scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15 13.02.2024

Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15?  Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien?  Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is?  Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees?  Wie het die gawe van genesing?  Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?

Wat sê die vers? Markus 16:16 06.02.2024

Markus 16:16:  "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."  Is mens gered omdat jy gedoop is?  Moet jy gedoop word voordat jy gered kan word?  Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik?  Wat hou die gereformeerde leer voor oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee?  Hoekom doop ons kinders as geloof 'n vereiste tot reddi...

Perspektief: Januarie 2024 30.01.2024

Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.

Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14 23.01.2024

"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik."   Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom?   Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het?  Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament?  Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders?   Kan ons God se soewereine wil ontduik?   Verbonds...

Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk 16.01.2024

Hoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk?  Is daar 'n geldige onderskeid te tref?  Waarom is daar 'n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies?  Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk?  Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikh...

'n Nuwe jaar vir Scriptura 09.01.2024

Wie en wat is Scriptura, en wat lê vir ons voor vir 2024?  Waarom die informele aanlyn ontmoetings oor wat in die Bybel staan, en wat die gereformeerde leer inhou?  Wat is die rol van Scriptura in die Afrikaanse gemeenskap en in die plaaslike kerk?  Wat is die hooffokus van die bediening en watter antwoorde hou die Skrif vir ons voor in die tyd en omstandighede waarin ons leef?  Het Scriptura antw...

Die Tien Gebooie - Wet en Evangelie 12.12.2023

"Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het."   Watter groot genade!  Die wet spreek reg en geregtigheid. Wat is die verhouding tussen wet en evangelie? 

Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod 05.12.2023

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie;  jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid?  Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen? 

Perspektief: November 2022 28.11.2023

Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie.  Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid va...

Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod 21.11.2023

Wat is waarheid?  Wat word in die negende gebod gebied en verbied, en wat is die hart van die gebod?  Hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing?  Hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met ons naaste?   Het ons nog 'n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste?  

Die Tien Gebooie: Die Agtste Gebod 14.11.2023

Waar kry jy alles wat jy besit?  Wat van jou gawes en talente?  Wat beteken die agtste gebod vir ons wie God opreg wil dien?  Watter vorms van steel bestaan daar? Hoe speel dit uit in die samelewing en in jou eie lewe?  Hoe eerlik is ons met ons tyd, geld en aandag, sodat ons die middele tot ons beskikking ook nie misbruik nie?  Wat ontvang ons terug vir ons vrygewigheid en ons offers aan God?  Wa...

Die Tien Gebooie: Die Sewende Gebod 07.11.2023

Waarom is die huwelik heilig, en hoekom is egbreuk sonde?  Hoekom moet ons God met ons liggame dien?  Wat is die regte uitleef van ons seksualiteit?  Hoe kan gelowiges hulself beskerm teen onkuisheid?  Hoe moet ongetroudes hieroor handel en dink?  Vlug weg van onsedelikheid, want jou liggaam is die tempel van God.  Jy is duur gekoop. 

Perspektief: Oktober 2023 30.10.2023

In Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023. 

Die Tien Gebooie: Die Sesde Gebod 24.10.2023

"Jy mag nie moord pleeg nie", is die woorde van die sesde gebod.  Wie gee lewe, en wie bepaal die waarde van die menslike lewe?  Wanneer mag daar dood gemaak word volgens die Skrif? In watter kategorie val aborsie, selfverdediging? Tot watter mate moet ons lewe beskerm en die goeie van ons naaste soek? Is die dood die grootste ellende wat jou kan tref?

Die Tien Gebooie: Die Vyfde Gebod 17.10.2023

Waarom is die vyfde gebod belangrik?  Deur wie wil God jou regeer?  Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid aan gesagstrukture?  Die gebod met 'n belofte het vir diegene wat dit gehoorsaam:   "Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."

Perspektief: September 2023 10.10.2023

Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status,  Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.

Die Tien Gebooie: Die Vierde Gebod 26.09.2023

Wat gee God in Eksodus 20 :9-10 vir ons?  Tyd om te werk en tyd om te rus in Hom.   Ons moet die  sewende dag van die week - die sabbat van ons God -  heilig hou.  Ons is uitgelei uit slawerny, en hoef dus nie slawe van werk te wees nie.  Ons voorspoed hang nie van werk, ondernemings of skool af nie.  Dit is God wat ons onderhou, versorg en voed met Sy woord om die christelike lewe te leef in trou...

Die Tien Gebooie: Die Derde Gebod 19.09.2023

Die ydelike gebruik van die naam van God tas Sy wese direk aan.   Misbruik van God se naam sluit in die betekenislose, onnadenkende gebruik van Sy naam, direkte laster teen God, asook ons stilswye wanneer Sy naam misbruik word.  Slaan ons nog ag daarop as ons dit hoor, en stel ons dit reg of wys ons dit uit in die samelewing?  Of is ons aandadig deur ons stilswye?  Staan ongelowiges skuldig aan hi...

Die Tien Gebooie: Die Tweede Gebod 05.09.2023

Wat verbied God in die tweede gebod? Hoe wil God hê moet ons Hom aanbid en op watter manier? Kan ons dit met of deur enige ander mensgemaakte afbeelding of voorstelling doen?  As ons 'n verkeerde beeld van God het, sal ons Hom gevolglik ook verkeerd aanbid. Hoe reflekteer ons hedendaagse geestelike musiek en "nuwerwetse" gebruike in ons kerke eintlik 'n valse beeld van God?

Perspektief: Augustus 2023 29.08.2023

Scriptura gesels oor twee onderwerpe in Perspektief van Augustus 2023: geslagsneutrale huweliksontwerp en 'n nuwe kategismus van menslike seksualitei. Het die christelike kerk nog bestaansreg in terme van die huweliksbevestiging? Wat is die sentrale werk van die kerk teenoor die staat? Is die hedendaagse kultuur besig om jou en jou kinders te katkiseer volgens hulle oortuigings van menslike seksua...

Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod 22.08.2023

Die hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God.   Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod.  "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.   Dit is die eerste en groot gebod."  En in Eksodus 20 , "  Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak...

Luisteraarsvraag: Kunsmatige Intelligensie 15.08.2023

Met watter wêreldbeskouing benader ons tegnologie en kunsmatige intelligensie? Kan ons God daarmee verheerlik of is dit net sleg?  Scriptura bespreek 'n luisteraar se vraag en stelling oor AI tegnologie net inleidend om sin te maak van die punt waar ons tans daarmee trek. Daar is baie etiese vrae wat voortvloei vanaf tegnologiese ontwikkelings, en dit kan weer in die toekoms hierdie gesprek oopmaa...

Die Tien Gebooie: Die Evangelie van die Wet 08.08.2023

Wat word deur die wet belig?  Plaas die wet 'n ondraaglike las op gelowiges?  Waarin lê ons redding werklik?  Wat moet die gelowige se verhouding tot die wet wees?  In die derde aflewering van die tien gebooie reeks gesels Scriptura oor die evangelie wat ons red, omdat die wet nie kan nie.  

Perspektief: Julie 2023 01.08.2023

In Perspektief gesels Scriptura oor twee films naamlik Sound of Freedom en Barbie, asook oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds.  

Die Tien gebooie: Drievoudige toepassing van die Wet 25.07.2023

Scriptura bespreek in meer diepte die drievoudige toepassing van die wet.  Wat is die verskil tussen die drieledige aard van die wet teenoor die drie toepassings of gebruike van die wet?  Hoe pas ons die wet vandag op ons eie lewens toe?  Wat is die konsekwensies en gevolge van wetteloosheid?  Wat is die etiese kwessies van ons tyd vanweë wetteloosheid in die samelewing?  

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.