RSG
RSG Sport
'n Opsomming van die dag se sportgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mzansi Rugbyliga begin in 2027 14.11.2026 10:42
Monty Dumond verteenwoordig die Mzansi Rugbyliga (MRL). Hy is die mede-eienaar, direkteur van rugby en hoofafrigter van die Paarl Caracals, een van die tien spanne vir die beoogde 2027-seisoen. Monty het onder meer vir die Sharks rugby gespeel en het ook professionele ervaring in Europa opgedoen. Ons praat met hom oor die MRL.
2026-Nedbank Gholf-uitdaagtoernooi 14.11.2026 14:27
Die Nedbank Gholf-uitdaagtoernooi begin eersdaags weer by Sun City. Die toernooi het ‘n ryke geskiedenis. Ons gesels hieroor met Michael Vlismas, ‘n gholfkenner, skrywer en joernalis, en met een van die organiseerders, Jeanne Visagie.
Koffiesport 14 November 2026 14.11.2026 4:42
'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.
Tussen die sportblaaie: Boxers Die Alone 14.11.2026 4:35
Heinrich Schulze blaai deur Njabulo Ndbele se boek, BOXERS DIE ALONE: REFLECTIONS ON BOXING IN THE EASTERN CAPE.
Koffiesport 7 November 2026 07.11.2026 4:44
'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.
Netbal terug in Olimpiese Spele? 07.11.2026 10:49
Jenny van Dyk is die hoofafrigter van die Protea-netbalspan. Haar onmiddellike mikpunt is die 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney. Sy het onlangs op RSG Sport gepraat van ’n wenmentaliteit, groter diepte en die noodsaak dat Suid-Afrika moet ophou om die toplande te “bewonder” en self een van hulle word. Nou is daar nuus dat netbal moontlik weer opgeneem sal word in die Brisbane 2032 Olimpiese Spele,...
Greg Minnaar opgeneem in Wêreld Bergfiets-heldesaal 07.11.2026 12:18
Die Suid-Afrikaanse fietsrylegende, Greg Minnaar, is op 4 Oktober 2026 in Lake Placid in die VSA in die Wêreld Bergfiets-heldesaal opgeneem. Sy loopbaan sluit vier wêreldtitels, 22 elite-Wêreldbekeroorwinnings en drie algehele Wêreldbekertitels in. In die bergfietsrywêreld is hy bekend as Mr Downhill.
Sporttrivia: Beroemdes en berugtes 07.11.2026 4:50
Heinrich Schulze kyk na 'n rugbyspanfoto uit 1932, waarin vind meer uit van die stories van die beroemdes en berugtes wat in die span was.
Koffiesport 31 Oktober 2026 31.10.2026 4:55
'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.
Assore Joburg Ope Muurbalkampoenskap 31.10.2026 12:29
Die Assore Joburg Ope Muurbalkampoenskap het plaasgevind vanaf 20 - 24 Oktober 2026 in die Parkview Muurbalsentrum. Willem Pelser gesels met Suid-Afrika se twee voorste spelers, Dewald van Niekerk en Helena Hudson.
Tussen die Sportblaaie: Godfather of the Waves 31.10.2026 5:15
Heinrich Schulze blaai deur Mike Larmont en Graham Spence se boek, GODFATHER OF THE WAVES: THE LIFE AND TIMES OF A SURFING TRAILBLAZER.
Figuurskaats in SA 24.10.2026 11:51
Christo Viljoen is die president van die Suid-Afrikaanse Figuurskaatsvereniging. Hy gesels oor hierdie grasieuse en aanskoulike sportsoort wat reeds 85 jaar lank in Suid-Afrika beoefen word. Suid-Afrikaanse sierskaatsers is oral besig om aandag op wêreldplatforms te trek.
Jean Visser pak MXGP in 2027 24.10.2026 7:35
Suid Afrika se Jean Visser het aangekondig dat hy in die 2027-seisoen aan Motorcross se premierklas, die MXGP, sal deelneem. Visser sal aan al die Europese Grand Prixs op die 2027-kalender vir Visser Racing Team in die MX2-klas op sy Husqavarna FC250 deelneem.
Sporttrivia: Die Geyser-familie (Deel 2) 24.10.2026 5:37
Heinrich Schulze kyk na die sportpretasies van die Geyser-familie.
Koffiesport 24 Oktober 2026 24.10.2026 4:55
'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.
V8-enjins in 2030 terug by F1 17.10.2026 5:07
Formule 1 is weer in die nuus, en hierdie keer is dit nie oor ’n naweek se drama nie, maar oor ’n dramatiese kentering in die sport se tegniese toekoms. Die FIA-president, Mohammed Ben Sulayem, het onverwags aangekondig dat F1 reeds in 2030 terugkeer na V8 enjins – ‘n jaar vroeër as die vorige teiken. Die manier waarop hierdie nuus bekendgemaak is, laat meer vrae as antwoorde, en die aankondiging...
Rwanda kry F1-ren 17.10.2026 3:50
Die voorlopige toekenning van die Afrika-Formule 1 Grand Prix aan Rwanda, het merkbare teenreaksie ontketen – nie net uit die motorsportgemeenskap nie, maar uit ‘n reeks internasionale instansies, wat die besluit as riskant en potensieel onregverdig beskryf.
Besige tyd vir Gimnastiek SA 17.10.2026 10:09
Gimnastiek is in een van sy besigste internasionale periodes. Die Artistieke Wêreldkampioenskappe in Rotterdam, waar die wêreld se topgimnaste vir ranglyste en kwalifisering meeding, is aan die gang. Intussen is die trampolien en tuimelgreekse reeds afgehandel, met die jongste FIG Wêreldbeker geleentheid wat vroeër vandeesmaand in Italië plaasgevind het. Dit plaas Suid Afrika se gimnastiekprogram...
Karate in Suid-Afrika 17.10.2026 5:05
Willem Pelser kyk na die oorsprong van karate, hoe dit na Suid-Afrika versprei het, en die stand van die sportsoort in die land.
Einde van fietsry by Bellville Velodrome 17.10.2026 9:53
Chris Willemse is ‘n bekende in Suid Afrikaanse fietsry. Hy is ’n voormalige Springbok en nasionale kampioen wat in 1977 sy eie fietswinkel begin het en dit oor dekades tot ’n markleier opgebou het. Hy is diep verweef in die geskiedenis van die Bellville Velodrome, waar hy die eerste internasionale baanfietswedren ooit daar gereël het. Willemse is steeds ’n sleutelrolspeler in die bevordering van...
SA Mans Netbal op ongekende hoogtepunt van dominansie 17.10.2026 9:05
Lana Krige, ‘n nasionale keurder, is een van die dryfkragte agter die SA Mans Netbalspan se ontwikkeling, talentidentifisering en internasionale voorbereiding. Sy werk daagliks met spelers, afrigters en strukture om die sport se profiel te verbreed, en Suid Afrika mededingend te hou op die wêreldverhoog. Ons praat met haar oor die span, die seisoen en die pad vorentoe.
Tussen die Sportblaaie: Being Carlos Alcaraz 17.10.2026 4:22
Heinrich Schulze blaai deur Mark Hodgkinson se boek, BEING CARLOS ALCARAZ: THE MAN BEHIND THE SMILE.
Koffiesport 17 Oktober 2026 17.10.2026 5:04
'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.
Krieket in Suid-Afrika 10.10.2026 12:58
Krieket in Suid Afrika is tans baie gesond. Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, deel sy indrukke van krieket op alle vlakke. Waar staan ons tans? Hoe lyk die toekoms vir Suid-Afrikaanse krieket?
Dwelms in sport (Deel 3) 10.10.2026 9:18
Phil Loots gesels met dr. Louwrens Erasmus, ‘n provinsiale atleet, bekroonde sportadministrateur en spandokter van skool- tot internasionale vlak, oor dwelms in sport. Juice, sap, steroïede, sportdwelms, wat jy dit ookal noem, is 'n wesenlike probleem. Daar word selfs gesê dat skoolkinders meer skuldig is aan "juice"-gebruik. Hoe kan dit beheer word? Hierdie gesprek en strek oor paar episodes. Dis...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.