BOUWER BOSCH
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.narratief.co.za
Author
BOUWER BOSCH
Category
Podcast website
Latest episode
Sep 23, 2024
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
EPISODE 66: GAZELLE(KUNSTENAAR EN MUSIKANT) 04.10.2020 1:17:24
EPISODE 66: GAZELLE(KUNSTENAAR EN MUSIKANT) by BOUWER BOSCH
EPISODE 65: LEON WESSELS(OUDMINISTER EN MENSE-REGTE AKTIVIS) & GIELIE HOFFMAN(SKRYWER) 12.06.2020 1:37:25
Ek en Gielie Hoffman het met Leon Wessels gesels oor sy grootwordjare, sy tyd as politikus by die Nasionale Party, apartheid en menseregte. Leon het ook 'n boek onlangs vrygestel getiteld "Encountering Apartheid's Ghosts" wat nou landswyd beskikbaar is.
EPISODE 64: JANA MARX (DIEPTEVERSLAGGEWER VIR NETWERK24) 27.03.2020 1:04:21
EPISODE 64: JANA MARX (DIEPTEVERSLAGGEWER VIR NETWERK24) by BOUWER BOSCH
EPISODE 63: BARBARA BRASINGTON - KOMEDIANT EN AKTRISE 03.03.2020 1:33:26
EPISODE 63: BARBARA BRASINGTON - KOMEDIANT EN AKTRISE by BOUWER BOSCH
EPISODE 62: DEON MEIRING (MUSIKANT EN SKRYWER) 03.02.2020 1:35:58
Deon het by my kom kuier vir vier dae sodat ons 'n nuwe Dans Dans Lisa EP kan record en ons het toe sommer die instrumente een kant toe geskuif om bietjie te gesels oor al die dinge op ons hart deesdae. Die betekenis van die lewe, afrikanerskap, christenskap, en musiek. Jy kan vir Deon Meiring op sosiale media platforms kry by @DeonMeiring
EPISODE 61: MONIQUE TAUTE (HOOF VAN AFRIFORUM VELDTOGTE) 10.01.2020 1:43:15
Monique Taute is die hoof van Afriforum se Veldtogte afdeling. Ons het gesels oor musiek, afrikaners, die regering, wat haar werk alles behels asook hoekom Straatligkinders se nuwe album nie so hard is nie. Ek moet erken, dit was 'n goeie vraag van haar kant af. Ek het haar belowe dat ons volgende album harder sal wees.
EPISODE 60: PEACH VAN PLETZEN (KUNSTENAAR) 02.12.2019 1:02:44
Peach van Pletzen is een van ons beste vervaardigers en musikante in Suid Afrika. Ek het met hom gesels oor die sukses van sy nuuste projek "Van Pletzen" en waar die huidige musiekbedryf homself bevind.
EPISODE 59: LOUFI (KUNSTENAAR) 22.11.2019 1:28:31
Loufi is tans een van my gunsteling kunstenaars in Suid Afrika. Ons het gesels oor sy liefde vir die kunste, sy geskiedenis met dwelms asook hoe musiek sy lewe verander het. Ek en Loufi het al 3 liedjies saam uitgebring en ons nuutste een "#Blessed" kan jy nou aanlyn gaan luister.
EPISODE 58: ANSU VISSER (AKTRISE, SKRYWER EN KINEMATOGRAAF) 21.08.2019 1:26:44
Ek het met Ansu Visser gesels oor haar loopbaan, haar idees rondom haar geloof en hoe sy die Bybel sien en ervaar asook net spiritualiteit in die algemeen.
EPISODE 57: ELMA SMIT (TV EN RADIO-AANBIEDER) 09.08.2019 1:15:55
Ek by Elma gaan koffie drink en beskuit eet en gesels oor haar ongelooflike loopbaan tot dusver, die goeie ou MK dae, hoe om te snorkel asook hoe lyk spirituele ervarings vir haar.
EPISODE 56: DE KLERK OELOFSE (AKTEUR) 31.07.2019 1:29:50
Ek gesels met De Klerk Oelofse oor sy lewe as akteur, trauma rondom die dood van 'n ouer, watter rol die spirituele speel in ons lewens en ons dink sommer saam wat dit is van die kunste wat so 'n groot impak op mense se lewens het.
EPISODE 55: ALMERO WELGEMOED (MUSIKANT, SKRYWER) 26.05.2019 1:14:36
Ek gesels met Almero oor sy musiek, idees en gedagtes rondom hoe hy die wêreld sien en beleef.
EPISODE 54: MILA GUY (AKTRISE) 28.03.2019 1:47:51
Mila Guy is 'n aktrise al die pad van Nelspruit se wêreld af maar sy het van 14 jarige ouderdom in Nieeu-Seeland gebly en haar hoërskoolloopbaan daar voltooi. Ek het met haar gesels oor haar passie vir toneelspel, hoe uitdagend die vermaakbedryf kan wees asook geloof en spiritualiteit.
EPISODE 53: BEER ADRIAANSE (SKRYWER, MUSIKANT EN AKTEUR) 22.03.2019 1:33:46
EPISODE 53: BEER ADRIAANSE (SKRYWER, MUSIKANT EN AKTEUR) by BOUWER BOSCH
EPISODE 52: LOUIS VAN DER RIET (TEOLOOG) 01.03.2019 1:07:19
Louis van der Riet het onlangs geskiedenis gemaak toe hy as die eerste openlike gay leraar van 'n NG Kerk bevestig is. Ek het met Louis gesels oor sy liefde vir die kerk, Jesus en ook hoe hy probeer sin maak van al die warboel rondom sy bevestiging.
EPISODE 51: WYNAND CLAASSEN (VOORMALIGE SPRINGBOK-KAPTEIN) 18.01.2019 1:16:23
Wynand Claassen is 'n voormalige rugbyspeler wat vir Natal(Sharks) en die Blou Bulle gespeel het as student. Hy was die Springbok-kaptein tydens die bekende 1981 toer na Nieu-Seeland waar die wedstryde deur betogers ontwrig was. Ons het gesels oor politiek in sport, die toer in Nieu-Seeland en waar sy liefde vir rugby vandaan kom.
EPISODE 50: LUCINDA NEETHLING (DIE MELKTERT KOMMISSIE) 02.12.2018 1:53:52
Lucinda was 16 jaar oud toe sy en haar band Die Melktert Kommissie JIP Rockspaaider gewen het. Ons het gesels oor haar loopbaan in musiek en sommer net oor die dinge van die lewe.
EPISODE 49 : BENJAMIN DE JAGER (STRAATLIGKINDERS) 16.11.2018 1:18:19
Benjamin de Jager is 'n kitaarspeler en liedjieskrywer van Potchefstroom en jy sal hom dalk beter ken as die kitaarspeler vir Straatligkinders sowel as Mosesmetroman. Ek het met Ben gesels oor waar musiek vir hom begin het asook die goeie en slegte tye wat saam met musiek en die lewe kom.
EPISODE 48: HEIN KRUGER (STRAATLIGKINDERS) 11.11.2018 1:12:58
Hein Kruger is die tweelingbroer van Ruan Kruger en hy is die baskitaarspeler vir Straatligkinders. Ek het met Hein gesels oor waar musiek vir hom begin het, hoe dit sy lewe verander het.
EPISODE 47: RUAN KRUGER(STRAATLIGKINDERS) 02.11.2018 59:38
Ek skop die Straatligkinders reeks af met Ruan Kruger ons drummer. Jy kan ons vyfde album solank hier pre-order - https://itunes.apple.com/za/album/verdwyn/1439677260 - die res van die album is beskikbaar vanaf 16 November.
EPISODE 46: JOHAN STEGMANN(KUNSTENAAR) 28.10.2018 1:32:14
Jy kan hier meer inligting kry oor Johan Stegmann se werk. - https://www.everard-read.co.za/exhibition/80/exhibition_works/1062
EPISODE 45: REAL TALK BY BETEREINDERS 25.10.2018 1:20:57
The more difficult converstations we have, the less difficult they will be. This was one of those difficult conversations. Listen with an open heart. http://www.realtalk.org.za - https://www.facebook.com/betereinders
EPISODE 44: BENNIE FOURIE(SKRYWER, AKTEUR) 22.10.2018 1:03:38
Bennie Fourie is 'n skrywer en 'n akteur en een ook my kreatiewe spanmaat in baie van ons films en komediesketse wat ons aanpak deesdae. Bennie is ook een van die regisseurs en skrywers van die komediereeks op Kyknet, Hotel.
EPISODE 43: ADRIAAN VLOK(OUDMINISTER VAN POLISIE)GIELLIE HOFMAN EN STEFAANS COETZEE 15.10.2018 2:03:12
Ons het met Adriaan Vlok gesels oor apartheid, sy storie rondom vergifnis en versoening, Frank Chikane en hoe die kerk die bal moes vat en hardloop na die Die Waarheid-en-versoeningskommissie om aan te hou met versoening in Suid Afrika vandag.
EPISODE 42: SOSIALE MEDIA GESPREK: LOURENSA ECKARD, CARLA DE BEER, CARLA LEWIS 09.10.2018 1:27:30
Ek was deel van 'n paneelgesprek by Aardklop wat oor sosiale media gegaan het. Die goed en sleg van dit asook die wette rondom jou as verbruiker.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.