Radio Pulpit
Met Hart en Siel
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiopulpit.co.za
Author
Radio Pulpit
Category
Podcast website
Latest episode
Sep 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Berge in die Bybel Deel 2 02.07.2024 1:30:46
Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel
Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer? 25.06.2024 1:28:20
Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer. Met Hart en Siel
Genesing vir kinderjare-trauma 18.06.2024 1:38:13
Pastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing. Met Hart en Siel
Berge in die Bybel Deel 1 11.06.2024 1:37:07
Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel
Sien Hom oral raak 04.06.2024 1:34:30
Ds Tom Smith kuier in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Elodi Naude deel haar besonderse getuienis oor hoe sy en haar gesin die stadslewe vir die lewe op die platteland verruil het en skrywer Kristel Loots vertel meer oor haar jongste Christelike roman Vroue met vlerke. Met Hart en Siel
Om 'n ma te kan wees 28.05.2024 1:36:20
Stefani Ernst en Judith Kamffer kuier in die ateljee en deel hulle besonderse getuienisse rondom ma-wees. Daar is ‘n boodskap vanaf gebedstapper, Peet Bekker, en ons sluit af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo. Met Hart en Siel
Hoe om jou kind te help floreer 14.05.2024 1:34:46
Hanneke Mackie kuier in die ateljee om te gesels oor hoe sing, dans en drama ‘n verskil in jongmense se lewe kan maak. Kinderboekskrywer, Zuleka Smit, gesels met ons oor haar jongste reeks Christelike boeke vir kinders en Erich Posthumus vertel on meer oor die Godly Revolution byeenkoms vir die jongklomp wat op die 14e Junie plaasvind. Met Hart en Siel
Die waarde van 'n ma 07.05.2024 1:37:47
Chante Hinds-Moller gesels oor die waarde van ‘n ma op ‘n Karooplaas. Mari le Roux gesels oor haar ma, skrywer Mariël le Roux, se jongste boek Donkertyd My naam is Tina en Hettie Brittz vertel meer oor hoe om kinders met karakter te kweek. Met Hart en Siel
Maak jou wêreld 'n mooier plek 30.04.2024 1:34:18
Nadine Vosloo, gesels oor die kuns van krytverf en hoe om jou wêreld ‘n mooier plek te maak. Tekstielkunstenaar, Alice Tindall, deel haar getuienis en vertel meer haar kuns. Met Hart en Siel
Vind God in die gewone 23.04.2024 1:31:57
In hierdie aflewering kuier ds Tom Smith in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Ronel Horak vertel meer oor die Tierlantynkies Kuier & Koopmark wat eersdaags plaasvind en hoe ons God deur ons werk en passie kan eer. Met Hart en Siel
In die wolk van sy Teenwoordigheid 16.04.2024 1:29:58
Pastoor Marielle de Vos kuier in die ateljee en gesels oor die besonderse plek van lofprysing in ‘n gelowige se lewe. Met Hart en Siel
Balsem vir lyf en siel 09.04.2024 1:32:17
In hierdie aflewering gesels Trudi Kasselman oor die geurige Ruah Kruiereeks-lyfprodukte, Madeleine Rootman deel haar getuienis oor haar reeks Gesalfde-lyfprodukte en Beatri Joubert gesels oor Balsem en die voordele wat turksvypit-olie vir die vel inhou. Met Hart en Siel
Jabulani 02.04.2024 1:43:13
Adine Roode, direkteur en hoof van Jabulani Safari Lodge, kuier in die ateljee om meer te vertel oor dié wildreservaat in die groter-Kruger wat al meer as 20 jaar by die bewaring van olifante betrokke is. Daarna vertel digter, teoloog en skrywer, Prof. Cas Vos meer oor sy jongste digbundel, Wisselende Stemminge en skrywer, Elsa Winckler, gesels oor haar nuwe Christelike roman Engele in Kosmoslaan...
Van ashoop tot Hoop 26.03.2024 1:34:46
Ds Ronell Bezuidenhout gesels in die lig van Paasfees oor haar jongste boek, Van ashoop tot Hoop. Romien Wait deel haar getuienis oor ‘n verlammende siekte wat haar lewe vir altyd verander het. Landé Brits van Piketberg vertel hoekom “anders net vreemd is tot jy meer daarvan weet.” Maar om mee af te skop voltooi Anoeschka von Meck haar gesprek van verlede week oor die vrou wat agter Jesus aangehar...
Oorwinning in jou stryd 19.03.2024 1:30:19
Lurina Fourie gesels oor haar stryd met diabetes. Talana Vuren-Kuhn deel haar getuienis en geloofspad en Anoeschka von Meck vertel meer oor haar jongste roman, Twa die Tydloper. Met Hart en Siel
Besigheidsidees wat jy sommer vandag mee kan begin 12.03.2024 1:34:23
Finansiële kenner, George Foley, vertel van ‘n duisend en een besigheidsidees, dinge wat jy sommer vandag mee kan begin om ‘n ekstra geldjie te verdien. En Emma van der Walt, pastoor en die stigter van die organisasie Brave to Love, kuier by ons in die ateljee om oor die donker wêreld van mensehandel te gesels en hoe God se genade ook daar sigbaar is. Met Hart en Siel
Oor skrywers en boeke 05.03.2024 44:47
Riaan Grobler gesels oor sy debuutroman met 'n Christelike inslag, Geheime op Philadelphia, en Amanda de Lange vertel meer oor ‘n skrywersmentorprogram vir voornemende skrywers. Met Hart en Siel
Geloofspad 27.02.2024 1:38:28
Gerjo-Ben van der Merwe van die Kruispad-kerk en sy vrou Renata gesels oor hoe lyk die lewe van ‘n gelowige wat die pad as Jesus se volgeling loop. Dr. Carel Antonissen gesels oor stilword en eenkant kom en Ricko Ackerman, ‘n leerder van die Vastfontein Batho Pele-skool vertel meer oor die rol van sport in sy lewe met die oog op Radiokansel se sporttoerusting-skenkingsprojek. Met Hart en Siel
Voorkom so kanker en ander siektes by kinders (en volwassenes) 20.02.2024 1:13:44
Voedingskundige Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor goeie gesondheid en hoe ‘n gesonde leefstyl ‘n siekte soos kanker kan help voorkom. Met Hart en Siel
Die Verbinding tussen Mond en Brein 13.02.2024 1:34:25
In hierdie aflewering kuier Dr Melodie de Jager in die ateljee om te gesels oor die konneksie tussen die mond en die brein en die belangrike rol wat dié liggaamsdeel in die ontwikkeling van baba’s en kinders speel. Selfs tot in ons bejaardheid dra die mond tot ons emosionele welstand by. Met Hart en Siel
Sleutels en lofprysing 06.02.2024 1:16:44
Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek en betekenis van sleutels in die Bybel en oor die hart van lofprysing. Lofpryser, Laurinda Camacho, deel haar getuienis. Estelle Rossouw vertel meer oor ‘n vrouekonferensie op Parys in die Vrystaat wat eersdaags plaasvind. Gebedstapper Peet Bekker bring vir ons ‘n kort boodskap en ons sluit die program af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosl...
Met wysheid 30.01.2024 1:28:33
Marius Botha kuier in die ateljee om oor sy boek Rediscovering Wisdom The Forgotten Gift te gesels. Anja Letsatsi vertel meer oor ‘n gebedspojek vir kinders en Charlene Grobler wat aan die hoof staan van die Loius Botha en Jakaranda Kinderhuise kuier in die ateljee om meer te vertel oor hul werk. Dr Poppie Hauptfleisch van Bridal Love Ministries vertel van ‘n geloofssamekoms vir kinders wat op die...
Hoe hanteer jy 'n uitdaging? 23.01.2024 1:33:30
In hierdie aflewering word daar gesels oor hoe om die uitdagings wat oor jou pad kom te hanteer. Elizabeth Botha van Geopende Deure gesels oor geloof onder uitdagende omstandighede, aktrise Mila Guy vertel oor haar deelname aan ‘n nuwe TV-reeks met die titel Die Uitdaging en avonturier Iana Strydom gesels oor haar belewenis as aanbieder van die program. Pastoor en lewensafrigter, Fanie Briel, deel...
Wat beteken dit om suksesvol te wees? 16.01.2024 1:30:26
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Pete Portal van die Tree of life-kerk in Mannenburg, Kaapstad oor sy nuwe boek How to be (un)Successful An unlikely guide to human flourishing en wat dit in God se koninkry beteken om suksesvol te wees. Michelle Coetzee kuier in die ateljee en vertel meer oor ‘n projek vir vroue wat aan geweld blootgestel is en slagoffers van geslagsgebasseerde g...
'n Nuwe jaar 09.01.2024 1:26:07
Marielle de Vos en Esté Geldenhuys gesels oor die profetiese woord wat oor die jaar 2024 uitgespreek is, wat op elkeen van hulle se harte lê en die betekenis wat dit dié jaar vir ons inhou. Met Hart en Siel
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.