BOUWER BOSCH

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Society EN ↓ 91 episodes

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.narratief.co.za

Author

BOUWER BOSCH

Category

Society

Podcast website

www.narratief.co.za

Latest episode

Sep 23, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

EPISODE 16: DANIE DU TOIT(SPOEGWOLF) 01.12.2017

Danie du Toit is die sanger en liriekskrywer van die groep Spoegwolf. Met sy unieke stem en aanslag tot lirieke het hy al duisende mense se denke en harte aangeraak en verander. Ons het 'n lekker diep en rou gesprek gehad oor kerk, die idee dat musiek genesend en verwoestend kan wees, films en ook die konsep van "afrikaners".

EPISODE 15: DANIËLLA VAN HEERDEN 20.11.2017

Daniëlla van Heerden is een van Suid Afrika se top joernaliste. In haar soeke na die waarheid is sy iemand wat altyd die goeie of inspirerende kant van 'n storie sien. Sy is ook 'n Potchefstromer en ek ken haar van ons laerskool dae af. Ons het gesels oor haar passie vir joernalistiek, fopnuus, is sosiale media 'n goeie verteenwoordiger van hoe mense regtig in Suid Afrika voel en vele meer.

EPISODE 14: ENEMY OF THE PEOPLE - BOEKVRYSTELLING 15.11.2017

Adriaan Basson(News24) en Pieter du Toit(Huffington Post) se boek getiteld: "Enemy of the People" het sopas die rakke getref. Die boek handel oor hoe Jacob Zuma al vir 10 jaar lank elke beweging haarfyn beplan en uitgevoer het om die land te "verkoop" aan die Guptas. Die boek handel ook oor hoe Suid Afrikaners uit verskillende agtergronde terug baklei het en besig is om Jacob Zuma en sy trawante o...

EPISODE 13: PIETER-LOUIS MYBURGH 15.11.2017

Nie alle superhelde dra mantels nie en nie alle rockstars staan agter ’n mikrofoon nie. Pieter-Louis Myburgh is ’n ondersoekende joernalis wat die boek: “The Republic of Gutpa, A Story Of State Capture” geskryf het. Ek het met hom gesels oor waar sy passie vir joernalistiek begin het, wanneer hy vir die eerste keer besef het hoe magtig die waarheid kan wees asook die uitdagings van om ’n joernalis...

EPISODE 12: SCHALK VAN HEERDEN 08.11.2017

Schalk van Heerden is een van ons generasie se voorste denkers en leiers wanneer dit kom by versoening in Suid Afrika. Schalk werk tans saam Roelf Meyer en hulle organisasie se naam is "Youth Zones"("a Foundation for a Safe South Africa's flagship programme: Youthzones, is an initiative to build friendships and share ideas that could help us better our own lives." waar hulle in informele nedersett...

EPISODE 11: EMO ADAMS 30.10.2017

Emo Adams is nie net een van ons land se voorste kunstenaars en televisiepersoonlikhede nie. Hy is ook iemand wat nie bang is om ’n stem te wees vir die wat nie stemme het nie. Hy is iemand wat besef watter groot rol kunstenaars in die samelewing speel asook die impak wat jy met jou lewe kan maak deur net anders te wees as almal. Ons het gesels oor waar alles vir hom begin het, sy verhouding met s...

EPISODE 10: GIELIE HOFFMAN 23.10.2017

Gielie Hoffman is een van my gunsteling denkers en skrywers van ons generasie. Hy het 'n manier om die moeilike maar regte vrae te vra sodat jy self by die antwoord uitkom. Sy rubrieke is tydloos en sy invloed op die jonger generasie is iets waaroor ons nog baie dankbaar gaan wees in die toekoms. Ons 'n lekker gesprek gehad oor leierskap, geloof, die toekoms van Suid Afrika asook hoe belangrik kwe...

EPISODE 9: HUNTER KENNEDY (FOKOFPOLISIEKAR) 16.10.2017

Hunter Kennedy(Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) is nie net ’n fenominale digter, skrywer en musikant nie maar hy is ook iemand wat nie skaam is om te erken hy geniet ’n Britney Spears treffer elke nou en dan nie. Ek en Hunter het oor geloof gesels, Fokofpolisiekar se nuwe album “Selfmedikasie”, hoe lyk betrokke kuns vandag asook die tweestryd tussen om iemand lief te hê en om toe te laat...

EPISODE 8: PEACH VAN PLETZEN 09.10.2017

Peach van Pletzen is nie net een van ons land se beste vervaardigers en musikante nie maar hy is ook iemand wat sy elke musikale besluit haarfyn beplan. Die uiteenlopendheid van Yesterday's Pupil, Bittereinder en sy nuwe projek Van Pletzen is bewyse dat Peach iemand is wat iets te sê het, en met sy unieke aanslag tot vervaardiging en musiek is hy iemand wat uitstaan in die vermaakwêreld. Maar apar...

EPISODE 7: IVOR SWARTZ 29.09.2017

Ivor Swartz is 'n jeugwerker in Johannesburg. Sy lewe en beroep is om 'n lig te wees maar hoe is mens 'n lig wanneer jy een van die donkerste verledes denkbaar het? Ivor was 15 jaar oud toe hy deel was van 'n bende en sy eie broer vermoor het. Hy moes vyf jaar tronk toe gaan en het daar ook skool klaar gemaak. Ons het 'n baie moeilike en eerlike gesprek gehad oor vergifnis, hoe hy God vandag sien...

EPISODE 6: BIBI SLIPPERS (SKRYWER EN DIGTER) 21.09.2017

Ek gesels met die digter Bibi Slippers oor haar digbundel "Fotostaatmasjien". Ons probeer uitvind oor "struggle poetry" en hoe dit in vandag se tyd lyk. Sy vertel my ook oor haar obsessie met pop musiek en gee meer konteks agter die ses sekonde video waar sy met Breyten Breytenbach langarm. Ja, jy het reg gelees. Langarm met Breyten Breytenbach.

EPISODE 5: DEON MEIRING 17.09.2017

Ek gesels met Deon Meiring(Glaskas en Dans Dans Lisa) oor hoe dit gebeur het dat hy op 15 jarige ouderdom een van sy grootste liedjies ooit geskryf het, hoe hy dit reggekry het om by die Springbok Fourie du Preez se troue op te tree, hoekom hy teologie begin studeer het asook dit wat hy al in sy 2 jaar van getroude lewe geleer het.

EPISODE 4: HÉLÈNE OPPERMAN LEWIS 11.09.2017

Hélène Opperman Lewis is 'n sielkundige wat die boek, Apartheid: Britain's bastard child geskryf het. Die boek ondersoek die verwoestende rol wat vernedering van die Afrikaner deur die Britte gespeel het in die ontstaan van apartheid. Ons het gesels oor hoe vernedering werk asook ook die effek wat dit op generasies daarna het.

EPISODE 3: EWALD JANSEN VAN RENSBURG 08.09.2017

Vervaardiger en kitaarspeler vir die band "Monark". Hy was die vervaardiger van al Straatligkinders se albums en is deesdae een van die beste vervaardigers in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en is die man agter van Elvis Blue, Majozi, Craig Lucas en vele meer kunstenaar se treffers. Ons het gesels oor hoe ons saam begin het, die krag van musiek asook hoe moeilik dit soms is om musiek as 'n loopba...

EPISODE 2: BEER ADRIAANSE 04.09.2017

Ek gesels met Beer oor die legendariese MK Avontoere, sy passie vir stories en films asook ons rol as wit afrikaners in Suid Afrika. Hy deel ook 'n storie van 'n noue ontkoming tydens 'n vlug Johannesburg toe.

EPISODE 1: KOBUS GALLOWAY (IdeesVolVrees) 04.09.2017

Ek het met Kobus gesels oor hoe hy begin het met sy sketse asook die uitdagings van om jou passie met die harde realiteite van die wêreld te kombineer.

Listen to the NARRATIEF MET BOUWER BOSCH podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.