Radio Pulpit

Met Hart en Siel

Religion AF ↓ 150 episodes

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.

Author

Radio Pulpit

Category

Religion

Podcast website

www.radiopulpit.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Goed genoeg 07.07.2026

Motiveringspreker en entrepreneur Gerridene Berg gesels oor haar boek Goed genoeg. Neil Pelser van Retire at Home gesels oor die uitdagings van die sogenaamde toebroodjie-generasie wat nie net na hul gesinne nie maar ook na bejaarde ouers moet omsien. Spesialis-dieetkundige Natasha Smit vertel hoe die gebruik van speserye in jou dieet jou dié winter gesond sal hou. Met Hart en Siel

Gesonde grense 23.06.2026

Narratiewe berader Faith Durie gesels oor gesonde grense. TV-vervaardiger Sonja Lochenberg vertel meer oor ‘n nuwe Christelike TV-reeks getiteld Stories van geloof, hoop & liefde, wat tans beskikbaar is vir stroom op AfriForum TV. Natasja Maartens gesels oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge en Marelize Moolman vertel meer oor die Karoo Wolfees wat eersdaags in Middelburg in die Oos-Kaap plaasvind...

Die hart van 'n ma en meer 16.06.2026

In hierdie aflewering gesels kookboekskrywer en bloemis Sylvia Strauss oor die gawe van gasvryheid. Daniëlla van Heerden vertel meer oor Die hart van ‘n ma en Jacolene Crafford gesels met ons oor die gesondheidsvoordele van koejawels. Riëtte van der Wat deel meer oor die interessante mense met wie sy gesels het in die Winter-uitgawe van Lééf met hart & siel. Met Hart en Siel

Bybelvroue en salwing 09.06.2026

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en vertel meer oor bekende Bybelvroue en salwing. Met Hart en Siel

Geldsake & identiteitsverwonding 02.06.2026

Wilco Nauman gesels oor God & geld Bybelse beginsels vir finansiële vryheid na aanleiding van sy boek God & Money. Dr. Cobus Janse van Nieuwenhuizen bespreek identiteitsverwonding as dit kom by mans. Met Hart en Siel

Met 'n dankbare hart 26.05.2026

Lewensafrigter Amanda de Lange gesels oor dankbaarheid. Jan Vermeulen vertel waarom God se Woord is soeter as heuning is. Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag wat eerskomende Sondag die 31e Mei regoor die land plaasvind. Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-damesoggend wat vanjaar op die 21e Augustus plaasvind. Met Hart en Siel

Sensoriese gesondheid & generasie bagasie 12.05.2026

Christine Ferreira gesels vandag met Elrika Beukes oor sensoriese gesondheid en jou kind. Prof. Wentzel Coetzer vertel meer oor die impak van generasie bagasie op die gesin Met Hart en Siel

Funksionele Neurologiese Versteuring & 'n pastoraal holistiese benadering tot kanker 05.05.2026

Peet Vermaak deel sy getuienis rondom sy vrou se rare neurologiese siekte genaamd FND oftewel Funksionele Neurologiese Versteuring. Op 7 Mei word die Nasionale FND-bewussynsdag gevier. Prof Wentzel Coetzer gesels oor ‘n pastoraal holistiese benadering tot kanker. Met Hart en Siel

Vir ons kinders 28.04.2026

Dr Mathilda Mostert en Natasha Venter gesels oor tieners en hulle velle. Julia Sotirianakos die hoof uitvoerende beampte van Reach for a Dream vertel meer oor die hoop wat hulle vir terminale siek kinders bring. Michelle van Biljon en Marlien Cronje van Dynamic Women for Children kom vertel oor die Cape2Care-projek ten bate van kinderbemagtiging wat pas afgehandel is. Met Hart en Siel

Salwingsolies: Meer as 'n Tradisie 21.04.2026

Van die vroegste bladsye van die Bybel af speel olie 'n besondere rol. Konings is met olie gesalf. Priesters is toegewy met olie. Siekes is genees met olie. En tot vandag toe dra salwingsolies 'n diep geestelike betekenis wat baie van ons nog nooit ten volle verstaan het nie. Christine Ferreira gesels weer met Dr Eunice van der Merwe — en hierdie keer ontsluit sy die simboliek, die Skrifgrondslag...

Gebore vir 'n tyd soos hierdie 14.04.2026

Ds. Schalk Strauss kuier in die ateljee om te gesels oor Gebore vir ‘n tyd soos hierdie ‘n Kommentaar oor die boek Ester. Eric Swanepoel vertel meer oor die werk van The World Needs a Father en Talitha Oosthuizen, huidiglik die eerste prinses in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie, vertel van die Mount Everest-staptog wat sy pas voltooi het. Met Hart en Siel

Die geheime van effektiewe gebed 07.04.2026

Prof. Stephan Joubert gesels oor die geheime van effektiewe gebed. Wendy Maartens vertel meer oor haar jongste boek Spreuke vir kleingoed en Landbouweekblad se kosredakteur Arina du Plessis gesels oor die gesondsheidsvoordele van varkvleis en deel ‘n paar wenke en resepte vir die gaarmaak van hierdie veelsydige vleissoort. Met Hart en Siel

Die hart van die Pase 31.03.2026

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die hart van die Pase. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen gesels oor ‘n Bybelse perspektief op die behandeling van trauma. Met Hart en Siel

Stutterheim, lugbraaierwenke en 'n historiese roman 24.03.2026

Willem en Renee de Beer vertel oor hoe die Here hul van Texas in die VSA na Stutterheim in die Oos-Kaap geroep het. Louisa Holst gee wenke vir die skep van vinnige maaltye in jou lugbraaier en skrywer Malene Breytenbach vertel meer oor haar jongste Christelike historiese roman Die vrywilligers. Met Hart en Siel

Die vreugde van kuns 17.03.2026

Vanoggend gesels ons oor die vreugde van kuns. Nicolette Geldenhuys, Paula du Bois en Anel Stricker-Bessinger - al drie gelowige kunstenaars vir wie kuns nie net 'n vreugde is nie, maar ook 'n bron van genesing. Hul kom deel ook die belangrikheid van kreatiwiteit Met Hart en Siel

Skrywers en Boeke 10.03.2026

Susan Jordaan gesels oor die jongste Christelike boeke op die Lux Verbi-publikasielys en Helena Hugo kom vertel meer oor haar jongste roman, Cara. Met Hart en Siel

Verlies en die impak van 'n ma op generasies 03.03.2026

Pastoor Jacques Bornman gesels oor verlies en die Woord. Prof Wentzel Coetzer vertel oor die invloed van ‘n ma op volgende generasies vanuit ‘n pastorale perspektief Met Hart en Siel

Salwing 24.02.2026

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik en betekenis van salwingsolies. Met Hart en Siel

Geopende Deure & Trauma-genesing 17.02.2026

Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor vanjaar se wêreldwaarnemingslys wat onlangs bekendgestel is. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen is terug in die ateljee om ons gesprek oor neuro-pastorale trauma intervensie voort te sit. Met Hart en Siel

Geestesgesondheid & kinderveiligheid 10.02.2026

Sielkundige, Dr Truida Botha, kuier in die ateljee en gesels onder meer oor hoe om negatiwiteit te oorwin en die lewe se uitdagings sommer al vroeg in die jaar reg te hanteer. Jeanli Smit gesels daarna oor kinderveiligheid en die belangrikheid daarvan in elke gesin se lewe. Met Hart en Siel

Te midde van die storm 03.02.2026

Armandina Adams ‘n geregistreerde en gesertifiseerde lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar gesels onder meer oor hoe God ons in die storm ontmoet. Predikant en skrywer Jimi le Roux vertel meer oor sy jongste dagstukkieboek asook die lesse wat ons by Bybelvroue kan leer. Mandi Hart gee wenke oor hoe om veerkragtigheid by jou kind te kweek na aanleiding van haar jongste boek The Oak...

Gesalfde 27.01.2026

In hierdie aflewering gesels dr Eunice van der Merwe oor die Bybelse gebruik van salwingsolies. Dr. Cobus Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor innerlike genesing na trauma. Elmarie Berry vertel meer oor haar jongste kookboek en deel onthaalwenke wat jou sal lus maak om mooi tafel te dek en gaste oor te nooi! Met Hart en Siel

Verlies 20.01.2026

Sonja Smith kuier in die ateljee en gesels oor die Sweedse gebruik van die sogenaamde “gentle art of death cleaning” en die voordele wat dit op vele vlakke inhou. Sy vertel ook meer oor haar stryd vir die regte van ouers, wat 'n kindjie weens 'n miskraam verloor, om behoorlik te kan afskeid neem. Jeanette Coetzee deel haar getuinenis rondom die verlies van drie baba’s en die geloofslesse wat hieru...

Al Psalmend 06.01.2026

Marielle de Vos vertel meer oor die Hebreeuse jaar 5786 en wat dit beteken om in die vrees van die Here te leef. Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, vra hoe wil jy hê jou lewe moet lyk in 2026? Daar gesels ds Ronell Bezuidenhoudt oor hoe die Psalms ons kan help om God se teenwoordigheid in die komende jaar nog dieper te beleef. Met Hart en Siel

Floreer 09.12.2025

Spesialis-welstandsberader, Retha van Zyl, vertel hoe om jou ware self te ontdek, sodat jy, ondanks jou letsels, kan floreer. Susan Coetzer kuier in die ateljee om oor haar jongste boek Super C Van swaarmoedige Sannie tot supervrou te gesels. Met Hart en Siel

Listen to the Met Hart en Siel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.