scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Luisteraarsvrae: rekenskap? letterlik of figuurlik? JHWH en Jehova? 27.07.2018

Die vrae wat ons op hierdie episode antwoord gaan oor rekenskap en vergifnis, letterlike en figuurlike verklarings & die naam JHWH en Jehova. Stuur gerus jou vrae via ons webblad. Skryf asb. ook 'n resensie en evalueer die podsending op iTunes!

Demonologie (met prof. Flip Buys) 13.07.2018

In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere: Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer? Kan 'n gelowige deur 'n demoon "in besit geneem word"? Hoe hanteer 'n mens gelowig-Bybels 'n manifestasie? Moet ons demone bind en uitdryf? Kan die duiwel ons gedagtes lees?

3Minute1Woord | DAG VAN DIE HERE 02.07.2018

Die sogenaamde "Dag van die Here" is 'n konsep wat ons in die Ou-Testamentiese profete vind (o.a. Mal. 4:5, Am. 5:18,20, Sef. 1-3). Ons lees ook daarvan in die Nuwe-Testament (o.a. 1 Kor. 5:5, 1 Thess. 5:2, Hand. 2:20).   Kom ons kyk kortliks na die volgende asptekte van hierdie Dag: wat is die dag van die Here? wanneer is die dag van die Here?

Mense "rasse" 29.06.2018

Hoeveel mens-rasse is daar? Tien...honderd...duisende? Of is ons almal een ras? Pieter le Roux van CMI ( www.creation.com ) verduidelik waar kom al die mense rasse vandaan en hoekom die Here Eva uit Adam se ribbebeen gemaak het.

3Minute1Woord | DIE OORBLYFSEL 18.06.2018

SHA'AR| {afr} oorblyfsel {eng} remnant Soos in Sefanja 2   iTunes TuneIn Stitcher

Genesis: Grondslag van die Evangelie 15.06.2018

Is die vrae rondom die skepping belangrik? Moet ons nie net "fokus op Jesus" nie? Hierdie episode wys hoe dit noodsaaklik is om Genesis as waar te aanvaar. Die hele Evangelie verkrummel, as ons nie Genesis glo nie!   KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

3Minute1Woord | WANDEL DEUR DIE GEES 04.06.2018

STOICHEO| {afr} in pas bly {eng} keep in step  Soos in Galasiërs 5:25 WAT IS DIE WOORD, KONSEP OF VERS WAAROOR JY WONDER? Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

Bybelse Bekering 01.06.2018

Waar kom bekering nou eintlik vandaan?  Hoe verstaan ek dit en hoe werk dit regtig?  Wat is die kenmerke wat ons daarvan in die skrif vind?  Hoekom is bekering noodsaaklik vir die mens?  Wat doen sonde aan ons, aan God en ons verhouding met God?  Kan ek myself bekeer, en is dit iets wat ek self beheer?  Hoekom is bekering 'n groot genade? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.z...

3Minute1Woord | BEKERING 21.05.2018

NAHAM / SHUB / METANOIA | {afr} bekering {eng} repentance Soos in o.a. 2 Korintiërs 7:10 OR WATER WOORD, KONSEP OF VERS WONDER JY?: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

3Minute1Woord | BEELD VAN GOD 18.05.2018

TSELEM | {afr} beeld {eng} image Soos in: Genesis 1:27 WAT IS DIE WOORD/KONSEP/VERS WAAROOR JY WONDER?: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com    LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

Deel van die plaaslike kerk (deel 2) 18.05.2018

Hierdie is die tweede deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die meer praktiese aspekte van die plaaslike kerk, soos: by watter kerk moet ek my aansluit? En as ek dan aangesluit het, wat moet ek daar gaan doen? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptu...

Deel van die plaaslike kerk 04.05.2018

Hierdie is die eerste deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die grondliggende Skrifgegewens oor wat die Kerk is en wat God oor die Kerk openbaar.  KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Vir 'n forum en bonusmateriaal, sluit aan by die Slack-gemeenskap: https://goo.gl/8xjFpn     LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

3Minute1Woord | SKEP 23.04.2018

BARA | {afr} skep {eng} create Soos in: Genesis 1:1 e.v.   WAT IS JOU WOORD/KONSEP/VERS WAAROOR JY WONDER?: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer):  https://scripturaforum.slack.com     LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

Hoekom sing ons Psalms? 20.04.2018

Ons gesels oor die twee aspekte van hierdie vraag:   (1) Hoekom sing Christene in tye van aanbidding? (2) Hoekom juis Psalms sing?    Om die vrae te beantwoord kyk ons na Efesiërs 5:18,19 & Kolossense 3:16, wat Augustinus, Luther & Calvyn oor die Psalms sê en uiteindelik wat die plek van Psalms in ons aanbidding het.   BRONNE WAARUIT AANGEHAAL IS: Prof. VE d'Assonville se: -Die Psalmboek as ons Re...

7 kenmerke van iemand wat vir die Here lief is 06.04.2018

Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat vir die Here lief is.   Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van die uitverkorenes te wandel. So 'n persoon vertoon op die ou end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:   1.  Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is en mens geword  het. 2.  Hy hou die Here se wette en het berou en bekering teen sy eie  swakhede...

Wie is my naaste? 23.03.2018

'n Vraag wat soms te min aandag verdien is: "wie is my naaste nou eintlik?" Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord: (1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig (2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? (3) Luk. 10:37| En h...

Hebrew Roots 09.03.2018

(1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) - hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is? (2) Wat is die ideologie - wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan? (3) Die Bybel en die HR beweging (4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle? KONTAK: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer):  https://scrip...

Mattheus 5. Honger en dors 23.02.2018

Skrifoordenking uit Mattheus 5 oor die Ewige, Hemelse Brood en die ewige honger en dors, daarsonder. 

Spreek Lewe?! 16.02.2018

Al ooit gehoor hoe iemand sê: "spreek net die goeie oor jou uit!" ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie "dood" spreek nie, maar "lewe"? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif. KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https:...

Radio Scriptura se visie en missie 09.02.2018

Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef. KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://go...

Isolasie en geheimhouding na trauma 02.02.2018

Ons gesels o.a. met 'n maatskaplike werkster oor 'n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na 'n traumatiese gebeurtenis - is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma? 

Hoe loop mens die pad van heiligmaking? 26.01.2018

Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: "Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus maar daarna...hoe loop 'n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige se werk of het ek as mens 'n rol om te speel?"   KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HI...

Galasiërs 1. Vervalste nuus is slegte nuus 05.01.2018

Ons word in Galasiërs 1 indringend gewaarsku om nie deur watter rede ook al na 'n valse evangelie verlok te word nie. Enige ander boodskap - wat Christus NIE in die sentrum plaas nie, of wat Christus PLUS verkondig, is nie goeie nuus nie.

Kersfees? 22.12.2017

Luisteraarsvraag: "Is Kersfees nie ook maar 'n heidense fees, soos Halloween nie?" KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

Geloftedag? 14.12.2017

Luisteraarsvraag: "Iets waarmee ek al jare lank worstel is die Bloedrivier gelofte...Ek voel aan dat die teologie agter die gelofte gebroke is...en as't ware 'n nasionale dwaling geword het"

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.