scriptura.co.za
Radio Scriptura
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Author
scriptura.co.za
Category
Podcast website
Latest episode
May 26, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ampte: Die predikant as lerende ouderling 11.05.2021 58:42
Is predikante afgesonder van die ander ampte? Wat is die kwalifikasies en karakter van predikante? Wat is 'n preek? Hoe moet woordverkondiging benader en bedien word? Hoe lyk die praktiese bediening van 'n predikant? "There is an urgent need for courageous preachers in the pulpits of the world today, like the apostles in the early Church who "were filled with the Holy Spirit and spoke the Wo...
Ampte: Die amp van Ouderling 27.04.2021 53:18
As God 'n man roep om 'n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos 'n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Pet 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 2...
Luisteraarsvrae: Hoe beskerm ek my kind teen pornografie? 20.04.2021 34:42
Pornografie is die sonde van ons tyd waaroor niemand praat nie. In hierdie episode hanteer Jonker Venter en Marnix Boersema 'n baie ongemaklike kwessie naamlik pornografie of onsedelikheid. Pornea is die breë term in die Bybel wat alle seksuele onsedelikheid, met ander woorde onbybelse, onreine en onvanpaste seksuele gedrag, as sonde uitwys. Pornografie en onsedelikheid floreer in die geheim, en d...
Ampte: Amp van Diaken 13.04.2021 43:30
00:00 Amp van Diaken 01:39 Wat is 'n diaken? Definisie - dienskneg in die kerk (Hand. 6) 13:09 Wat is die kwalifikasies van 'n diaken? (1 Tim. 3:8-13) 18:33 Wat is die rol en werk van 'n diaken? (Hand. 2:44,45; 4:32-37; 5:2; 6:1; 11:29-30) 27:00 Hoe kan die kerk bybelse diakens oplei? (2 Tim. 2:2) 32:30 Verhouding tussen diakens en ouderlinge (Hand. 6:1-6; Hand. 20; Heb. 13:7-17). 38:20 Verhouding...
Perspektief: Maart 2021 06.04.2021 41:49
00:00 Perspektief: Maart 2021 02:07 Begrafnisse vir ongebore babas 11:25 Inentingspaspoorte 20:52 Die aanvalle in Mosambiek
Ampte: Roeping 30.03.2021 38:29
Ampte: Roeping Elke gelowige het 'n roeping – die roeping om gelowige te wees in die wêreld. Maar gelowiges het ook n roeping binne die kerk om met hul gawes die medegelowiges te dien deur middel van die spesifieke ampte. 02:10 God roep deur die evangelie. Hoe vervul gelowiges hul roeping in die wêreld? 03:54 God werk in en deur Sy kerk. 07:00 Primêre roeping - God roep elke mens na Jesus toe o...
Ampte: Die Amp van Gelowige 23.03.2021 35:27
Ampte: Die Amp van Gelowige Hierdie inleidende episode van die Ampte in die kerk, skets die breë trekke van die ampte, hoe pas ampte/dienste in die kerk, hoekom is ampte nodig, en wat is die gereformeerde kerkbeskouing van die ampte. Die Here, Jesus Christus, het die ampte ingestel, en die Christen word geroep om in die amp van gelowige in die kerk te staan, asook buite die kerk te getuig in die...
Ouerskap: Bybelse Kind-wees 16.03.2021 55:05
Ouerskap: Bybelse Kind-wees 1. Inleiding a. Afbakening: Episode is hoofsaaklik vir kinders in huis, nie as volwassenes nie. b. Luister ook ander episodes in reeks, veral Ouerskap: Dissipline. 2. Ek moet my ouers alle eer bewys. a. Pa sowel as ma (nie teen mekaar afspeelnie). b. Wees lief vir jou ouers. 3. Wat as ek voel my ouers is verkeerd? a. Erken hulle is sondaars, net soos jy. b. Moenie dadel...
Ouerskap: Bybelse Ma-wees 09.03.2021 53:57
4:04 1. Die skepping van die mens - Eva is geskep na God se beeld - Eva is geskep as hulp wat by Adam pas 21:30 2. Bybelse vrou-wees - In die samelewing - In die huwelik (Efesiërs 5) 31:47 3. Bybelse ma-wees - Die gevolge van sondeval - Wat beteken 1 Tim 2:15? 49:17 - Prakties: eer God en wees gehoorsaam in rol as vrou en moeder
Februarie in Perspektief 02.03.2021 59:16
Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering, James Coates gearresteer na oortreding van Covid-19 regulasies, Twee sterftes van Ravi Zacharias 1:19 Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering. 21:40 Kanadese predikant, James Coates, gearresteer en verbied om te preek weens oortreding van Covid-19 grendelregulasies. 38:50 Die twee sterftes van apologeet, Ravi Zacharias.
Ouerskap: Bybelse Pa-wees 23.02.2021 47:12
Bybelse Pa-wees vloei vanuit God se skeppingsorde vir die mens en die huwelik met die man as hoof van sy gesin. Ons moet Pa-wees deur die lens van God se verbond met Sy volk sien. 3:43 Om my rol as man in die lig van God se skeppingsorde uit te leef. 6:43 Jy kan nie 'n Bybelse pa wees as jy nie 'n verhouding met God het nie. 9:50 Man moet verantwoordelikheid vat van hul huis en gesin. 19:32 Om...
Luisteraarsvrae: Die lewe na die dood, engele, gerubs en serafs. 16.02.2021 38:00
02:10 Wat gebeur met gelowiges en ongelowigtes na die dood? 06:19 Die siel van gelowiges en ongelowiges is onsterflik. 13:58 In die hiernamaals is gelowige en ongelowige bewus van hul omgewing. 17:35 Wat is die verskil tussen serafs, gerubs en engele? 23:57 Gerubs is engele wat oor God se heiligheid waak. 30:32 Serafs is engele wat God se heiligheid besing. 35:03 Christene hoef nie demone te vrees...
Ouerskap: Dissipline 09.02.2021 44:45
Ouers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig. 4:24 Die punt van Bybelse dissipline is hartsverandering van kinders. 8:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom? 16:43 Ouers moet konsekwent wees in h...
Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering 29.01.2021 1:23:37
1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap 26.01.2021 42:41
Herderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer. 5:33 Waarom is herderskap nodig? 15:08 Wat het ons kinders nodig? 17:36 Wat is herderskap NIE? 23:54 Herderskap is om eerlik, opreg en regverdig te wees. 31:11 Hoe lyk herderskap in die praktyk?
Ouerskap: Wat is vir God belangrik mbt ouerskap? 19.01.2021 45:27
Die leer en lewe van ouers moet in pas wees met God se skeppingsplan en verbond met Sy volk. Die beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap. Die nuwe reeks oor ouerskap begin met 6 raakpunte: 02:11 Wat is bybelse ouerskap? Herderskap Dissipline Bybelse pa-wees Bybelse ma-wees Bybelse kind-wees 11:1...
Perspektief: November 2020 01.12.2020 39:12
Rasverbeterings-leer of Eugenetiek (01:38) Selfmoord onder tieners (18:24) Boek van dr Ben du Toit - "God, Is daar 'n ander antwoord?" (30:25)
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n Geloof-alleen teologie 24.11.2020 55:40
"Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is verbondsteologie 17.11.2020 1:01:55
Verbondsteologie is Gereformeerde teologie wat 'n aleinding is vanaf die Skrif waaruit ons kan aflei hoe God met die mens tewerk gaan en hoe Hy dan ook sy verlossingsplan uitvoer in Sy ewige raad.
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n "Christus-alleen" teologi 09.11.2020 42:56
In Gereformeerde teologie val die fokus op Jesus Christus - deur Hom is daar vir ons lewe en redding!
Kerkmusiek en Himnologie 2 02.11.2020 55:27
Ons gesels verder met die kenner, Braam van Tonder. Ons gesels in die episode spesifiek oor die beoordeling van liedere om in die kerk te sing.
Perspektief: Oktober 2020 27.10.2020 1:08:22
Trump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd 20.10.2020 54:34
Is jou teologie Skrifgefundeerd? Wat beteken dit om Skrifgefundeerd te wees? Ons is by die 3de episode van ons nuwe reeks: Hoekom is ek Gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd
Hoekom is gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Godgesentreerd 13.10.2020 40:26
Wat is jou doel op aarde? Wat is die Here se plek in jou daaglikse lewe? Ons is gereformeerd omdat ons Godgesentreerd wil lewe! Ons hoogste doel is om God te eer en Hom te verheerlik - Soli deo Gloria! Ons gesels in hierdie episode ook oor hoe Godgesenteerdheid prakties lyk: In 'n mens se eie lewe en ook in 'n gemeente.
Hoekom is ek gereformeerd? Almal is 'n teoloog 06.10.2020 44:01
Is teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? In hierdie episode gesels ons oor die gedagte dat elke persoon eintlik 'n teoloog is - selfs al besef jy dit nie eers nie, of al ontken jy dit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.