scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ons hoop in Christus: die soewereiniteit van God 07.06.2022 38:57
Ons hoop is in Christus, en ons sien uit verskeie skrifgedeeltes dat God absoluut soewerein is. In hierdie episode lees Scriptura Romeine 8:28-39, en bespreek God se soewereine raad en God se onveranderlike liefde vir Sy kinders. God het 'n groot raadsplan, en Sy soewereiniteit strek tot voor ons redding. Ons gaan deur beproewings en heiligmaking, maar God se onveranderlike liefde is ons vaste v...
Perspektief: Mei 2022 31.05.2022 50:38
Scriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief: 'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas. Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1...
Ons hoop in Christus - Ons ware hoop en troos 24.05.2022 43:42
"Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut."" Openbaring 21:4-5. Skrifverwysings: Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4. Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer...
Ons hoop in Christus - Ons lewende hoop en blydskap 17.05.2022 47:43
Ons het 'n lewende hoop, want ons is saam met Christus opgewek. Ons het 'n erfenis wat nie vergaan nie, en ons word bewaar. En ons kan ook in blydskap leef, want ons swaarkry is sinvol en ons is reeds verlos. Skrifverwysings: 1 Pet 1:1-9, Matt 6, Heb 11:13, 1 Kor 15, Ps 23, 1 Tess 4, Joh 14, Dortse leerreëls hs 5 par 9-10, 2 Pet. Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jac...
Ons hoop in Christus: Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word 10.05.2022 37:50
Die Here gee vir gelowiges wysheid om te volhard deur beproewings. Beproewings toets ons, versterk ons, leer ons en help ons om op die Here te vertrou vir alles, omdat Hy ons goeie Vader is en Hy dit so bewerk met spesifieke redes as deel van 'n baie groter plan vir Sy kerk. Skrifverwysings: Jak 1:1-8, Heb 2, Rom 8:28, Jak 1:13, Heidelbergse kategismes Vr en Ant 127 – 6de bede, 2 Tim 4:7, Ps 121...
Perspektief: April 2022 03.05.2022 35:42
Scriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van...
Ons hoop in Christus - Ons hemelse seëninge 26.04.2022 47:49
Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Efesiërs 1:3-14 bevestig vir ons dat ons hoop in Christus vas staan, maar ook dat al die geestelike seëninge vir ons gegee is. Skrifverwysings: Ef 1:3-14, Matt 6, Heidelbergse Kategismus Sondag 1, Fil 1:6, Deut 7:6, Jes 40:1-3, Rom 6, Kol 2, Joh 15, Ps 43, Matt 7, 1 Kor 12:9, Rom 5. Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer.
Die Erediens - Gereformeerde aanbidding en sakramente 19.04.2022 50:11
Volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33, is die sakramente vir ons ingestel om God se beloftes aan ons te beseël, en om as tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te dien. Dit moet ons geloof voed en in stand hou. Die doop en nagmaal is sigbare tekens en seëls van 'n inwendige en onsigbare saak: God werk daardeur in ons met die krag van sy Gees. Die tekens is van God af en die...
Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke? 12.04.2022 30:45
Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke? "Visit many good books, but live in the Bible." het Charles H. Spurgeon gesê. Wat is selfhelpboeke? Hoe verstaan ons heiligmaking? Hoekom is daar 'n toename in gewildheid van selfhelpboeke? Sekulêre selfhelpboeke en christelike selfhelpboeke. Is daar 'n leemte in die kerk, prediking en praktiese applikasie? Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? Ka...
Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie 05.04.2022 57:21
Hoe lyk dit as die liggaam van Christus saamkom om in die gereformeerde kerk te aanbid? Wat is gereformeerde liturgie, wat is die orde van hierdie vergadering en wat is die redes vir hierdie soort aanbidding? Definisie van liturgie - Hoe moet ons aanbid? Liggaam van Christus aanbid saam. Ons lees die Woord en wet van God. Ons beoefen verbondsmatige aanbidding. Wat is die belangrike elemente v...
Perspektief: Maart 2022 29.03.2022 53:23
Jan-Louis Lee voer 'n onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die dwaalleer van homoseksualiteit in die NG kerk, en wat die dollerende kerke en Kairos nou daaraan doen. 00:00 Perspektief Maart 2022 00:45 Ds Dubois du Toit oor homoseksualiteit in die NG kerk 10:50 Wat doen die kerk hieraan? 35:07 Wat moet lidmate doen? 45:00 Wat is gereformeerdheid, en hoekom is ek...
Die Erediens: Bybelse prediking 15.03.2022 56:26
00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking 03:07 Mandaat van bybelse prediking 12:40 Wat is die taak van die prediker? 15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek? 24:18 Insig van die Heilige Gees 33:24 Christosentriese inhoud 42:58 Preek die volle raad van God 46:18 Berei jouself voor vir die erediens Skrifverwysings: Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls,...
Die Erediens: Wat is 'n erediens? 08.03.2022 53:02
Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid. Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus. Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God,...
Perspektief: Februarie 2022 01.03.2022 49:43
00:00 Perspektief Februarie 2022 02:37 Oorlog - Rusland en Oekraïne: Christene se perspektief op oorlog, en bybelse lig op die komplekse situasie. 25:45 CSE of Omvattende Sexopvoeding: Basiese onderwys sillabus bevat Lewensorientering met onvanpaste, seksuele inhoud, en so besmet seksuele perversiteit ons kinders se opvoeding. Skrifverwysings: Psalm 146 beryming - moet op prinse nie vertrou nie...
Dissipelskap: Toerusting en Praktyk 21.02.2022 44:07
Dissipelskap - Toerusting en Praktyk Jesus Christus het vir sy eie dissipels die opdrag gegee in Mattheus 28:19, en gesê: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Elke christen is 'n dissipel, en het 'n belangrike taak om dissipels te maak. Daar is net een...
Luisteraarsvraag: Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered? 15.02.2022 47:12
Luisteraarsvraag - Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered? Was gelowiges van die ou testament ook gered? Kon hulle ook die hemel sien? Wat en waar is die hel en die hemel in die ou en nuwe testament, en is hulle almal dieselfde? Maar steeds meer belangrik: waar gaan gelowiges as hulle sterf, en waar is Jesus nou? "Ek is die God van Abraham, Isak en Jacob….alle gelowiges van alle tye word slegs...
Dissipelskap: Doop en dissipelskap 08.02.2022 41:22
Die gereformeerde formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders sê: "Die heilige doop betuig en verseël AAN ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus. " Christen ouers doop hul kinders uit die besef van sonde en uit gehoorsaamheid aan ons dissipelskap opdrag teenoor alle mense en teenoor ons kinders. Ons doop hulle ook uit dankbaarheid vir die genade van vergifnis van son...
Perspektief: Januarie 2022 01.02.2022 46:28
In die eerste perspektief episode van 2022, gesels die Scriptura span oor drie nuusgebeure van die afgelope maand naamlik die onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk, 'n vark se hart wat oorgeplant is in 'n mens, en die normalisering van pedofilie. 00:44 Onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk 20:15 Varkhart oorplanting 31:09 Normalisering en goedpraat van pedofilie Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco...
Dissipelskap: Die koste van dissipelskap 25.01.2022 36:39
Dissipelskap Episode 3 - Die koste van dissipelskap Jesus sê in Mattheus 16:24 vir Sy dissipels "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind." JC Ryle: "A little formal church-going, and a decent attendance at a place of worship, can never be the C...
Dissipelskap: Waar maak ons dissipels? 18.01.2022 41:45
Dissipelskap 2: Waar maak ons dissipels? Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee Waar maak ons dissipels? Oral, altyd en enige tyd, maar veral in ons daaglikse lewe en wandel, en as ons slaap en as ons opstaan, in ons huise en in ons kerke. Maar terwyl dissipelskap vloei uit die oortuiging en die geloof in die evangelie, is dit ook sinoniem met sending. Ons h...
Dissipelskap: Wat is dissipelskap? 10.01.2022 46:36
In Markus 10:17-21 vra die ryk jong man vir Jesus, "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?" En Jesus antwoord, "... neem die kruis op en volg My ..." In Johannes 6:68 antwoord Simon Petrus Jesus nadat Hy vir Sy dissipels vra of hulle ook liewer wil tou opgooi en weggaan: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe." En dan, "Wees my navolgers, soos ek...
Kersfees - die Woord het vlees geword 21.12.2021 36:07
RC Sproul … (boek: Who is Jesus?) "Unfortunately, most ideas about Christ's identity today, are born of empty speculation, or created to squeeze into a philosopher's pattern rather than drawn from scripture. The Christ that are born this way, simply won't do. A recycled Christ, a Christ of compromise, or an imaginary Christ can redeem no one. A Christ who is watered down, stripped of power, debase...
2021 in Perspektief 14.12.2021 52:11
Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie. Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wa...
Wat sê die Vers? Mattheus 7:1 07.12.2021 28:13
Wat sê die Vers? Mattheus 7:1 00:00 Episode 5 00:42 Reeks: Wat sê die vers? Mat 7:1 04:00 Mattheus 7:1-6 05:00 Hoe gebruik mense die vers verkeerd? 10:00 Wat beteken hierdie oordeel? 12:00 Kritiese ondersoek 15:00 Standaard op almal van toepassing 17:10 Mag ons enigiemand oordeel? 19:00 Beoordeel en toets die vrugte 20:18 Praktyd - wat is die waarheid? 23:15 Hoe moet ons reg oordeel? 24:40 Wat is...
Perspektief: November 2021 30.11.2021 42:57
Perspektief: November 2021 Aanbieders: Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer 00:00 November in perspektief 00:43 Tema 1 - Oud-president FW de Klerk se boodskap voor sy afsterwe 01:08 Tema 2 - Metaverse 01:40 Reaksie op De Klerk se boodskap 06:28 Harte is ontbloot... 09:49 Negende gebod 11:04 Daar is 'n groter prentjie... God regeer soewerein 12:00 Sosiale media impak 14:40 Objektiewe waar...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.