BOUWER BOSCH

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Society EN ↓ 91 episodes

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.narratief.co.za

Author

BOUWER BOSCH

Category

Society

Podcast website

www.narratief.co.za

Latest episode

Sep 23, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

EPISODE 41: LANDBOUGESPREK: IVOR PRICE, NICK SERFONTEIN, JANNIE DE VILLERS, PATRICK SEKWATLAKWATLA 07.10.2018

Hier is 'n berig oor die gesprek - https://www.litnet.co.za/persvrystelling-leierboere-besin-by-aardklop-oor-grondhervorming/

EPISODE 40: RUHAN FOURIE(PHD STUDENT IN GESKIEDENIS), DEON MEIRING(MUSIKANT) DEEL 2 30.09.2018

Ek en Deon Meiring het 'n roadtrip Bloemfontein toe gevat om met Ruhan Fourie te gesels oor sy tesis wat hy geskryf het oor Beyers Naudé. Ruhan is 'n PHD student in geskiedenis en is tans besig met sy doktorsgraad in "Kommunisme in die NG kerk".

EPISODE 39: RUHAN FOURIE(PHD STUDENT IN GESKIEDENIS), DEON MEIRING(MUSIKANT) DEEL 1 23.09.2018

Ek en Deon Meiring het 'n roadtrip Bloemfontein toe gevat om met Ruhan Fourie te gesels oor sy tesis wat hy geskryf het oor Beyers Naudé. Ruhan is 'n PHD student in geskiedenis en is tans besig met sy doktorsgraad in "Kommunisme in die NG kerk".

EPISODE 38: RUDI SWANEPOEL (NG KERK ANDREW MURRAY) 16.09.2018

Ek het met Rudi Swanepoel gesels oor die NG Kerk se rol in apartheid asook hulle rol vandag in 'n post apartheid era. Rudi het 'n ongelooflike stuk geskryf in die kerkbode rondom hierdie tems wat jy hier kan lees -http://kerkbode.christians.co.za/2018/09/03/n-oproep-tot-bekering/

EPISODE 37: STEFAANS COETZEE (DIE WITWOLF BOMPLANTER EN VERSOENINGSKONSULTANT) 07.09.2018

Stefaans Coetzee was in 1996 as 17 jarige seun betrokke by 'n bom wat geplant is in Worcester waarin 4 mense oorlede is en ongeveer 70 mense beseer is. Ons gesprek gaan oor sy ongelooflike inspirerende storie rondom vergifnis en versoening en die pad wat hy gestap het met sy slagoffers en hoe hy die eerste persoon in ons land se geskiedenis is wat hierdie proses aangepak het. Vandag gebruik Stefaa...

EPISODE 36: JOSUA LOOTS(NAVORSINGSBESTUURDER), GIELIE HOFFMANN(LEIERSKAPSKONSULTANT) 31.08.2018

Ek, Gielie Hoffmann en Josua Loots deel 'n whatsapp groep. Ons het dit goed gedink om een van ons whatsapp gesprekke in regte te lewe aan te pak, op te neem en met jou te deel.

EPISODE 35: DANIËL ELOFF (PODLITIEK, AGENDA) 23.08.2018

EPISODE 35: DANIËL ELOFF (PODLITIEK, AGENDA) by BOUWER BOSCH

EPISODE 34: PIETIE BEYERS (MENS, AKTEUR, SKRYWER) 09.08.2018

Pietie Beyers is 'n mens, akteur en skrywer. Jy mag hom dalk al gesien het in verhoogproduksies soos Balbesit of selfs op jou TV kassie as "Deon" in Binnelanders. Pietie is deesdae besig om te skryf aan sy eerste rolprente wat hulle binnekort gaan begin skiet. Ek het saam met hom gaan eet by Brian Lara in Linden en gesels oor die uitdagings van om 'n mens te wees.

EPISODE 33: JOHAN ERASMUS (REAL TALK, BETEREINDERS, DIALOOG) 02.08.2018

Johan Erasmus is die man agter "Real Talk" - 'n inisiatief om Suid Afrikaners nader aan mekaar te bring deur reguit met mekaar te praat oor moeilike onderwerpe. Jy kan gerus meer gaan lees hier wat "Real Talk" doen - http://www.realtalk.org.za - Johan is ook deel van die organisasie "Betereinders" wat ongelooflike goeie werk doen in gemeenskappe in en om Suid Afrika -https://www.facebook.com/beter...

EPISODE 32: JOHAN CRONJE(SKRYWER EN REGISSEUR) 18.07.2018

Ek gesels met Johan Cronje van Nouvanaand Films oor skryf, studentelewe op die NWU-PUKKE, sy rolprent "Wonderlus" en sy proses as skrywer en regisseur en hoe moeilik dit is om soms weg te stap van 'n projek af.

EPISODE 31: PAUL MARITZ(PODLITIEK & SOLIDARITEIT JEUG) 06.07.2018

EPISODE 31: PAUL MARITZ(PODLITIEK & SOLIDARITEIT JEUG) by BOUWER BOSCH

EPISODE 30: JE-ANI SWIEGELAAR (BINNELANDERS) 25.06.2018

Je-ani Swiegelaar is een van ons land se beste aktrises en sy is iemand wat goed verstaan wat dit beteken om te "hustle". Sy was al 'n "pest controller", 'n kassier by 'n goederewinkel en droom al van skool af om 'n lewe in die kunste te hê. Ons het gesels oor haar tyd in Namibië, hoe dit gebeur het dat hulle Suid Afrika toe getrek het en hoe sy haar pad oop gekerf het in die vermaakbedryf.

EPISODE 29: ELVIS BLUE 19.06.2018

Elvis Blue het naam gemaak toe hy in 2010 die sangkompetisie "Idols" gewen het, maar min mense weet dat hy al voor dit 'n hele paar albums uitgebring het as solo kunstenaar. Nou is Elvis Blue een van ons land se voorste sangers en liedjieskrywers, en is ook iemand wat verstaan dat alles nie altyd op jou tyd gebeur nie. Ons het gesels oor wat sukses is en hoe tydsberekening 'n belangrike rol speel...

EPISODE 28: ECHBERT BOESAK(JOERNALIS) EN GIELIE HOFFMANN(LEIERSKAPSKONSULTANT/SKRYWER)) 13.06.2018

Echbert Boesak is 'n joernalis en radiopersoonlikheid wat nie bang is om eerlik te wees oor kwessies in Suid Afrika en goed naby aan sy hart nie. Ek en Gielie het 'n lekker gesprek met hom gehad oor sy grootwordjare, sy tyd as student in Stellenbosch asook oor transformasie in sport en hoe baie ons eintlik al as Suid Afrikaners bereik het.

EPISODE 27: JACO STRYDOM (ECHO YOUTH DEVELOPMENT) 31.05.2018

Jaco Strydom is 'n skrywer, digter, predikant, jeugwerker en vir sommige mense is hy 'n moeilikheidmaker met sy idees rondom Jesus, kerk en christenskap. Jaco is ook van die mense agter die "ECHO YOUTH" organisasie wat jongmense in nood help waar hulle kan. Ons het gesels oor Jesus, Dawid, Winnie Mandela, die kerk en sommer net oor menswees. Gaan loer gerus na www.echoyouth.co.za en raak betrokke.

EPISODE 26: JW COETZEE (SUPERSPORT.COM REDAKTEUR) 20.05.2018

JW Coetzee is 'n sportjoernalis en redakteur by www.supersport.com. Ons het gesels oor die uitdagings wat SA Rugby op die oomblik het om die spel na meer mense toe te vat in Suid Afrika, transformasie en wat ons nie verstaan rondom dit nie asook sommer net oor hoe belangrik dit is om stories te deel vir rugby om meer persoonlik en lewend te bly in die harte van ondersteuners. Jy kan gerus vir JW C...

EPISODE 25: ELMIEN DU PLESSIS (REGSPROFESSOR IN GRONDHERVORMING) & GIELIE HOFFMANN(SKRYWER) 03.05.2018

Elmien du Plessis is 'n regsprofessor by die NWU-PUKKE en sy spesialiseer in grondhervorming, inheemse reg, eiendomsreg en is 'n kenner op die gebied van grondhervorming. Gielie Hoffman het saam gesels op hierdie episode om meer uit te vind oor grondhervorming en hoe dit in praktyk werk.

EPISODE 24: KARIEN BARNARD (KAY FAITH) 15.04.2018

Karien Barnard oftewel "Kay Faith" is een van ons land se mees opwindende nuwe hip hop producers. Sy het al met groot name soos Kwesta, AKA, Mos Def, Youngsta en vele meer gewerk en sy is iemand wat nog baie golwe gaan maak in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Ek het met haar gesels oor hoe dit gebeur het dat sy haarself nou in die hartjie van die hip hop bedryf bevind asook hoe dit gebeur het dat...

EPISODE 23: WILLIE BRITZ 08.04.2018

Willie Britz is 'n professionele rugbyspeler wat al vir die Griekwas, Cheetahs en die Leeus gespeel het in Suid Afrika. Hy speel tans vir die Sunwolves in Japan en ek het die voorreg gehad om met hom te gesels oor sy professionele loopbaan tot dusver. Ons het ook lekker gesels oor transformasie in rugby en ook die impak van geloof in sy lewe en loopbaan.

EPISODE 22: GARETH CLIFF, FRANCOIS RETIEF, JOHRNÉ VAN HUYSSTEEN, WILLIM WELSYN 15.03.2018

Ek het die voorreg gehad om deel te wees van 'n gesprek met Gareth Cliff(Cliff Central), Francois Retief(iono.fm), Johrné va Huyssteen en Willim Welsyn(WAT Podcast)oor die toekoms van Afrikaans in digitale media.

EPISODE 21: COBUS POTGIETER 16.01.2018

Cobus Potgieter is nie net een van die wêreld se beste drummers nie maar is verseker die vriendelikste musikant op aarde ook. Op skool was hy Glaskas se eerste drummer maar sou nooit kon dink hoe sy lewe verander het nadat hy sy passie 'n kans gegee het nie. Ek het met Cobus gesels oor hoe dit gebeur het dat 'n video van hom waar hy dromme speel viral gegaan het en miljoene hits gekry het asook ho...

EPISODE 20: MELT SIEBERHAGEN (AKTEUR, SKRYWER, KOMEDIANT) 08.01.2018

Melt Sieberhagen is 'n skrywer, akteur, standup comedian en sommer net iemand met 'n magdom verskillende talente as dit kom by die kunste en vermaak. Melt is nie iemand wat bang is om sy opinie te lig oor kwessies wat hom pla nie en ek het met hom gesels oor sy tyd as kind in Ventersdorp, wat hom laat besluit het om in die kunste in te gaan asook my gunsteling temas deesdae soos die "afrikaner", l...

EPISODE 19: DEON MEYER (SKRYWER) 26.12.2017

Deon Meyer is een van die wêreld se voorste misdaadfiksieskrywers. Oorsprongklik van Klerskdorp in die Noordwes is hierdie voormalige bestuurder van 'n Spur restourant se boeke in al in meer as 27 tale wêreldwyd vertaal. Ek het met Deon gesels oor hoe sy skryfproses lyk, wat hy dink van skrywersblok, die afrikaner, leierskap in Suid Afrika en sommer net sy storie tot en met nou.

EPISODE 18: MERCY KANNEMEYER (SKRYWER, REGISSEUR) 17.12.2017

Mercy Kannemeyer is 'n honeurs dramastudent en dokumentêre filmmaker van Stellenbosch. Sy is persoonlik vir my een van die ontluikende skrywers, denkers en filmmakers wie se loopbaan fyn dop gehou moet word in die toekoms want ek voorspel sy gaan nog ongelooflike groot dinge doen. Sy het 'n baie interessante en belangrike dokumentêr gemaak oor wat daar is om te verloor indien Afrikaans finaal afge...

EPISODE 17: ALEX FOURIE (FOTO NA DANS & weFIX) 10.12.2017

Alex Fourie was die trompetspeler van Foto na Dans en is ook die meesterbrein agter die weFIX maatskappy. Tydens sy dae as trompetspeler vir Foto na Dans het hy homself geleer hoe om iPod's en slimfone reg te maak en sodoende 'n gaping in die mark gesien vir sy dienste. Vandag is daar 36 weFIX winkels landswyd en het ongeveer 400 werknemers. Ons gesprek het gehandel oor die dae toe ons saam met Fo...

Listen to the NARRATIEF MET BOUWER BOSCH podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.