scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Verlossing van myself 08.12.2017 10:22
Hierdie is deel 3 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Wat is die groot verskil tussen die Charismatiese leer en die Gereformeerde leer, wat uiteindelik tot Jaco de Beer se bekering gelei het? In hierdie episode is daar ook 'n boodskap wat hy as ex-charismaat rig aan Charismatiese luisteraars
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Visioene, Profesie & Tale 01.12.2017 9:06
Hierdie is deel 2 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Is visioene, profesieë en die tipe belewenisse in die Charismatiese Kerk eg, of is dit alles mense se verbeelding? Hoe ervaar mense hierdie "bonatuurlike" belewenisse?
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Soeke na God 24.11.2017 18:24
Hierdie is deel 1 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.
Mag ons met die Here onderhandel? 10.11.2017 20:32
Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: "Here, as U...dan sal ek..." Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?
Esra 3.Hoe kan ek dankbaar aanbid? 07.11.2017 5:48
Esra 3 wys o.a dankbare aanbidding is nie noodwendig net die teenwoordigheid van emosie nie. Dankbare aanbidding van die Here is gehoorsaamheid, lofprysing en blydskap oor Sy goedheid vandag!
Soli Deo Gloria 31.10.2017 19:49
Die vyf solae: SOLI DEO GLORIA Dit is die laaste episode in 'n kort Reformasie-reeks - alles gaan oor God se eer! In hierdie episode gesels ons oor wat dit beteken in ons lewens van elke dag
Solus Christus 30.10.2017 5:54
Die vyf solae: SOLUS CHRISTUS. Jan-Louis Lee verduidelik wat "Christus alleen" in die Skrif beteken
Sola Scriptura 29.10.2017 12:40
Die vyf solae: SOLA SCRIPTURA. Marnix Boersema verduidelik wat "die Skrif alleen" beteken
Sola Fide 28.10.2017 7:56
Die vyf solae: SOLA FIDE. Zak Scholtz verduidelik wat "geloof alleen" in die Skrif beteken
Sola Gratia 27.10.2017 11:24
Die vyf solae: SOLA GRATIA. Gerhard van Rhyn verduidelik wat "genade alleen" in die Skrif beteken
Halloween? 20.10.2017 24:35
Halloween - waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?
Lukas 24. Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien 13.10.2017 5:25
Skrifoordenking uit Lukas 24 deur Gerhard van Rhyn - Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien!
Gebed: wat, waarom, waaroor 06.10.2017 30:23
Wat is gebed? Hoekom moet ons bid? Waaroor moet ons bid?
Jeremia 19. God staan nie terug vir paaiboelies nie! 02.10.2017 10:04
Satan gebruik boelie-taktieke om mense van God se waarheid af te skrik
Johannes 20. Glo is sien! 26.09.2017 8:11
Sien is glo? Nee - glo is sien! Skrifoordenking uit Johannes 20
Moet ons iets of iemand salf? 25.09.2017 14:47
MOET EK IETS OF IEMAND SALF? Wat en waarom was daar salwing in die Ou Testament? Wie het Jesus gesalf, en deel christene in Sy salwing? Wanneer word ons met die Heilige Gees gesalf? Wat beteken salwing? Trek salwing jou aandag van die ware evangelie af en plaas dit op jou eie geloofswerke (bygelowe)? Wees gerus gelowige, want as jy gered is, hoef jy nooit weer vir enige rede gesalf te word n...
Hoe moet ek die Bybel lees? 22.09.2017 17:38
Deel 2 van 2. Praktiese toepassing: Hoe moet ek die Bybel lees?
Numeri 6. Die seën van die Here 11.09.2017 3:36
Numeri 6: 'n Oordenking oor die "seën van die Here".
Hoe moet ek die Bybel lees? 08.09.2017 18:39
Deel 1 van 2. Die beginsels van Bybellees
Evangelisasie op sosiale media 23.08.2017 16:49
Christene se deelname en teenwoordigheid op sosiale media.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.