Stellenbosch Gemeente

Stellenbosch Gemeente Preke

Religion AF ↓ 150 episodes

Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.

Author

Stellenbosch Gemeente

Category

Religion

Podcast website

sg-preke.castos.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

05 Julie 2026 || Skoonheid • Spasie || Pieter Roeloffse 05.07.2026
28 Junie 2026 || Skoonheid • Lig || André Serfontein 28.06.2026

As ek jou sou vra om ’n bietjie dieper te kyk as die behoeftes op die oppervlak van jou lewe. Wat is die drie dinge waaraan jy ’n diep behoefte het, jou diepste begeertes. Wat sou dit wees? Die skrywer NT Wright verwys na drie begeertes of behoeftes van die mens: spiritualiteit (’n verhouding met God), geregtigheid en skoonheid. Watter rol speel die soeke na ‘skoonheid’ in jou lewe? Dit wat ons ve...

21 Junie 2026 || Die Gees Lei || Heinrich Dry 21.06.2026

Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is?

14 June 2026 || Die Gees Dra || Deon Botha 14.06.2026

Soms breek planne of drome. Soms breek vriendskappe. Soms breek harte. Jesus het dit so goed verstaan - die aand toe Jesus saam met sy vriende geëet het, het Hy die brood geneem, dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit om my te onthou.” Ons onthou vandag dat Jesus se liggaam ook gebreek is wanneer ons saam die nagmaal gebruik. Kry gerus vir jou tekens van die...

7 June 2026 || Die Gees Verruim || Pieter Roeloffse 07.06.2026

Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak daar in die begin van Handelinge dan sal jy sien daar staan “Die Handelinge van die apostels”. Tog, as jy Handelinge lees, kom jy agter dat dit eintlik Die Handelinge van die Gees is en die apostels (gestuurdes) en die kerk moet die heeltyd skarrel om by te bly by die uitk...

31 Mei 2026 || Die Gees Stuur || André Serfontein 31.05.2026

Die Gees stuur ons nie uit die wêreld uit nie, maar eerder ’n tree of twee nader aan die realiteit van ons wêreld. - André

24 Mei 2026 || Die Gees Vorm || André Serfontein 24.05.2026

Waar begin jou storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

17 Mei 2026 || Die Gees Gee || Heinrich Dry 17.05.2026

Ons begin vandag ’n reeks oor die Gees, ons hoop jy kom saam met ons op reis om God se Gees opnuut te ontdek en iets van die misterie te verstaan.

10 Mei 2026 || Herken Die Opstanding Kom Tuis || Pieter Roeloffse 10.05.2026

Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? - Pieter

03 Mei 2026 || Herken Die Opstanding In Die Alledaagse || Deon Botha 03.05.2026

“Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” - Deon

26 April 2026 || Herken Die Opstanding In Wonde || Pieter Roeloffse 26.04.2026

’n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie - dit is net vertraagde verweer. ’n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees ni...

19 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik Deur Sy Woorde || Heinrich Dry 19.04.2026

"En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?​"Lukas 24:30

12 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik || Pieter Roeloffse 12.04.2026

In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe G...

05 April 2026 || Opstandingsondag || André Serfontein 05.04.2026

Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.

03 April 2026 || Goeie Vrydag || André Serfontein 03.04.2026

Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.

29 Maart 2026 || Onverwags | Ontvang || Pieter Roeloffse 29.03.2026

Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om ’n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien...

15 Maart 2026 || Onverwags | Vertroos || André Serfontein 15.03.2026

“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” - Walter Brueggemann

08 Maart 2026 || Onverwags | Behoort || Pieter Roeloffse 08.03.2026

Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Skielik besef ons: Die Koninkryk...

01 Maart 2026 || Onverwags | Versadig || Heinrich Dry 01.03.2026

Ons begin vandag met ’n nuwe reeks: Onverwags, ’n reeks wat handel oor die Saligspredikinge en ook die eerste boodskap van Jesus aan die volk. Ons wil almal salig (geseënd/blessed) wees, die Here se seën ontvang, in Matteus 5 leer Jesus ons wat dit sal kos om Sy seëninge te ontvang. Oor die volgende paar weke staan ons stil, en brei meer uit, oor hierdie Saligspredikinge. Reis saam met ons.

22 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Luister || Deon Botha 22.02.2026

Ons kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies...

15 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Anders || Pieter Roeloffse 15.02.2026

Soms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon. In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In...

08 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Siel || André Serfontein 08.02.2026

Siel is ’n woord wat jou hele menswees beskryf… “Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive term for designating the core being of men and women.” - Eugene Peterson

01 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Saam || Heinrich Dry 01.02.2026

’n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin! " Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge. ⁠Gemeentelewe is verho...

25 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Verhouding || André Serfontein 25.01.2026

Ons ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons bewus van ons diep soeke na konneksie, maar ook ons diep worsteling met belonging. Verhouding is egter ook ’n beskrywing van wie God is: Vader, Seun en Gee in verhouding met mekaar. Hoe kan verhouding ’n kontoerlyn word wat ons prentjie van God verhelder...

18 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Die skepping || Pieter Roeloffse 18.01.2026

Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl ’n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons ’n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping. “In l...

Listen to the Stellenbosch Gemeente Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.