scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wat sê die vers: Matteus 17:20 21.10.2025 30:05
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap? Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jousel...
Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof 14.10.2025 40:02
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstru...
Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB 09.10.2025 1:00:33
In die afgelope week het 'n amptelike brief van die Gereformeerde Kerk Nelspruit aan 'n lid van die gemeente opslae gemaak. Die brief handel oor kerklike betrokkenheid en die verantwoordelikheid wat belydende lidmate het teenoor die gemeenskap van gelowiges. In hierdie opname gesels die Scriptura-span oor die inhoud van die brief, die Bybelse beginsels agter kerklike tug en waarom ware gemeenskap...
Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel 07.10.2025 30:22
Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien? Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien? Hoe wen ons hulle vir Christus? Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus? Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid? Kan liefde sonder waarheid oor...
Perspektief: September 2025 30.09.2025 54:16
In 2 Johannes 1:9-10 lees ons: "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun." Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind. Hy in teen deel, was iemand wat in die publieke dome...
Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding 23.09.2025 35:50
Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van die enkellopende, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders. Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan? Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet opvoed? Hoe skilder ons 'n mooi beeld van seks binne die huwelik soos God dit geskape het vir ons kin...
Menslike Seksualiteit: Herstel (deel 3) - Bekering en huweliksrolle 16.09.2025 35:11
Wat is die verskil tussen iemand wat teen seksuele sonde stry en iemand wat volhard in hul sonde? Kan mense wat in hul onheilige begeertes en seksuele sondes volhard, en hulle nie tot God bekeer nie, dan nie salig word nie? Wat is in ware bekering van alle seksuele sonde betrokke? Hoe moet mans daarna streef om hul vroue lief te hê en hul te eer? Hoe moet vrouens daarna streef om hul mans...
Perspektief: Augustus 2025 02.09.2025 37:22
Scriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure wat uitgestaan het, en vir baie mense 'n struikelblok kan wees in hul geloof, oortuigings en lewens. Trump is van mening dat hy hemel toe kan gaan as hy net genoeg mense kan red. Suid-Afrikaners dobbel miljoene rande weg. Kunsmatige Intelligensie word ingespan om sielkundige terapie te lewe, en 'n soort jesus figuur vir soekendes te voor te...
Menslike Seksualiteit: Herstel Deel 2 - Pornografie se vernietigende mag 26.08.2025 35:52
Wat is pornografie? Wat is die aard van die verslawing? Wat is die gevare en die effek van onsedelikheid op mense en verhoudings? Hoe hou dit verband met afgodery, ledigheid en onreinheid buite die huwelik? Hoe stry ons die stryd teen onsedelikheid, pornografie en homeseksualiteit ens ...?
Menslike Seksualiteit: Herstel – Struikel, bekering en heiligmaking 19.08.2025 34:27
Wat moet ons doen met ons eie sondige seksuele begeertes en sondes? Het gelowiges ook 'n stryd met seksuele sonde? Is seksuele sonde groter as ander sonde? Hoe lyk die pad van herstel vir die gelowige wat sukkel met seksuele sonde? Is dit 'n stryd van bekering, of bly ons nou maar vasgevang in sonde? Wat moet die houding van die kerk wees teenoor christene wat stry teen seksuele sonde? Wat is di...
Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal? 12.08.2025 28:00
Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal? Hoekom gebruik ons die sakrament? Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee? As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie, hoe is Christus dan teenwoordig tydens die nagmaal? Hoe verdedig ons hierdie waarheid uit die Woord...
Perspektief: Julie 2025 05.08.2025 32:43
Die Boland Rugby Unie hou 'n publieke gebedsdiens op 'n Sondag voor die wedstryd. Die Maryland hofuitspraak verbied die LGBTQ+ beweging om hul agenda op skoolkinders af te forseer. SA Raad vir Kerke steun op die Wêreldraad van Kerke in hul anti-korrupsie konferensie.
Menslike Seksualiteit: Verlossing - die evangelie bring bevryding 29.07.2025 35:00
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
Menslike Seksualiteit: Sondeval Deel 2 – Begeertes, versoeking en veroordeling 22.07.2025 29:15
Wat motiveer ons begeertes? Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die begeertes wat teen Sy wet is, of net die daadwerklike oortreding van Sy wet? Is onrein gedagtes sonde,...
Menslike Seksualiteit - Sondeval – Die oorsprong van seksuele gebrokenheid 01.07.2025 30:26
Wat is die oorsprong van ons seksuele gebrokenheid? Het God ons goed of sleg geskape, en was daar fout in Sy skeppingsorde? Wat was die toestand van Adam en Eva se harte voor hul sonde? Wat was die leuen van die slang in die tuin van Eden, en hoe het dit ons menslike hart verwring? Waar kom die begrip van radikale verdorwenheid vandaan? Hoe diep en wyd is ons sonde na die sondeval? Hoe ver i...
Menslike Seksualiteit: Skepping (Deel 3) - Die huwelik en God se oorspronklike ontwerp 24.06.2025 34:16
Wie het die huwelik ingestel en bepaal die orde daarvan? Wanneer en hoekom het God dit as lewenslange, monogame verbondsverhouding geheilig? Waar pas die seksuele verhouding in sodat dit God verheerlik? Waarom is die Here so ernstig oor egskeiding? Kan ons meer doen om stukkende huwelike in die kerk te herstel?
Menslike Seksualiteit: Skepping deel 2 - Geslagsideologie en Verwarring 17.06.2025 32:46
In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van 'n persoon se geslag, en wat het na die sondeval verkeerd geloop? Kan dit wees dat iemand in die verkeerde lyf gebore is? Wat is die gnost...
Perspektief: Mei 2025 10.06.2025 27:54
Die Scriptura span gesels oor drie temas in vandag se perspektief: Josh Buice, stigter van die G3 Ministries is geskors oor kritiek op ander predikers, poliandrie (meer as een man) en poligamie (meer as een vrou), en die afname van aanddienste en leerdienste in die kerk. Hoekom loop kerke se aand- en leerdienste dood, en hoekom is dit so belangrik?
Menslike Seksualiteit: Skepping Deel 1 - Geslag en beeld van God 03.06.2025 36:56
In episode twee van die nuwe Kategismus vir Menslike Seksualiteit, gesels Scriptura oor die skeppingsdoel en opdrag vir die mens. Die volgende vrae se antwoorde word uiteengesit: Wat is die geslagte waarmee God die mens geskape het? Wat vereis God deur ons na Sy beeld te skep, en ook hoekom het God die mens as man of vrou na Sy beeld geskape?
Luisteraarsvraag: Hoe benader ons Sewendedag Adventiste? 27.05.2025 45:27
Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in Christus, en hoe kan ons hulle in liefde benader?
Menslike Seksualiteit: Troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus 20.05.2025 39:40
Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig? Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade? Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef? Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons 'n nuwe identiteit in Jesus Christus het? Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet?
Perspektief: April 2025 13.05.2025 42:30
Scriptura gesels oor pous Francis se afsterwe en die nuwe pous Leo XIV se verkiesing. Dan word Jean Oosthuizen van Ontlaar se artikel oor radikale bevrydende humaniteit en sy "vryheid" wat wegdeins van rigiede dogmatiese geloof in die hiermaals bespreek.
Nuwe Dissipels: Die laaste dae 06.05.2025 40:23
Wat gebeur met jou as jy doodgaan? Is daar lewe na die dood? Verdien almal om gered te word? Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige? Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit? Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?
Perspektief: Maart 2025 - NK Kerk Namibië 29.04.2025 50:55
Scriptura voer 'n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van NG Namibië uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit, homoseksuele huwelike, humanistiese invloed en die "woke" beweging wat al vanaf 2002 die sinode besluit...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.