scriptura.co.za

Radio Scriptura

Religion AF ↓ 395 episodes

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Author

scriptura.co.za

Category

Religion

Podcast website

scriptura.co.za

Latest episode

May 26, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Perspektief: Maart 2020 28.03.2020

Ons gesels in hierdie episode slegs oor die COVID-19 Pandemie - juis omdat daar soveel vrae en onsekerheid onder mense en selfs Christene heers.

Wie is God: God is Jaloers 24.03.2020

In hierdie episode gaan dit daaroor dat God in die Bybel beskryf word as 'n jaloerse God. Wat beteken dit dat God jaloers is? Is dit dieselfde as ons algemene menslike siening van jaloesie?

Wie is God: God is Regverdig en Barmhartig 17.03.2020

'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. In hierdie episode werp ons die lig spesifiek op twee besondere deugde van God: Sy regverdigheid, maar ook sy barmhartigheid. Wat bedoel ons met God se regverdigheid en sy barmhartigheid? Staan hierdie twee...

Perspektief: Februarie 2020 10.03.2020

Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as 'n Pornografiese Aktrise (01:39) 2. Beloftebos: Weier dat 'n selfdegeslag paartjie by hulle trou (11:21) 3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor "Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink". (21:19)

Lent in die lig van die Skrif 03.03.2020

Oral oor sien ons die verskynsel dat mense "Lent" vier. Selfs al hoe meer kerke in Protestantse kringe val nou ook by hierdie gebruik in. Wat is Lent en hoe moet ons daarna kyk in die lig van die Skrif?

Wie is God: God het 'n Raadsplan 25.02.2020

In hierdie episode werp ons die lig daarop dat God 'n raadsplan het. Ons wil in die episode nie net kyk na feite rondom God se raadsplan nie, maar ook wat die implikasie daarvan vir ons as gelowige kinders van God is.

Wie is God: God is Alomteenwoordig 18.02.2020

Hierdie is die vierde episode in die reeks oor God se deugde en handel oor God se Alomteenwoordigheid.

Wie is God: God is Heilig 11.02.2020

Hierdie is die derde episode in ons reeks oor God se deugde. In die episode handel dit spesifiek oor sy Heiligheid.

Perspektief: Januarie 2020 04.02.2020

Onlangse nuusgebeure in Perspektief: 1. Pres. Ramaphosa se toespraak op 16 Desember 2019 2. Sosiale Media en PTSD ("Post Traumatic Stress Disorder") 3. Australië veldbrande en Coronavirus

Wie is God: God is soewerein 28.01.2020

In die episode kyk ons wat dit beteken dat God "soewerein" en "alwys" is. Ons het 'n groot troos dat ons behoort aan 'n God wat in beheer is.

Wie is God: God is Drie-Enig 21.01.2020

'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. Ken jy die Here? In hierdie reeks kyk ons hoe God Homself aan ons in die Skrif openbaar. Hierdie eerste episode handel oor die Drie-Eenheid van God.

Immanuel: God met ons: Jesus ons Advokaat 31.12.2019

Hierdie is die laaste episode in ons "Immanuel - God met ons!"- reeks. Ons kyk spesifiek na wat dit beteken as ons sê dat Jesus ons Advokaat is. MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. (1 Johannes 2:1)

Immanuel: God met ons! Jesus ons Hoëpriester 24.12.2019

Ons kyk in hierdie derde episode in die "Immanuel - God met ons"- reeks na Jesus as ons Hoëpriester.

Immanuel: God met ons! Jesus ons Verlosser 17.12.2019

Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte:Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte: Tipes van Christus in die Ou Testament (3:00) Jesus ons Volkome Verlosser (12:10) Jesus ons Enigste Verlosser (20:06)

Immanuel: God met ons! Jesus se vleeswording 10.12.2019

Hierdie is ons laaste reeks vir 2019 en die tema daarvan is: Immanuel: God met ons. In hierdie episode fokus ons spesifiek op Christus se vleeswording.

Perspektief: November 2019 03.12.2019

November in Perspektief: 1. Springbokke wen die wêreldbeker 2. #ImStaying 3. Genadedood

Luisteraarsvrae: Fisiese Oefening / Voorspoedsteologie 27.11.2019

In hierdie episode gesels ons met Prof Albert Coetsee en beantwoord twee luisteraarsvrae. Die eerste een gaan oor fisiese oefening en die tweede oor die "Voorspoedsteologie".

Luisteraarsvraag: Die Heilige Gees en ons gewete 19.11.2019

In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die werk van die Heilige Gees en ons gewete.  My gewete getuig saam met my in die Heilige Gees" Romeine 9:1. Die luisteraar wil weet hoe die Heilige Gees en ons gewete saam werk. Is dit die Gees of ons eie gewete wat ons weerhou daarvan om kwaad te doen? Of werk die Gees deur ons gewete?

Luisteraarsvraag: Vervang die kerk vir Israel? 12.11.2019

In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die plek van Israel en die Kerk. Is Israel en die kerk dieselfde? Het die kerk vir Israel vervang? Deur wie voer God sy plan uit?

Perspektief: Oktober 2019 05.11.2019

Ons kyk na Oktober 2019 se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief:   Wiskunde is onderdrukkend vir die skole in Seattle (00:45) Grantleigh: Godslasterlik of net kuns? (13:08) CSE: Seksonderrig in skole (26:03)

Huisgodsdiens: Kinders, kerk en kategese 29.10.2019

In die episode gesels ons oor die kerk en katkisasie en hoe dit inpas in die gesin se aanbidding.  

Huisgodsdiens: Hoe? 22.10.2019

In hierdie episode kyk ons na die praktiese sy van huisgodsdiens. Ons kyk na hoe ons, ons huisgodsdiens moet inrig en dan ook na hindernisse wat daar mag wees.

Huisgodsdiens: Hoekom? 15.10.2019

Hierdie is ons eerste episode in 'n reeks oor "Huisgodsdiens". Ons kyk na Skrifbeginsels as motivering vir huisgodsdiens, uitdagings en die noodsaaklikheid van huisgodsdiens.  

Perspektief: September 2019 01.10.2019

Ons kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse perspektief: Wetgewing aangaande lyfstraf in SA Die doodstraf Benny Hinn se bekering

Hoe word ek wat ek is? 24.09.2019

Hierdie is die laaste episode in ons reeks oor "Identiteit". Ons het eers die vrae gevra: "Wie is ek?" en toe "Wie sê die Here is ek?". In hierdie derde episode wil ons uitvind hoe ons nou kan word wat ons is. Ons kyk veral na praktiese riglyne vanuit die Skrif.

Listen to the Radio Scriptura podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.