scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie sê die Here is ek? 17.09.2019 31:43
Hierdie is die tweede episode in die reeks oor "Identiteit". Ons vra die vraag: Wie sê die Here is ek?
Wie is ek? 10.09.2019 28:05
Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?" Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: "wie is ek?"
Perspektief: Augustus 2019 03.09.2019 29:19
Dit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme. Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20) Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38) "Laat elke mens hom ond...
Fees-episode: Sola Scriptura 27.08.2019 35:30
Radio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik. Vandag wil ons as't ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: "Sola Scriptura". Alleen die Heilige Skrif. Waar kom die naam "Scriptura" vandaan, hoe het dit ontstaan? 07''30 "Sola Scriptura"...
Bybelse Christenskap: As wêreldbeskouing 20.08.2019 39:52
In hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing. Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
Bybelse Christenskap 13.08.2019 30:25
Ons leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene" Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.
Luisteraarsvrae: Tatoeëring en Orgaanskenking 06.08.2019 34:55
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Die eerste vraag het te make met tatoes/ "piercings", terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan. Tatoes en "Piercings" (2''38) Orgaanskenking (19''32)
Perspektief: Julie 2019 02.08.2019 39:54
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief. Die fokus van hierdie maand se episode is: 01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan 29:11 'n Nuwe huwelikswet vir Suid Afrika
Luisteraarsvrae: Valse Profete en Game of Thrones 23.07.2019 36:52
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraars se vrae: Mag 'n mens na goeie goed van valse leeraars luister? Game of Thrones - behoort Christene na hierdie soort stories te kyk?
Uitbranding 16.07.2019 30:36
Ons gesels in hierdie episode oor uitbranding. Uitbranding is 'n Chroniese- en werkverwante stres. Dit lei dan dikwels tot 'n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waaronder ons verkeer.
Luisteraarsvraag: Israelvisie 09.07.2019 29:14
In hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.
Perspektief: Junie 2019 03.07.2019 48:44
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Junie-maand vanuit 'n Christelike perspektief. Die fokus gebeure van hierdie maand se episode is: -Junie maand: Gay maand (Pride month). Die sistematiese manier waarop ons beinvloed word deur die media. -Die staatsrede / Munisipaliteite wat onderpresteer. Is daar nog hoop vir ons in so 'n land? -Christina Landman se uitlating oor "Fresh Expression" ker...
Gejaagdheid 25.06.2019 34:25
Ons leef in 'n tyd waarvan dit bekend is dat ons lewens meer gejaagd is as bv. die van die generasie voor ons. Dit word selfs in party opsigte 'n "status simbool" as 'n mens kan wys hoe besig jy is, en hoe baie goed jy doen. Die meeste van ons se "tydbegrotings" is dikwels in die rooi, en 24uur is net te min vir alles wat in ons dag moet gebeur. In hierdie episode fokus ons op die konsep van "geja...
Luisteraarsvraag: Lectio Divina 18.06.2019 33:37
In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons as Christene moet praktiseer? Ons kyk na hoe ons as Christene God se woord behoort te gebruik. Minuutmerkers: 4: 08 - Wat is Lectio Divina? 12: 27 - OnBybelse beginsels van Lectio Divina 18:15 - Hoe moet ons as Christene die Skif gebruik?
Finansies: Finansiële stres 11.06.2019 31:44
Hierdie is die twee episode in ons reeks oor Finansies. In die eerste episode het ons gepraat oor "Rentmeesterskap". Kliek hier indien jy dit dalk gemis het. In hierdie episode gesels ons oor finansiële stres - wanneer dit dalk minder goed gaan met jou finansiële posisie. Hoe kry ons dit reg om in sulke omstandighede op die Here te vertrou, sonder om ons eie plig te versuim? Watter hoop en uitko...
Perspektief: Mei 2019 04.06.2019 47:12
Mei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: -Star Wars Produksie-vervaardiger wat 'n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40) -Disney se "gay parade" wat begin Junie afgespeel het (12:55) -Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)
Finansies: Rentmeesterskap 28.05.2019 38:17
Ons gee in hierdie episode 'n "teologie van geld" - 'n paar Bybelse beginsels oor geld en hoe ons met ons geld moet omgaan.
Sabbatdag, Rusdag, Ewige Rus 21.05.2019 26:08
In hierdie episode bespreek ons die vierde gebod. Wat is die implikasie van hierdie gebod vir gelowiges vandag? Moet ons Sondae steeds as 'n sabbat hou? Ons kyk eerste na die betekenis en instelling van die Sabbat in die Ou Testament. Daarna bespreek ons die betekenis van die Rusdag vir gelowiges vandag. Laastens kyk ons na die dieper betekenis van die dag - die Ewige Rus wat daar vir die Here se...
Luisteraarsvraag: Verstaan die Bybelse wette 14.05.2019 36:16
In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette. Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.
Luisteraarsvraag: Lotery 07.05.2019 22:15
In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraarsvraag: "Is lotjies trek ("raffles") sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?" Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir 'n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.
Perspektief: April 2019 30.04.2019 35:08
April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50'') Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45'') Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33'')
Pastoraal: Depressie 23.04.2019 35:38
Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly? In hierdie episode bou ons voort op die episode oor " Hopeloosheid " en gesels oor spesifiek oor "Depressie". Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in 'n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie. Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die st...
Pastoraal: Hopeloosheid 16.04.2019 30:25
In hierdie episode grawe ons pastoraal in op die tema van "Hopeloosheid". Dit is iets wat almal een of ander tyd tref! Wat sê die Bybel oor hopeloosheid - Is dit sonde? Waar vind ons weer Hoop?
New Apostolic Reformation (2) 09.04.2019 53:55
Hierdie is die opvolg episode oor die New Apostolic Reformation (NAR). Ons fokus in besonder op die volgende vier hoofpunte: Die kenmerke daarvan. Hoekom dit verkeerd is. Hoe ons dit kan identifiseer. Hoe ons iemand kan help wat in die beweging vasgevang is.
Perspektief: Maart 2019 02.04.2019 27:23
Maart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.