scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Apologetiek - Waarom verskillende benaderings? 26.05.2026 55:51
Waarom is daar verskillende benaderings van apologetiek? Wat is die hoof soorte apologetiese benaderings? Hoe ken ons waarheid, is menslike rede neutraal, en is daar 'n verhouding tussen geloof en rede?
Luisteraarsvraag: Christus se teenwoordigheid in die elemente van die Nagmaal 12.05.2026 27:50
Is die nagmaal net 'n simbool, of is die brood en die wyn heilige tekens? Hoe moet ons die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal verstaan? Christus het fisies aan die kruis gesterf, en weer fisies opgestaan uit die dood, en ook fisies opgevaar na die hemel. Is Hy dan fisies of net geestelik teenwoordig in die elemente van die nagmaal? Staan die nagmaal elemente en Christus apart van mekaa...
Perspektief - April 2026 05.05.2026 41:25
Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel? En dan is die Weste ook geweldig besig om Islam in die samelewing te omhels ten opsigte van sosiale aan...
Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan 28.04.2026 50:53
Besit ons steeds die onvervalste evangelie? Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem? As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit 'n goeie kopie van die...
Apologetiek - Wat is apologetiek? 21.04.2026 39:43
Hoe lyk die christelike of bybelse wêreldbeeld? Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in? Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om 'n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staa...
Wat sê die vers? Johannes 12:32 14.04.2026 24:13
"En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek ." Waaraan is Jesus se verhoging gekoppel? Trek Jesus "alle" mense na Hom toe? Hoeveel kan ons as mense bydra tot ons aangetrokkenheid tot God? Hoe verskil universalisme van die gereformeerde leer oor die uitverkiesing? En waarna verwys Jesus as Hy net voor hierdie gedeelte in vers 23 sê "Die uur het gekom dat die Seun van die mens...
Paasfees ... en mense wat daar was 02.04.2026 44:00
Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het. Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het. Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is.
Pastoraal: Skinderstories 31.03.2026 35:59
Wat is die christen se verantwoordelikheid teenoor God en teenoor naaste wat woorde en waarheid betref? Hoe kan ons broers en susters, asook diegene buite die kerk, se beeld en eer beskerm? Hoe vermy ons en staan ons teen die verskillende vorme van lieg en bedrieg in praktyk? Moet ons soms net stil bly ten einde die "vuur" van kwaadpraat te blus? Bereken die effek van jou woorde en toets of di...
Wat sê die vers? Spreuke 29:18 24.03.2026 28:19
Wat is die konteks van Spreuke en hoekom het God dit vir ons gegee? Hoe moet ons dit lees en is die mistiese visioen of die moralistiese benadering korrek? Moet ons eers drome en visioene kry om die regte pad te volg? Wat is algemene misbruike van hierdie teks? Hoekom kyk ons verlossingshistories na hierdie teks? Wat dring ons tot gehoorsaamheid aan God? Waarom staan "bandeloosheid" teenoor "ges...
Luisteraarsvraag: Armageddon 17.03.2026 34:28
Gaan daar regtig 'n oorlog op 'n spesifieke plek naamlik Armageddon plaasvind? Moet ons Openbaring letterlik lees, of is dit liewer beeldspraak van die kerk era? Watse soort teks is dit? Vanuit watter hoek en inslag behoort dit gelees te word? Wat is die gereformeerde leer oor die eindtye? Preek ons genoeg uit Openbaring?
Pastoraal - Enkellopend en Alleen 10.03.2026 38:28
Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie? Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer? Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word? Watter invloed het die sekulêre wêreld se danke op jong mense en die huwelik? Wat is die ware redes in die Skrif vir die heilige huwelik, en hoekom gaan sommige van ons ongetroud bly? Hoe kan ons met die enkellopendes...
Pastoraal: Bejaard en eensaam 24.02.2026 35:06
Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl? Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings? Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verw...
Pastoraal: Afwesige Vaders 17.02.2026 33:16
Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise? Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei? Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik aan ons vrouens oor as dit te emosioneel of geestelik van aard is? Staan ons die bybelse mandaat af...
Luisteraarsvraag: Lei ons nie in die versoeking nie 10.02.2026 26:12
Wat beteken dit om vir God te vra "lei ons nie in die versoeking nie", en wat is die wanbegrippe daar rondom? Versoek God dan mense tot sonde, of hoe moet ons hierdie teks lees en verstaan? Wat was Jesus se oorspronklike bedoeling met die woorde? Is daar 'n verskil tussen beproewing en versoeking?
Perspektief: Januarie 2026 03.02.2026 33:44
Die voorsitter van die CRL - raad vir die regulering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalinstellings - het in Januarie 2026 bedank, omdat hy nie kan saamleef met die wete dat die staat kerke, predikante en die christelike geloof wil beheer en reguleer nie. Wat staan christene te doen? Huigelary vier hoogty, want die staat toon geen medelye of teenkanting teen die terroriste aanvall...
Pastoraal: Konflik in die Kerk 27.01.2026 24:45
Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons di...
Pastoraal: Sosiale media en my kind 20.01.2026 43:02
Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle verhonger is? Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle? - Hoe beinvloed sosiale media o...
Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21 13.01.2026 26:59
Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense? Wat staan in die gedeelte voor die teksvers? Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God? Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwali...
Terugkyk op 2025 16.12.2025 43:27
Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025! Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het. AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade. En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt...
Luisteraarsvraag: God die Vader en God die "Moeder"? 09.12.2025 23:23
'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder. Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?" Is God tweeslagtig? Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek? Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap? Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik?...
Perspektief: November 2025 02.12.2025 45:33
Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.
Wat sê die vers? Handelinge 2:38 25.11.2025 32:53
Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees? Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet '...
Wat sê die vers? Spreuke 4:23 18.11.2025 29:02
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit...
Wat sê die vers? Kolossense 1:15 11.11.2025 25:53
Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"? En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus? Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou? Is Hy 'n skepsel, of is Hy...
Perspektief - Oktober 2025 04.11.2025 48:06
In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand. Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer. En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.