scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Nuwe Dissipels: Gebed 22.04.2025

Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed?  Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hoof fokus van gesprek met God eintlik?  

Nuwe Dissipels: Die Bybel is die Woord van God 15.04.2025

Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe?  Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?

Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk 08.04.2025

"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....".  Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om 'n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gem...

Nuwe gelowiges: Wedergeboorte 25.03.2025

Wat kom eerste:  geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf?  Wat is die manier waarop ons wedergebore word?  Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik?  Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry m...

Perspektief: Februarie 2025 11.03.2025

Christene word gruwelik gemartel en vermoor  in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien.  Hul vervolging is skrikwekkend!  Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet?  Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie.   Watter verbintenis is daar...

Nuwe Dissipels: Glo die Evangelie 25.02.2025

Wat (of wie) is die evangelie, en waarvan (van wie) red God ons? Het jy iets om by te dra tot jou redding?  As jy die evangelie glo;  wat presies moet jy glo?  Is geloof kopkennis of 'n gevoel? Hang jou verlossing van jou keuse af?  Wat is heiligmaking?

Nuwe Dissipels: Wie is ek? 18.02.2025

Waarin vind ons kennis van onsself as mens? Wat beteken dit om na die beeld van God geskape te wees? Wat is totale verdorwenheid? Drie aspekte is onder bespreking om nuwe gelowiges se basiese kennis van wie ons as mens is voor God die Skepper.  Wat het by die skepping gebeur? Wat het fout gegaan kort na die skepping?  Hoe is dit moontlik om die mens se verhouding met God te herstel?

Nuwe Dissipels: Wie is God - Drie-eenheid 11.02.2025

Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar?  Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid?  Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God? 

Perspektief: Januarie 2025 04.02.2025

Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding 'n bybelse basis?  Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles? Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, 'n teologiese oproep met 'n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, b...

Nuwe Dissipels: Wie is God? 28.01.2025

Hoe openbaar God homself aan ons? Het God beheer oor alles in die skepping? Wie is die drie persone in die Godheid en hoe kan ons dit verstaan?  Kan God ooit onder verdenking wees, en waaruit vloei Sy geregtigheid?  Hoekom vind ons troos in God se oordeel en in Sy genade?

Nuwe Dissipels: Wat is 'n christen? 21.01.2025

Daar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise  opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie.  Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die christelike geloof.  Wat is daardie kernsake van die christelike geloof volge...

Perspektief: November 2024 03.12.2024

Heinz Winckler en sy vrou se vrystelling van hul konserwatiewe huwelikshandleidings by die Breytenbach Sentrum veroorsaak 'n bohaai.  Hoekom daal die Gereformeerde kerk se lidmaatsyfer? Is dit immigrasie, of dat mense minder kinders kry, of word die evangelie boodskdap afgewater?  Hoekom gaan gereformeerdes na ongereformeerde kerke? Het ons "nuwe idees" nodig om lidmate te trek?  Wat is die Antioc...

Die weg van almal op aarde: Ewige heerlikheid 26.11.2024

Hoe moet ons dink oor die ewige heerlikheid? Wie is die begin en die lewe? Wie is die voleinder van ons geloof? Jesus self is ons grootste skat en beloning, en ons kan met vrymoedigheid na die belonings en Sy ewige teenwoordigheid uitsien.

Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aarde 12.11.2024

Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan?  Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind?  Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?

Perspektief: Oktober 2024 05.11.2024

Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.

Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel 29.10.2024

Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige  Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus?  Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak...

Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooies 22.10.2024

"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is."  1 Johannes 3:2.  Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit  met gelowiges en ongelowiges gebeur?  Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?  

Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die dood 15.10.2024

Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan  my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?

Perspektief: September 2024 08.10.2024

Scriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar?  Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning...

Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaan 01.10.2024

Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God?  Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan?  Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem?  Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons?  Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie 'n intelligente Opperwese...

Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood 24.09.2024

Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood?  Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus.  Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinde...

Die weg van almal op aarde: Wanopvattings oor die dood 17.09.2024

Waar die woord van God nie gepredik word nie, neem mense verskillende wanopvattings as waarheid aan, en leef steeds in vrees vir die dood.  "Ware troos verg waarheid",  sê Nikolaas Pienaar. Verskuif ons ons vertroue na geliefdes wat afgesterf het, omdat ons wanopvattings het oor waar hulle siele heengaan na hulle afsterwe?  Treur ons soms soos mense wat nie hoop het nie, omdat ons nie bybelse insi...

Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg 10.09.2024

Gereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media.  Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif.  Die Bybelse stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld:   Christus.  Is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en di...

Die weg van almal op aarde: 'n Reeks oor die dood 27.08.2024

Elkeen van ons het een of ander tyd 'n ervaring met geliefdes wat sterf, en almal van ons gaan ook eendag sterf. Die dood het gekom as gevolg van die mens se sonde, maar is dit die einde van die gelowige se lewe?  Sal ons 'n vervloekte dood sterf, of 'n geseënde een? En hoe leef ons as sterwendes op aarde?

Berading: Die rol van die ouderling en predikant 20.08.2024

Waar moet berading in werklikheid begin en wie is getaak daarmee, en geroep daartoe?  Is die kerk bekwaam as lewende liggaam om gelowiges te bemoedig en te beraad?  Wat is die roeping van ouderling of herder in die gemeente, en hoe kan ouderlinge berading gehoorsaam aanbied in hul daaglikse kontak met gelowiges? Is berading net bemoediging of is dit die weerlegging van dwaling, bestraffing van die...

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.