scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Perspektief: Julie 2024 06.08.2024 35:51
Psalm 2:2 "Die konings van die aarde neem stelling in en die heersers span saam teen die Here en sy gesalfde..." Aspekte op die tafel wat in Julie 2024 gebeur het is eerstens die godslasterlike opening van die Olimpiese Spele 2024 - of was dit die pantion van die gode? Tweedens - die slypmoord poging op Donald Trump. Is dit 'n profetiese teken? Derdens, die regering van nasionale eenheid. Is pr...
Luisteraarsvraag: Lotery versus mediese fonds 30.07.2024 20:48
Hoe verskil 'n mediese fonds van die lotery, en is daar enige ooreenkomste? Plaas ons nie dalk ons hoop op iets anders in plaas van God, as ons aan 'n mediese fonds behoort nie? Is lidmaatskap by 'n mediese fonds nie 'n ontkenning van God se soewereine wil oor ons gesondheid nie?
Berading: Medegelowiges wat beraad 23.07.2024 41:51
Berading in sy eenvoudigste vorm is die bediening van God se genade aan iemand in nood. Bybelse berading ontken nie algemene genade soos medisyne vir sielkundige of psigiatriese siektes nie, maar wys ook na God vir die heelingsproses. Hoe kan gelowige vriende vir ons sielkundige of emosionele berading bied? Hoe onderskei ons tussen goeie en slegte raad van vriende? Het ons nog ruimte en tyd in...
Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking 16.07.2024 33:51
Die erediens is een van die belangrikste instrumente in God se hand om genesing vir Sy kinders te bewerk. Wat is die rol van die plaaslike gemeente en bybelse berading in die lewe van die lidmate? Hoe kan en moet die liggaam van Christus funksioneer om sielkundige leiding en ondersteuning te bied? Leef ons bewustelik en gehoorsaam onder bybelse prediking in die gemeenskap van die heiliges? Vertr...
Berading - die kerk en sielkundiges 09.07.2024 43:46
Scriptura kyk met deernis na die groot nood wat bestaan om mense geestelik en sielkundig te help. Wat is die antwoord in gereformeerde kringe as christene berading of sielkundige hulp nodig het? Is die kerk nog die plek waar christene aanklop vir berading of sielkundige hulp? Hoe het die keuse om bybelse berading teenoor sielkundige terapie ontstaan, en hoe het die landskap van bybelse berading...
Perspektief: Junie 2024 - Vervolging van christene en die seks expo 01.07.2024 39:14
Dink ons en bid ons vir christene in vervolgde lande? Martelare is immers ons broers in die geloof, en ons behoort hulle in gebed te onderskraag. Hoe moet ons hulle aanmoedig in hul dapperheid om die evangelie steeds onverskrokke te verkondig? Is die kerk nog gereed met 'n apologetiese antwoord vir die uitdagings van ons tyd. En is ons gereed vir die bedreiging van christelike verdrukking in ons e...
Huweliksvoorbereiding: Beloftes vir ons Huwelik 25.06.2024 38:34
Waarvan getuig die beloftes wat saamgevat word in die huweliksformulier? Voor wie en waar word die huwelik gesluit? Wat beteken dit om trou aan mekaar te sweer voor die lewende God? Hoe lyk die gereformeerde skrifbeginsels van die huwelik tussen gelowiges? Die gemeente in jul kerk is ooggetuies van die heilige bevestiging en verbinding aan mekaar. Is dit 'n individualistiese, romantiese funksi...
Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees 18.06.2024 44:31
Wat beteken dit om een van vlees te wees met jou huweliksmaat? Hoe moet die familie en die kerk hulself posisioneer rondom voornemende huweliksmaats en jong getroude egpare? Kan jy as man trou voordat jy geestelik en finansieël volwasse en gereed is daarvoor om die leiding in jou huwelik op te neem soos God dit wil hê? En kan jy as vrou in die huwelik met jou man tree alvorens jy geestelik en em...
Perspektief: Mei 2024 11.06.2024 37:07
Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is: politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe. Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap? Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is? Waaraan word sukses gemeet? Is wêrelds...
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou 03.06.2024 43:34
Wie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou? As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus? Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie? Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat...
Huweliksvoorbereiding: Hoe begin ons die verhouding reg? 28.05.2024 33:24
Waar kom die huwelik vandaan, en wie is die outeur daarvan? Hoekom nie met 'n ongelowige trou nie? Dien jou aanstaande huweliksmaat die Here of nie? Is jou huidige lewensstyl bepalend van hoe jy in jou huwelik gaan leef? Is die troudagtradisies en sosiale invloed van die sekulêre wêreld belangrik vir die christen, of is geloof in God en 'n bybelse visie van die huwelik die bepalende faktore van...
1 Timoteus 2 vir vandag 21.05.2024 42:55
Wat is 1 Timoteus 2:1-15 se toepassing vir vandag? Is God se woord relevant vir alle tye en alle mense? Hoe is die opdragte van Paulus aan die Efese geanker aan die skeppingsopdrag? Moet ons bid vir 'n heidense regering? Wat is die roeping vir die mans, en wat is die opdragte vir die vroue?
Hemelvaart 14.05.2024 30:41
Watter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons? Wie is ons voorspraak by die Vader? Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer? Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby? Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul? Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe? Watter impak het die wete dat jy deel i...
Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis 07.05.2024 28:14
Hoekom bely ons sonde? Word net sonde wat bely word vergewe? Hang ons redding van sondebelydenis af? Wat van onwetende sonde? Het Christus dan nie die volle prys betaal nie? Besef ons wat sonde werklik is? Is daar 'n onderskeid tussen wedergeboorte en daaglikse bekering van sonde? Wat het sondebelydenis met aanbidding te doen? Wat as die ander persoon nie wil vergewe nie? Weet ons self waarvan ons...
Perspektief: April 2024 - Konferensies 30.04.2024 33:19
Wat is die voor- en nadele van teologiese konferensies? Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit? Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die...
Pastoraal: Woede 23.04.2024 30:10
Is daar 'n onderskeid tussen goeie woede en sondige vorme van woede? Kan woede dan nog goed wees, en hoe lyk die sondige vorme van woede? Is kwaadword 'n sonde opsig self? Hoe gemaak met hoë frustrasies, baie stres, 'n tekort aan selfbeheersing en emosionele selfregulasie, en negatiewe gedragspatrone? Is my woede geregverdig in die lig van wie Christus is?
Pastoraal: Werke van die bose 16.04.2024 34:51
Na aanleiding van 'n luisteraar se vraag: Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes? Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting? Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke? Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word? Wat is die fout met sogen...
Pastoraal: Psigopatie 09.04.2024 39:06
Wat is 'n psigopaat? Hoe verskil dit van narsisisme en sosiopatie? Hoe word psigopatie geklassifiseer? Is dit boosheid of 'n siekte? Hoe kan ons bybels sin maak van hierdie super manipulerende gedrag van psigopate is, of gediagnoseer is met persoonlikheidsversteurings? Kan psigopate ook verantwoordelikheid vir hulle sonde neem? Kan 'n psigopaat gered word? Word sonde as mediese siektes geklassifis...
Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies 02.04.2024 35:04
Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal. Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg? Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring". Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie e...
Pastoraal: Verslaaf aan pornografie 26.03.2024 32:48
Is pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein? Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies? Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef? Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir...
Pastoraal: Verwaandheid 19.03.2024 37:31
Hoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme? Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs? Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God? Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder." In wie vind ons ons waarde? Gebruik God lyding en beproewing o...
Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd? 12.03.2024 43:27
Wie was die eerste kerkvaders? Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan? Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan? Semper Reformanda - hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God.
Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15 05.03.2024 35:30
Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is." Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog 'n sondaar toe...
Perspektief: Februarie 2024 27.02.2024 37:25
Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelyde...
Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20 20.02.2024 30:03
"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, wa...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.