scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Luisteraarsvraag: Emigreer? 26.03.2019

In die episode antwoord ons 'n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand? Ons kyk na verskillende motiverings vir emigrasie en beoordeel dit op grond van die Skrif. Wat vra die Here van ons in hierdie situasie? Hoe leef ons met 'n Koninkryks-perspektief?

Enkellopendheid 20.03.2019

Hierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na 'n lewensmaat, of miskien is jy 'n weduwee/wewenaar. Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by 'n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet... Of jou in jou eensaamheid los...  In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendhe...

Die Huwelik: Geslagskwessies 12.03.2019

Ons glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou.  Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is "geslagskwessies", met 'n fokus op homoseksualiteit. 

Die Huwelik: Intimiteit 05.03.2019

"Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees" Gen 2:24. In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit 'n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie. Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons da...

Perspektief: Februarie 2019 26.02.2019

Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika. 

Die Huwelik: Huwelik in krisis 19.02.2019

Hierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur... Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?

Die Huwelik: Rol van die vrou 12.02.2019

In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle. Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se "onderdanigheid" en dat sy 'n "hulp" is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).

Perspektief: Januarie 2019 05.02.2019

Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief. In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".

Perspektief: Trailer 02.02.2019

'n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program "Perspektief".

Die Huwelik: Rol van die man 29.01.2019

Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.  Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se "baas"?  In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik - met 'n spesifieke fokus op die rol van die man. 

Die Huwelik (1): Bybelse begronding 22.01.2019

Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik.  Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.

Episode 0 09.01.2019

Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel. In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief! 

Verassing 23.11.2018

Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit 'n Christelike perspektief.

New Apostolic Reformation 09.11.2018

In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit 'n Reformasie? Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse "It's Time" geleentheid van oom Angus.    

Gawes van die Heilige Gees 26.10.2018

Die gawes van die Heilige Gees is 'n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!   In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.    

New Age 12.10.2018

Die New Age Beweging is nie 'n godsdiens of instansie nie, maar 'n "nuwe manier van dink". "New Agers" soek na spiritualiteit, maar wil hulself nie onder die gesag van die Woord onderwerp nie. Die beweging is nie beperk tot 'n spesifieke geloof of denominasie nie, maar infiltreer alles om ons: Gemeentes, boeke, media ens. In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al 'n ou...

Riglyne vir gesprekke met Jehova Getuies 28.09.2018

Dalk het jy al 'n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêr...

Romantiese verhoudings met ongelowiges 21.09.2018

Marnix, Jan-Louis en Gerhard gesels oor hierdie moeilik onderwerp: is dit goed (is dit reg?) vir 'n gelowige om 'n romantiese verhouding met 'n ongelowige te begin? Hierdie is 'n baie moeilike onderwerp, juis omdat dit so emosioneel is. Daar is ook heelwat probleme hieraan verbonde en ons besef dit wanneer ons hieroor gesels. Hierdie episode vorm net eers 'n basis, 'n Bybelse grondslag vir verdere...

3Minute1Woord | DISSIPEL 10.09.2018

Luister hierdie 3 minute episode vir 'n verduideliking van die woord "dissipel", hoe dit verskil van "apostel" en wat dissipelskap beteken.

"Jy mag nie oordeel nie?!" 07.09.2018

Ons gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif ons opdrag gee om wél te oordeel, maar nie te veroordeel nie. Ons moet juis oordeel, want ons moet onderskei en Christusgesentreerde besluite neem. Ons moet die waarheid bewaar en bevorder, maar die leuen beveg. As ons nie kan oordeel nie, is ons nie meer aansp...

3Minute1Woord | ONGEVEINSD 27.08.2018

ANYPOKRITOS| {afr} ongeveinsd/opreg {eng} unfeigned Soos in Romeine 12:9

Geestelike Oorlogvoering 24.08.2018

Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor....

3Minute1Woord | SKYNHEILIG 13.08.2018

HYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23   In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat: agter 'n masker lewe dubbel-standaarde handhaaf en liefdeloos en onvolwasse in die geloof is

Moet ons vas? 10.08.2018

Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?

3Minute1Woord | HEERLIKHEID VAN GOD 31.07.2018

KABHOD| {afr} heerlikheid {eng} glory Soos in o.a. Psalm 104

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.