scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gebed: Die Amen op ons gebede 16.01.2023

Wat beteken die woord Amen?  Wat is die doel daarvan in ons gebede en waar kom dit vandaan? Kan ek Amen sê as ek nie vashou aan Christus nie?  Hang die verhoring van ons gebede van ons gevoel of geloof af, of liewer van God?  Is Amen 'n magiese woord wat ons gebede beantwoord soos ons dit wil, of rig dit ons na die waarheid wat bo ons menslike gevoel, wil en geloof uitstyg?   Waarin lê  ons sekerh...

Gebed: Die Afsluiting 10.01.2023

Hoe sluit ons die Onse Vader gebed af?   "Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid."   Aan God behoort die koninkryk.   Aan God behoort die krag.   Aan God behoort al die heerlikheid.  Ons bid dit alles van God, omdat Hy as Skepper en Koning, mag oor alles het, en omdat Hy aan ons alle goeie dinge wil en kan gee.  Daarom sal ons Sy heilige naam vir ewig prys...

Gebed: Lei ons nie in die versoeking nie 06.12.2022

Gelowiges is daagliks in 'n geestelike stryd gewikkel teen bose magte in die lug, teen die wêreld en teen die vlees.  Hoe kan ons staande bly?  In die 6de bede, "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose", is eerstens 'n erkenning van wie ons is voor God, en tweedens 'n pleidooi dat ons swak en hulpeloos is sonder die Heilige Gees se krag.   

Perspektief: November 2022 29.11.2022

In Perspektief vandag is drie onderwerpe op die tafel, naamlik:  die onderwysdepartement wil 'n "veilige" ruimte skep vir die LGBTQ+ leerders in publieke skole, diversiteitsopleiding by Hoerskool Vishoek het sterk teenkanting gekry as gevolg van rassisme en godslastering, en buitelandse pastore en predikante gaan nie meer werkspermitte verkry om in Suid-Afrika te werk nie.

Gebed: Vergeef ons ons skulde 15.11.2022

Wat is vergifnis? Hoekom het ons God se vergifnis daagliks nodig? Is christene dan nie reeds vergewe vir hul oortredinge nie?  Sonde kan slegs vergewe word by God as daar boetedoening is, en dit is presies waarom ons volkome vergifnis kan kry deur die kruisdood van Christus.  Ons sonde is vir goed weggeneem.  Christus het die volle prys vir ons sondes betaal met Sy eie lewe, en dus moet ons vanuit...

Perspektief Oktober 2022 01.11.2022
Gebed: Gee ons vandag ons daaglikse brood 25.10.2022

In die vierde bede van die Onse Vader vra ons God om te voorsien in ons daaglikse brood, en erken daarmee dat God die soewereine gewer en die versorger van alles is.  God is immers die enigste bron van alles wat goed is.  Sonder God kan niks lewe nie.  Ons word hierin opgeroep om op Hom te vertrou vir alle gawes, en Hy ag Sy kinders veel belangriker as die res van Sy skepping. Ons is verlos van on...

Luisteraarsvrae: Nagmaal en vroue predikante 18.10.2022

Scriptura antwoord vandag weer twee baie belangrike luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Is die nagmaal as 'n gawe wat God vir Sy kerk gegee het, oop vir almal of slegs vir diegene wat in 'n regte verhouding met God staan, om te verseker dat mense dit nie onverantwoordelik misbruik en 'n oordeel oor hulself bring nie? Mag vroue in die amp van voorganger of predikant dien? Hoe moet vroue van ander ker...

Gebed: Laat U wil geskied ... 11.10.2022

In hierdie sewende episode van Scriptura se gebedsreeks word die derde bede van die Onse Vader bespreek.  Wat beteken dit as ons bid "Laat U wil geskied"?  Waar soek ons die wil van God?  Moet ons onsself verloën om God se wil te vind?  Wat is die Bybelse begrip van ons roeping, en die roeping van die kerk binne die koninkryk van God?  Ons is gered om om sout en lig te wees as individue en as die...

Perspektief: September 2022 04.10.2022

Angus Buchan lei gebedsdae op verskillende plekke en duisende mense woon dit by.  Wat is die agtergrond en die motivering daarvan, en wat is die rede vir die byeenkomste?  Wat openbaar hierdie massa saamtrekke van Suid-Afrikaanse christene?  Daar is massa saamtrekke, sogenaamde tekens en wonderwerke wat mense emosioneel opgesweep laat vir 'n kort rukkie, maar gou weer koud word.  Waar is die werkl...

Gebed: Tweede bede - Laat U koninkryk kom 27.09.2022

God is ons groot Koning. Hy regeer soewerein as Koning van alle ewigheid af, en sal tot in ewigheid regeer. Waarom bid ons dan in die tweede bede van die Onse Vader, "Laat U koninkryk kom"? Hoekom het Jesus self gesê: "... die koninkryk van God is binne in julle"? Hy het vanuit die hemelse koninkryk na die aarde gekom tot by ons, sodat die hart van die gelowige kan deel wees van die koninkryk van...

Gebed: Laat U naam geheilig word 20.09.2022

In die eerste bede van die Onse Vader gebed sien ons dat God se naam heel eerste staan, en dus is hierdie gebed ook in lyn met die eerste gebod van die tien gebooie. Wat beteken dit om te bid "Laat U naam geheilig word"? Hoe openbaar God homself aan ons? Waarom moet juis die naam van God geheilig word? Jesus het God verheerlik, en Hy is self deur God verheerlik. Gelowiges ontvang die genade om God...

Gebed: Ons Vader wat in die hemel is 13.09.2022

"Ons Vader" verwys na 'n persoonlike verhouding met God, maar ook na 'n Vader van 'n geloofsfamilie. God is die liefdevolle Vader van Sy geliefde verbondsvolk. Ons Vader God wil vir gelowiges binne Sy verbondgemeenskap sorg en voorsien soos 'n vader aan sy geliefde kinders. As gelowige verbondskinders van God mag ons na Hom uitroep as ons hemelse Vader. In gebed praat Christene dus met die almagti...

Gebed: Inleiding tot die Onse Vader 06.09.2022

Wie is die god tot wie ons bid? Is ons gebede veronderstel om op ons gevoel te rus, en wat het ons skrifstudie met ons gebede te doen? Gebed kom nie natuurlik vir die mens nie. Daarom is die vraag: hoe lyk die model gebed? Die derde episode van Scriptura se gebedsreeks kyk na die inleiding tot Onse Vader deur middel van die Heidelbergse Kategismus. Jesus het self baie gebid, hoeveel te meer nie on...

Perspektief: Augustus 2022 30.08.2022

Scriptura bespreek twee baie ernstige sake van die afgelope tyd op hierdie perspektief episode van Augustus 2022, naamlik Noordwes Universiteit Potschefstroom kampus se geslagsbewustheidsweek en verrigtinge in terme van geslagtelikheid en "diversiteit". En tweedens, die groot pornografie krisis wat Suid-Afrika nou in die gesig staar waarin kinders so jonk soos vyf jaar alreeds vir pornografieversl...

Gebed: Hoe en wat bid ons? 23.08.2022

Gebed episode 2: Hoe en wat bid ons? God eis gebed van ons, omdat Hy ons die Heilige Gees en alle goeie dinge wil gee. Thomas Watson het gesê: "Prayer, as it comes from the saint, is weak and languid but when the arrow of a saint's prayer is put into the bow of Christ's intercession, it pierces the throne of grace."

Luisteraarsvraag: Praktiese wenke vir Evangelisasie 16.08.2022

Vandag se luisteraarsvraag: "Hoe kan jy plaaslik evangelisasie doen? Veral op soek na praktiese hulp en raad vir lidmate en predikante."  Die Scriptura span antwoord die vraag deur twee maniere van evangelisasie te bespreek, naamlik organiese en georganiseerde evangelisasie.

Gebed: Waarom bid ons? 09.08.2022

Waarom bid ons? Wat is die hart van gebed? Is ons afhanklik van gebed tot God? Het ons gebed nodig, en hoekom eis God dit van ons? Antwoord God altyd ons gebede? Waar pas die geloof van gelowiges se gebede tot God in? Hoe vra ons volgens God se wil? Gebruik God gebed as 'n middel in Sy almag? Gebed is 'n opdrag, 'n genademiddel, 'n vertroosting, 'n danksegging en 'n absolute noodsaaklikheid vir di...

Ons hoop in Christus: Die Here het medelye met ons 02.08.2022

Waarin lê ons hoop wanneer ons versoeking, smart en seerkry beleef? Wie op aarde of in die hemel het alle denkbare pyn, vernedering en marteling reeds ervaar? Net ons hoëpriester, Jesus Christus, kan volkome medelye, simpatie en empatie met die pyn van Sy kinders op aarde hê, omdat Hy dit self beleef en verdra het. En meer nog, omdat Hy sonde en dood, sonder om self te sondig, oorwin het aan die k...

Perspektief: Julie 2022 25.07.2022

Scriptura bespreek die bekering van oud satanis, Riaan Swiegelaar, voormalige medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika. In 'n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig 'n vreemde jesus en 'n soort "li...

Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede 19.07.2022

Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur on...

Ons hoop in Christus: Die Here is 'n rots in ons lewensstorms 12.07.2022

Die Here is ons Rots en veilige vesting by wie ons altyd kan skuil in alle omstandighede, maar ook in die storms van ons lewe, want Hy is getrou. Psalm 61 is 'n klaaglied van David waarin hy die Here smeek om Hom te lei en te beskerm terwyl hy in nood verkeer, wegkruip en vlug vir sy vyande. Ons mag uitroep na God in ons vrees en benoudheid net soos David, en God gee ons die beskerming wat Hy regd...

Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer 05.07.2022

Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van 'n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt in...

Perspektief: Junie 2022 27.06.2022

Scriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.

Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here 21.06.2022

Ons hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here.  Die Here is vir ons 'n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid.  Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui "Hoop op...

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.