025 || Refleksie || André Serfontein 05.01.2025 16:40
Kom staan 'n oomblik saam met André stil op die drumpel van 'n nuwe jaar.
29 Desember 2024 || Jaareind-refelksie || Pieter Roeloffse 29.12.2024 21:14
'n Paar gedagtes saam met Pieter om jou te help reflekteer op jou lewe, en dié lewe, hier aan die einde van die jaar. "Reflekteer op dit wat wás en wat ís kom nie vir ons so maklik nie, ons is meer geneig tot 'n vorentoe beur as reflekteer. Waag dit om vir 'n oomblik saam met my terug te kyk na die afgelope jaar." - Pieter
25 Desember 2024 || Advent | Liefde || André Serfontein 25.12.2024 37:31
"Hierdie is 'n seisoen wat elkeen raak. Selfs al vier jy nie Kersfees nie, gaan Kersfees jou vind! Op sosiale media, in die Kersfees-specials wat op die winkelrakke staan; in die bure se liggies wat deur jou venster skyn en jou uit jou slaap hou; in mense wat jy amper nooit sien nie wat aandring om te kom kuier (of om jou te besoek); en bowenal in die Boney M wat speel in die mall. Dit is heeltema...
22 Desember 2024 || Advent | Vreugde || Pieter Roeloffse 22.12.2024 45:26
"...vandag staan die deurwinterde vreugde wat Jesus bring in kontras met die verskietende opflikkeringe van plesier en geluk wat ons soms soos ’n Suiderkruis volg." - Pieter Roeloffse
08 Desember 2024 || Advent | Vrede || André Serfontein 08.12.2024 32:22
"Daar is vier onderwerpe waaroor kerke dwarsoor die wêreld in die volgende vier weke gaan reflekteer. As jy vier temas kon kies waaroor jy wil hê alle kerke in gesprek moet gaan, wat sou dit wees? Die eerste tema waarby ons stilstaan is 'Vrede'" - André Serfontein
24 November 2024 || God Is... | Feestelik || Pieter Roeloffse 24.11.2024 41:55
Kom sê saam met ons dankie vir gister se heerlike fees. Kom reflekteer saam met ons oor gister se ervaring as ‘n heilige teks met leidrade vir ’n feestelike/heilige/ geïntegreerde lewe.
17 November 2024 || God Is... | Die Bron || André Serfontein 17.11.2024 38:18
Ek wil jou nooi om vandag te onwaak vir 'n woord: dankie. Dis nie vanselfsprekend dat dit 'n woord is wat deel is van ons woordeskat waarmee ons die lewe beskryf nie. Ons sukkel soms om die woorde te vind wat ons emosies akkuraat beskryf. Die skrywer en spreker, Brené Brown, het bekend geraak vir haar navorsing oor menslike emosies, se navorsing wys dat ons gemiddeld 3 woorde het waarmee ons die l...
10 November 2024 || God Is... | Een || André Serfontein 10.11.2024 27:54
Een van die mees verrassende ontwakings - dink ek - vir die volgelinge van Jesus, was die besef dat die prentjies wat Jesus skets van God se ideale wêreld - sy koninkryk - nie net 'n toekomstige realiteit is nie, maar een is wat nou reeds kan ervaar. Pieter het daarop uitgebrei verlede week toe Hy Jesus se stelling - Ek is die opstanding en die lewe - vir ons uitgelê het. Dis nie 'n lewe hierna ni...
03 November 2024 || God Is... | Lewe || Pieter Roeloffse 03.11.2024 41:18
Ons volg steeds die padtekens/rigtingwysers van Jesus se "Ek is" stellings in die Johannes-evangelie. Vandag maak ons die ontdekking dat God lewe is en hoe God lewe is.
27 Oktober 2024 || God Is... | Sorg || André Serfontein 27.10.2024 45:54
‘Jesus se Ek-is uitsprake is so bietjie soos padtekens wat die rigting wys na God. Mens kry vir die eerste keer regtig met 'n verskeidenheid van padtekens te doen wanneer jy leer vir daai gevreesde eksamen vir jou leerlinglisensie. Dis wanneer jy nuwe padtekens ontdek. Hul betekenis is nie dubbelsinnig nie, nie oop vir interpretasie of debat nie….hulle maak wel eers sin wanneer jy begin bestuur -...
20 Oktober 2024 || God Is... | Anders || Pieter Roeloffse 20.10.2024 43:38
Wanneer Jesus in Matt 6 sê "As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!" is dit 'n waarskuwing dat die lig wat ons beet het dalk donker kan wees. Kom ontdek vandag saam met ons die dat God as die lig anders is en kom dans dan soos hierdie plante in die Lig.
13 Oktober 2024 || God Is... | Meer || André Serfontein 13.10.2024 37:38
Dis my Vader wat my daaglikse, fisiese brood aan my besorg. Elke bord kos. My werk-brood kom van Hom af; en my mens-brood; my familie-brood; my gesinsbrood. Wanneer ek met vriende om 'n vuur sit - dis 'n geskenk van God. Wanneer ek gesond is - dis genadebrood. Om te glo dat God met dit als te doen het is 'n lens.
06 Oktober 2024 || Vanuit Die Kern | Aardse || Pieter Roeloffse 06.10.2024 44:18
Alle aardse dinge - werk, besittings, rykdom, sisteme - staan in diens van die lewe. Gee dit lewe... Die aardse ís belangrik, matter matters, veral hoe ons met die matter leef.
29 September 2024 || Vanuit Die Kern | Saam || Deon Botha 29.09.2024 33:54
SAAM is die landskap waarbinne ons leer en leef, en dit is waar ons God se Gees teëkom en ervaar. Al die woorde wat gebruik word om die vrug van die Gees te beskryf is verhoudingswoorde: Teks: Galasiërs 5 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Hierdie verhoudings-realiteit strek oor alle dime...
22 September 2024 || Vanuit Die Kern | Uiterlik || André Serfontein 22.09.2024 42:58
God het mens geword in Jesus en Homself op hierdie wyse herkenbaar kom maak. Ons hoef nie meer te wonder hoe Hy is nie; ons het nie en of ander oefening in verbeelding nodig om te verstaan wat sy boodskap beteken nie - ons kan maar net vir Jesus dophou. Stel jou voor daar was drones in Jesus se tyd, en jy besluit om 'n dokumentêr oor Jesus te maak, en daarom volg jy Hom met 'n drone oral waar hy g...
15 September 2024 || Vanuit Die Kern | Innerlik || Pieter Roeloffse 15.09.2024 45:27
"Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek (ego) wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe." - Galasiërs 2:19
08 September 2024 || Vanuit Die Kern || André Serfontein 08.09.2024 39:28
“This imperative means rather that one should make the kingdom the center of one’s existence and thus experience the rule of God fully in one’s heart, hence the present tense, keep seeking.” - Donald Hagner
25 August 2024 || Amen | Versoeking & Verlossing || Pieter Roeloffse 25.08.2024 42:48
Ons bid om dit wat nie ooglopend is nie na die oppervlak van ons bewussyn te bring. Om dit wat verborge is te sien. Onbewus na bewus.
18 August 2024 || Amen | Vergewe Ons || André Serfontein 18.08.2024 37:40
“It is the forgiveness of sin that frees men and women to love, and in that freedom, commands them to love.” - Eugene Peterson
11 August 2024 || Amen | Ons daaglikse brood || Pieter Roeloffse 11.08.2024 41:48
Wat het jy brood-nodig? Hoe lyk "Gee ons vandag ons daaglikse brood" as 'n raamwerk vir 'n gebed oor al ons behoeftes, begeertes en verlange? N.T Wright skryf hieroor: "But God knows our desires in order that we may turn them into prayer; in order that they may be sorted out, straightened out, untangled and reaffirmed. If we truly pray this prayer, with due weight to each clause, we are taking the...
4 August 2024 || Amen | Koninkryk || André Serfontein 04.08.2024 34:54
Om te bid dat God se koninkryk sal kom nooi ons om die spanning te betree van ’n realiteit wat rééds sy hart reflekteer, en gelykertyd nog sug ‘in die pyne van verwagting’. Dit nooi ons om die wonder én gebrokenheid van die wêreld opnuut te herken. Dit daag ons uit om die intensie van ons eie hart te erken. Dis nie ’n onskuldige gebed om te bid nie; dis eintlik ’n gevaarlike een. Kom ons waag om d...
28 July 2024 || Amen | Geheilig || André Serfontein 28.07.2024 47:10
Indien Albert Einstein se wyse woorde waar is dat “The most beautiful thing we can experience is the mysterious. It is the source of all true art and science. He to whom the emotion is a stranger, who can no longer pause to wonder and stand wrapped in awe, is as good as dead; his eyes are closed.”, dan wil ons saam ontdek hoe kan gebed ons help om met groter ontsag en verwondering vir die Gans-And...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.