Radio Pulpit
Met Hart en Siel
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Author
Radio Pulpit
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 7, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Feestyd 21.10.2025 1:37:51
Elsabé Conradie, skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, vertel meer oor dié skool wat vanjaar 165 jaar oud is, se geskiedenis. Skrywer Lizette Murray gesels oor haar spesiale verbintenis met dié skool en Milanie Vosloo gee raad oor hoe om einde van die jaar stres en moegheid te takel. Met Hart en Siel
Leef voluit 14.10.2025 1:30:30
Amanda de Lange oor innerlike genesing en hoe om eienaarskap van jou lewe te neem. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel
Wanneer godsdiens tot verwonding lei + Plaas-camino 07.10.2025 1:19:28
Prof Wentzel Coetzer gesels oor wanneer godsdiens tot verwonding eerder as heling lei. Stephanie van Rensburg vertel meer oor ‘n nuwe plaas-camino wat hierdie week van stapel gestuur word. Met Hart en Siel
Hallo, Jesus! 30.09.2025 1:36:39
Marinda Engelbrecht gesels oor Hallo, Jesus!, haar dagstukkieboek vir kleingoed. Kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor ‘n reeks boeke wat kinderhartjies en die emosies wat hulle beleef aanspreek. En Elschanté Boumann kuier in die ateljee en deel manna uit vir mamma’s. Met Hart en Siel
Inspirerende leierskap 16.09.2025 1:30:32
Jurie Schoeman en Brand Pretorius gesels oor Inspirerende leierskap Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel
Selfbejammering & Koninkrykskinders 09.09.2025 1:30:07
Caylin Prince kuier in die ateljee om te gesels oor haar boek Decline Pity Parties & invite mercy. Jozine Botha vertel hoe om Koninkrykskinders volgens ‘n pastorale ouerskapsplan groot te maak. Met Hart en Siel
Gebou op die Rots 02.09.2025 1:30:24
Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek van rotse en klippe in die Bybel. Ds. Ian Coetzee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Tygerberg vertel meer oor die Missions Expo 2025 waar uitreike en sendingorganisasies in die kollig geplaas word. Met Hart en Siel
'n Liefdevolle Vader 26.08.2025 1:33:35
Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee en word daar gesels oor die verhouding tussen ouers en volwasse kinders. Sakevrou & entrepeneur, Joey Stofberg van Treats Food Distibutors, deel haar getuienis. Met Hart en Siel
Vir die jongklomp 19.08.2025 1:08:55
Jaco Strydom gesels oor sy jongste boek Eendag te ver wat spesiaal vri jong Jesus-volgelinge geskryf is. Julita Kok vertel meer oor die Matt Redman-konsertreeks en Annique Jordaan en Lelani Brugman vertel meer oor hul Woord en Wsyie-kinderbediening. Met Hart en Siel
Tyd & SAAI 12.08.2025 1:59:59
Narratiewe berader, Faith Durie, gesels oor die betekenis van tyd in ‘n gelowige se lewe. Francois Rosssouw & Dr Theo de Jager van die organisasie SAAI kuier in die ateljee om meer te vertel oor die werk wat hulle onder ons land se familieboere doen én die opwindende Lamb Champs 2025-kompetisie wat tans landwyd aan die gebeur is. Met Hart en Siel
Oorgange en seisoene 05.08.2025 1:31:05
Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee om te gesels oor verwondering, geloofspaaie, maar ook oor die oorgange in ‘n mens se lewe en hoe elkeen jou lewe beïnvloed. Met Hart en Siel
Sorg so vir jou immuunstelsel 29.07.2025 1:39:40
Voedingskundige, Madalein Helm van Health and Hope Nutrition, kuier in die ateljee en gesels oor die impak van jou immuunstelsel op jou gesondheid. Met Hart en Siel
Maklik met Marinda, 'n jong meisie se reis deur Jerusalem en Die boekengel 22.07.2025 1:29:22
Bekende tuiskok Marinda Engelbrecht oor haar jongste kookboek Maklik met Marinda. Lilian de Jager kuier in die ateljee om meer te vertel oor haar boek The Path Through His Vineyard en Malene Breytenbach gesels oor haar jongste Christelike roman Die boekengel. Met Hart en Siel
'n Pelgrimstog, 'n kuns gallery en 'n getuienis 15.07.2025 1:12:37
Vandag gesels Christine Ferreira met Linda van Heerden oor haar Camino Pelgrimstog waar sy gestap het van Porto tot by San Diego. Ook gesels Chrstine met Ingrid Smit - skilder en eienaar van die Stilbaai Kuns Gallery. Ingrid kom vertel hoe sy die hand van die Here in haar skilderwerk ervaar. En dan vertel Charlene Roux haar aangrypende getuienis oor haar seun Jayden. Met Hart en Siel
Vredemaker 08.07.2025 1:32:31
Akteur en musikant Reggie Peace gesels oor sy boek Vredemaker. Lewensafrigter, Amanda de Lange, bespreek die konsep van selfliefde teenoor selfhaat en Prof. Nico Koopman gesels met ons oor die krag van gebed in aksie. Met Hart en Siel
Riviere in die wildernis 01.07.2025 1:26:56
Karlien van Jaarsveld kuier in die ateljee om oor haar boek Riviere in die wildernis te gesels. Retha Ingbleek vertel meer oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge. Met Hart en Siel
Vrug van die Gees & die grootmaak van dogters 17.06.2025 1:35:39
Skrywer en afgetrede emeritus-professor aan die Universiteit van Stellenbosch Linda van Heerden leer ons meer oor die Vrug van die Gees. Prof Wentzel Coetzer gesels oor die uitdagings rondom die grootmaak van dogters. Met Hart en Siel
Van Fotografie, Radio Kansel Hartklank, tot by "Anderkant 65" 10.06.2025 1:39:59
Fotograaf Hanneri de Wet kuier in die ateljee om te gesels oor ‘n uitstalling wat eersdaags plaasvind by Pierneef’s Kraal in Pretoria en deel wenke oor hoe om die meeste van jou kamera te maak. Sanet Deysel vertel meer oor Radio Hartklank en Radio Jikelele, Radiokansel se twee splinternuwe aanlynstasies. Thys Smit gesels oor Anderkant 65 Oor aftrede en daarna. Met Hart en Siel
Geloofslesse 03.06.2025 1:26:50
Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag. Elize-Marié Müller kuier in die ateljee om onder meer te gesels oor die lewens- en geloofslesse wat ons by die Bybelkarakters soos Lasarus en Petrus en die Israeliete tydens die vlug uit Egipte kan leer tydens uitdagende omstandigehede en moeilike tye. Met Hart en Siel
Visiothon 2025 27.05.2025 1:22:49
Aanbieder, Muller Crauwcamp, kuier saam met Christine Ferreira in die ateljee. Met Hart en Siel
Gebedsreis 20.05.2025 1:25:00
Anné Pretorius kuier in die ateljee om oor ‘n spesiale joernaal vir ma’s te gesels. Sielkundige Dr. Johan Ferreira vertel meer oor hoe om konflik in ‘n verhouding te hanteer en Apostel Jantjes gee terugvoer oor ‘n pas afgelope gebedsreis van Kaapstad tot Mussina wat onder sy leiding plaasgevind het. Met Hart en Siel
Jou identiteit in Christus 13.05.2025 1:32:17
Hui-Mari Meyer & Rhonel van Loggerenberg kuier in die ateljee om te gesels oor digitale verslawing en dié dinge wat ons identiteit in Christus van ons roof. Berdine Swart van The Local Edit vertel meer oor dié besonderse aanlyn-platform wat plaaslike handwerk, ontwerp en kuns vier. Met Hart en Siel
Skrywers & boeke 06.05.2025 1:29:37
In hierdie aflewering vertel skrywers Riaan Grobler, Jozine Botha, Kristel Loots en Madeleine Louw Blighaut wat meer oor hul jongste Christelike romans wat pas op die rakke verskyn het. Met Hart en Siel
Dink jouself gelukkig! Deel 2 29.04.2025 1:21:29
Dr Pieter van Jaarsveld gesels vandag verder oor hoe om jouself gelukkig te dink. Isette Dreyer vertel meer oor die gebruik van granaatpitolie in die gebruik van skoonheidsmiddels Met Hart en Siel
Getuienis 22.04.2025 1:29:13
Hettie Grosskopf gesels oor haar pad met kanker en ander gesondheidsuitdagings. Janin Higgo vertel hoe sy vir 41 dae in die hospital beland het na die geboorte van haar dogtertjie. Met Hart en Siel
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.