Stellenbosch Gemeente

Stellenbosch Gemeente Preke

Religion AF ↓ 150 episodes

Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.

Author

Stellenbosch Gemeente

Category

Religion

Podcast website

sg-preke.castos.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

11 January 2026 || Oor Ons Verwagtinge || André Serfontein 11.01.2026

“Agter só baie van die dinge wat ons doen skuil die verwagting om erkenning te kry vir wie ons is, vir wat ons doen. Die uitnodiging van Bybelse spiritualiteit is egter die volgende: Gee dit prys, neem ’n postuur in waar hierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agterhierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agter…” - André

04 January 2026 || Nuwejaarsrefleksie || Deon Botha 04.01.2026

Nadat ons kon terugkyk op ‘n jaar wat verby is wil ons ons uitstrek na wat voor ons lê, ‘n nuwe jaar met nuwe kanse. ‘n Nuwe begin, nuwe voornemens, nuwe ideale. Ek kon leer uit die vorige jaar en daag op met nuwe hoop. Ons wil soos Moses sê: Here ons wil nie van hierdie plek verder gaan as U nie saam met ons gaan nie. So wil ons ‘n oomblik stilstaan om onsself weer te belyn met dit waarmee God be...

28 December 2025 || Oujaarsrefleksie || André Serfontein 28.12.2025

Refleksie op die Oujaar - 2025 "Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang . Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander.  ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde . Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot ’n refleksie op hierdie vraag." Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname...

25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse 25.12.2025

Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as ’n verinnerweerde landskap en êrens op ’n heuwel staan ’n kruis met mense se smekende arms na die kruis toe uitgesteek…en dan sê die Seun vir die Vader “Let me go there.” Mag jy hierdie Kersfees, hoe...

21 December 2025 || Die geskenk van HOOP wat mens word || Deon Botha 21.12.2025

Gedurende Advent word ons genooi om te reflekteer oor Jesus se koms na die wêreld, na God wat mens geword het, maar nie net dit nie, ook Sy wederkoms. Ons leef tussen hierdie twee. Advent moedig ons aan om Jesus se menswees na te volg, om hoopvol te wag, om ‘n dapper vredemaker te wees, om met blywende diep vreugde te leef en om self-opofferende liefde te hê vir ‘n gebroke wêreld.

14 December 2025 || Die geskenk van VREUGDE wat mens word || André Serfontein 14.12.2025

“Are you in touch with what gives you joy?” - Trevor Hudson

30 November 2025 || Die geskenk van VREDE wat mens word || Pieter Roeloffse 30.11.2025

⁠Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word.

23 November 2025 || 'n Spiritualiteit Van Omgee || André Serfontein 23.11.2025

“Every great moral and spiritual tradition points to the truth that in the giving of self lies the discovery of a deeper self. When that happiness, security and well-being of others become real to us, we come into our own. Creativity, meaning, resilience, health and even longevity can be enhanced as a surprising byproduct of contributing to the lives of others. This is perennial wisdom, and scienc...

16 November 2025 || Want Aan U... || Pieter Roeloffse 16.11.2025

By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou ’n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered. “Die Here is God, Hy skenk ons die lewe. Begin die fees!” (Ps 118:27) Hoe...

09 November 2025 || Soos in die Hemel | Met Hoop || Deon Botha 09.11.2025

Dieselfde hoop wat in Dawid en Jesus se harte geleef het, leef in ons. Hulle het beide vir ons gewys hoe hierdie hoop in aksie lyk. Hoe kan dit vir my en jou lyk? - Deon

02 November 2025 || Soos in die Hemel | Wanneer Ons Saam Is || André Serfontein 02.11.2025

“Kingdom people seek first the Kingdom of God and its justice; church people often put the church work above concerns of justice, mercy and truth. Church people think of how to get people in church; Kingdom people think about how to get the church into the world. Church people worry that the world might change the church; Kingdom people work to see the church change the world.” - H Snyder

26 October 2025 || Soos in die Hemel | In Voeling || André Serfontein 26.10.2025

“Their service is offered in the form of the ongoing life of the Christian community in shops, villages, farms, cities, classrooms, homes, law offices, in counselling, politics, statecraft, and recreation.” - David Bosch

19 October 2025 || Soos in die Hemel | Deur 'n Splinterruit || Pieter Roeloffse 19.10.2025

Ons leef in ’n tyd waarin gerief en beheer as die hoogste waarde en daarom strewe gesien word. Heel menslik vermy ons pyn, verdoof verlies en meet sukses en vooruitgang aan hoe gerieflik jou lewe is. Laat ek dit weer sê: Hierdie maak in terme van ons leeftyd heeltemal sin, dit is heel menslik.

12 October 2025 || Soos in die Hemel | Eenheid || Pieter Roeloffse 12.10.2025

"Ons verlang meeste vir die tyd vir vrede vir onsself, en ons doen alles in ons vermoe om dit te soek. Maar as die ander — wieookal die ander is – hulle heelheid en shalom ervaar, het dit ook 'n effek op jou heelheid en rustigheid." - Pieter Roeloffse

05 October 2025 || Soos in die Hemel…So ook op die aarde || Deon Botha 05.10.2025

Ons begin vandag met ‘n reeks wat gaan fokus op hoe ons elke dag die koninkryk van God kan reflekteer. Ons hou daarom God se Woord ook as spieël op om te sien waar en wanneer ons nie so lyk nie - want net soos Jona moet ons ook daagliks in onsself sterf om ‘n beter refleksie te wees van ‘soos in die hemel’. - Deon

28 September 2025 || herWaardeer | Vrygewigheid || André Serfontein 28.09.2025

“En die Here sal jou oorvloedig laat wees in voorspoed, in die vrug van jou moederskoot... Die Here sal Sy goeie skatkamer oopmaak... om al die werk van jou hande te seën.” - Deuteronomium 28:11–12

21 September 2025 || herWaardeer | Om verantwoordelik te lewe || André Serfontein 21.09.2025

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” - 2 Korintiërs 3

14 September 2025 || herWaardeer | Integriteit || Pieter Roeloffse 14.09.2025

…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede. (Efesiërs 4:2-3 ) Wat as die grootste waarde in ‘n hiper-kunsmatige wêreld dalk juis ons omhelsing van menslikheid sou wees? - Pieter Roeloffse

7 September 2025 || herWaardeer | Leerbaar || Pieter Roeloffse 07.09.2025

Vergeet van “Hulle weet nie wat ons weet nie” en ontdek weer “Ons weet nie wat ons nie weet nie…” — behalwe as God iemand stuur om dit vir my te kom wys en ek leerbaar genoeg is om die misterie van Christus te ontdek. - Pieter Roeloffse

31 Augustus 2025 || herWaardeer | Gasvryheid || André Serfontein 31.08.2025

“The stranger is not simply one that needs us. We need the stranger. We need the stranger if we are to know Christ and serve God, in truth and love.” - Parker J Palmer

24 Augustus 2025 || herWaardeer | Waagmoed || Deon Botha 24.08.2025

Wat is die eienskappe van geloof? Is dapperheid of waagmoed die waarde wat vir jóú uitstaan as jy oor geloof dink? Ons hoor hoeveel keer: “Moenie bang wees nie!”, kom ons leef ‘n vryer , meer opregte lewe deur waagmoed ‘n eienskap van ons geloof te maak.

17 Augustus 2025 || herWaardeer | Droom || Pieter Roeloffse 17.08.2025

“If the world is to change for the better, it must start with a change in human consciousness, in the very humanness of modern man.” Václav Havel

10 Augustus 2025 || herWaardeer | Eenvoud || Pieter Roeloffse 10.08.2025

Wat is, wat die lewe betref, die mees basiese ononderhandelbare iets wat jy glo die lewe betekenisvol maak?

03 Augustus 2025 || herWaardeer | Liefde || André Serfontein 03.08.2025

Vandag wil ons liefde her-waardeer…Hoe kan liefde toenemend ’n rankraamwerk word waaraan ons ons gedagtes, perspektief, gedrag kan anker en lewe gee? Filippense 1 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur...

27 Julie 2025 || herWaardeer | Onthou || Pieter Roeloffse 27.07.2025

In hierdie reeks ontdek ons saam die waardes wat nie net ons as individue vorm nie, maar ook as ’n community en gemeente. Herontdek weer jou eie waardes saam met ons.

Listen to the Stellenbosch Gemeente Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.