Radio Pulpit
Met Hart en Siel
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Author
Radio Pulpit
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 7, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoop? Vir seker! 01.10.2024 1:33:43
In hierdie aflewering gesels Dr Braam Hanekom oor hoe om uit die hok van armoede te ontsnap. En Trudie Badenhorst kuier in die ateljee om te sê Hoop? Vir seker! Met Hart en Siel
Met Hart en Siel - 24 Sept 2024 24.09.2024 1:40:40
Christine gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe boek "Lekkergoed vir die lewe". Daarna gesels sy met Irma Raspel oor haar boek "Die mak maniere van wilde diere". En dan gesels Christine met Jan Braai oor sy nuwe boek "Atmosvuur" Met Hart en Siel
Met Hart en Siel - 17 Sept 2024 17.09.2024 1:25:54
Christine Ferreira gesels vanoggend met Helena Van Der Westhuizen oor die gebruik van natuurlike bestandele in skoonheidsmiddele. Daarna is Magriet Groenewald aan die woord oor ken jou waarde as vrou. Louise Holts gesels oor hoe om jou lugbraaier te benut en dan sluit die program af met Peet Bekker en Melanie Vosloo se insette Met Hart en Siel
Este Geldenhuys - nuwe boek 10.09.2024 1:35:51
Christine gesels vanoggend met Este Geldenhuys oor haar nuwe boek "God knows you" en Faith Durie gaan deel oor die impak van jou storie op jou geloofs-lewe. Peet en Melanie Bekker deel ook hul stories en oordenking. Met Hart en Siel
Klim jou berg 03.09.2024 1:31:39
Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor emosionele genesing. Marlien Cronje vertel meer oor ‘n groep vroue wat Kilimanjaro later vanjaar gaan aandurf ter wille van kinders wat swaarkry en Esti Stewart gesels oor die Baviaans Camino en wat dié staptog aan jou siel sal doen. Met Hart en Siel
Nogtans-geloof 27.08.2024 1:32:34
In hierdie aflewering gesels die geliefde kunstenaar, Portchie, oor sy memoir en Ivor Swartz vertel wat nogtans-geloof beteken. Met Hart en Siel
Kreatief & gesond 20.08.2024 1:34:42
Joernaalkunstenaar, Anel Stricker-Bessinger, gesels oor kreatiewe rus en kosskrywer, Vickie de Beer, vertel meer oor 'n nuwe leefstylgids vir diabete. Met Hart en Siel
Met integriteit 13.08.2024 1:35:57
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Sarah Portal oor hoe jou kleinding van God se nabyheid te leer. Gary Power gesels oor hoe om met integriteit te leef en ds Rudi Swanepoel van die Aan-die-berg-gemeente in Northcliff, Johannesburg kuier in die ateljee. Met Hart en Siel
Ter wille van sy Naam 06.08.2024 1:34:40
Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure, vertel oor die Arise Africa veldtog. Berkoonde kinder- & jeugboekskrywer, De Wet Hugo, gesels oor sy liefde vir skryf en die lewe as laerskool-onderwyser in China. En die legendariese Sonja Herholdt kuier in die ateljee. Met Hart en Siel
In en uit die buiteland 30.07.2024 1:37:14
In hierdie aflewering word daar gesels met Kenneth de Heyn, ‘n Belgiese sendeling wat hom in Hoopstad in die Vrystaat kom tuismaak het. Lizette Murray vertel meer oor ‘n kuier by haar kinders wat in Kanada woon en die impak wat kinders wat ver bly op ouers en grootouers het. Botaniese skilder Daleen Roodt gesels oor ‘n spesiale oorsese uitstalling in Engeland waaraan sy deelgeneem het en die wonde...
Kom eenkant met 'n boek 23.07.2024 1:31:07
Ds Jaco Strydom kuier in die ateljee om oor sy eerste roman Daka te gesels. Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai, vertel meer oor Geroep vir ‘n tyd soos hierdie. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n boodskap vir oud-soldate en Milanie Vosloo sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie. Met Hart en Siel
Maak jou merk 16.07.2024 1:31:58
In hierdie aflewering gesels skrywer, Wendy Maartens, oor haar jongste reeks kinderboeke met ‘n boodskap. Esther Taljaard vertel meer oor hul opleidingskool vir digitale bediening en die rol van sosiale media in die uitdra van die boodskap van Jesus. Brandt Coetzee gesels oor ‘n koffiedrankie wat van die peul van ‘n indringerboom gemaak word en Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-vroueo...
Seisoene, storms en woestyne 09.07.2024 1:30:49
In hierdie aflewering gesels Chris van der Merwe oor grenselose genade en dr. Isak Burger vertel meer oor die seisoene, storms en woestyne in ons lewens en hoe ons as gelowiges daarop reageer. Met Hart en Siel
Berge in die Bybel Deel 2 02.07.2024 1:30:46
Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel
Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer? 25.06.2024 1:28:20
Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer. Met Hart en Siel
Genesing vir kinderjare-trauma 18.06.2024 1:38:13
Pastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing. Met Hart en Siel
Berge in die Bybel Deel 1 11.06.2024 1:37:07
Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel
Sien Hom oral raak 04.06.2024 1:34:30
Ds Tom Smith kuier in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Elodi Naude deel haar besonderse getuienis oor hoe sy en haar gesin die stadslewe vir die lewe op die platteland verruil het en skrywer Kristel Loots vertel meer oor haar jongste Christelike roman Vroue met vlerke. Met Hart en Siel
Om 'n ma te kan wees 28.05.2024 1:36:20
Stefani Ernst en Judith Kamffer kuier in die ateljee en deel hulle besonderse getuienisse rondom ma-wees. Daar is ‘n boodskap vanaf gebedstapper, Peet Bekker, en ons sluit af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo. Met Hart en Siel
Hoe om jou kind te help floreer 14.05.2024 1:34:46
Hanneke Mackie kuier in die ateljee om te gesels oor hoe sing, dans en drama ‘n verskil in jongmense se lewe kan maak. Kinderboekskrywer, Zuleka Smit, gesels met ons oor haar jongste reeks Christelike boeke vir kinders en Erich Posthumus vertel on meer oor die Godly Revolution byeenkoms vir die jongklomp wat op die 14e Junie plaasvind. Met Hart en Siel
Die waarde van 'n ma 07.05.2024 1:37:47
Chante Hinds-Moller gesels oor die waarde van ‘n ma op ‘n Karooplaas. Mari le Roux gesels oor haar ma, skrywer Mariël le Roux, se jongste boek Donkertyd My naam is Tina en Hettie Brittz vertel meer oor hoe om kinders met karakter te kweek. Met Hart en Siel
Maak jou wêreld 'n mooier plek 30.04.2024 1:34:18
Nadine Vosloo, gesels oor die kuns van krytverf en hoe om jou wêreld ‘n mooier plek te maak. Tekstielkunstenaar, Alice Tindall, deel haar getuienis en vertel meer haar kuns. Met Hart en Siel
Vind God in die gewone 23.04.2024 1:31:57
In hierdie aflewering kuier ds Tom Smith in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Ronel Horak vertel meer oor die Tierlantynkies Kuier & Koopmark wat eersdaags plaasvind en hoe ons God deur ons werk en passie kan eer. Met Hart en Siel
In die wolk van sy Teenwoordigheid 16.04.2024 1:29:58
Pastoor Marielle de Vos kuier in die ateljee en gesels oor die besonderse plek van lofprysing in ‘n gelowige se lewe. Met Hart en Siel
Balsem vir lyf en siel 09.04.2024 1:32:17
In hierdie aflewering gesels Trudi Kasselman oor die geurige Ruah Kruiereeks-lyfprodukte, Madeleine Rootman deel haar getuienis oor haar reeks Gesalfde-lyfprodukte en Beatri Joubert gesels oor Balsem en die voordele wat turksvypit-olie vir die vel inhou. Met Hart en Siel
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.