Radio Pulpit
Met Hart en Siel
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Author
Radio Pulpit
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 7, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Bybelvroue en skaapboere 15.04.2025 1:33:37
Skrywer Maretha Maartens gesels oor die Bybelvroue-omnibus Sarah & Hanna wat pas verskyn het. Filmvervaardiger Morné du Toit vertel meer oor die geloofstories in die gewilde KykNet-reeks Lamb Champs Die hart en siel van skaapboerdery. Righardt Kirsten gesels oor Pick Them Up en die werk wat hulle onder mishandelde vroue doen. Met Hart en Siel
Lesse wat ons by Bybelfigure kan leer 08.04.2025 1:31:39
Lizette Murray gesels oor die belangrikheid van stilte in ‘n dawerende wêreld. Elize-Marie Muller vertel hoe ons deur middel van die verhale van 9 Bybelse karakters ons unieke doel in die lewe kan vind. Met Hart en Siel
Kos & kuns 01.04.2025 1:30:23
Sanger en kosskrywer, Willie Strauss, kuier in die ateljee om oor sy jongste kookboek Sinkhuis-resepte te gesels. Skilder, Neil Breebaart, vertel meer oor Art Refined - Kuns met ‘n Koninkryksboodskap. Met Hart en Siel
Om God se stem te hoor 25.03.2025 1:35:22
Pastoor Marielle de Vos gesels oor hoe om God se stem te kan hoor en die krag van ons woorde. Olieverfskilder en plaasvrou van Barkley-Oos, Coba Dohrmehl, deel haar mooi getuienis. Met Hart en Siel
Met Vreugde 18.03.2025 1:27:57
In hierdie aflewering gesels Christine met Michelle Louw oor velsorg-geheime. Susan Coetzer kom kuier in die ateljee om oor haar jongste roman en die vreugdes in die lewe van ‘n gelowige te gesels. Met Hart en Siel
Om totsiens te sê… 11.03.2025 1:31:14
Sonja Smith vertel oor hoe om voor te berei vir jou heengaan en wat om te doen as ‘n geliefde onverwags tot sterwe kom. Armandina Adams gee raad en wenke vir vroue oor hoe om na hul emosionele welstand om te sien. Met Hart en Siel
Dink jouself gelukkig! 04.03.2025 1:40:10
Christine gesels met Isabella Niehaus oor Skepselkos, haar en Louis Janse van Vuuren se jongste kookboek. Dr. Pieter van Jaarsveld vertel daarna meer oor hoe om jouself gelukkig te dink. Met Hart en Siel
'n Suksesvolle onderneming & hanteer woede so 25.02.2025 1:35:19
Milanie Vosloo vertel meer oor haar geloofspad rondom haar sake-onderneming wat vanjaar 40 jaar oud is. Prof. Wentzel Coetzer geses met ons oor woede en hoe om dit korrek te bestuur. Kom luister saam! Met Hart en Siel
Bybelse Blokraaie, die Bybelse vas en Mighty Woman in God 11.02.2025 1:29:59
In hierdie aflewering gesels Heidri Mittendorf, die samesteller van Bybelblokraaie en ander woordspeletjies, oor die lekker van blokraai. Ilse Roux vertel meer van die Bybelse vas en Estelle Rossouw vertel van die Might Woman in God-wegbreeknaweek wat eersdaags in Parys in die Vrystaat plaasvind. Met Hart en Siel
Ken jouself 04.02.2025 1:35:44
Is jy breinbehendig en ken jy jou breinprofiel? Trudie en Deon Badenhorst van Neuroworx kuier in die ateljee om hieroor te gesels. Michelle le Roux van Karus Skincare deel haar getuienis en vertel van ‘n ongewone reeks skoonheidsprodukte gemaak van turksvypitolie. Met Hart en Siel
Jou jaar van vreugde 28.01.2025 1:27:46
Maak 2025 jou jaar van vreugde. Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee om oor geestelike groei, vergifnis en vrede te gesels. Luchelle Erasmus vertel van ‘n spesiale vroue-oggend met die tema, Stories van hoop, wat binnekort plaasvind. Met Hart en Siel
Altyd mooi 21.01.2025 1:36:54
Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die Wêreldwaarnemingslys vir 2025 wat pas bekendgestel is. Liezl Zene & Sonja Eloff gesels daarna oor slim aantrek en klerekasbeplanning vir plusgrootte en petite vroue. Met Hart en Siel
Aan die begin van 'n nuwe jaar 07.01.2025 1:39:35
Ds. Ronell Bezuidenhout gesels oor Woestynwysheid – antieke riglyne vir toekomsgerigte mense. Zuleka Smit oor deel wenke vir Mamma’s met ‘n kleinding wat vir die eerste keer skool toe gaan. Prof Cas Vos kom gesels oor sy jongste boek oor die Psalms en Sandy Schoeman, wenner van die NB-uitgewers Kinderboekkompetisie vir 2024, vertel meer oor haar skryfwerk vir die jeug. Met Hart en Siel
Met Hart en Siel - 31 Des 2024 31.12.2024 1:27:15
Christine Ferreira gesels met Rita Venter, Barend Vos, Riette van Watt om 2024 af te sluit en die nuwe jaar, 2025, binne te gaan Met Hart en Siel
Met Hart en Siel - 24 Des 2024 24.12.2024 1:00:11
Christine Ferreira gesels met Wendy Maartens, Rudi Swanepoel, Melissa Bothma, Tom Smit en Hendrik van Deventer in vandag se Met Hart en Siel Met Hart en Siel
Vakansie Leesstof 17.12.2024 1:16:20
Christine gesels vanoggend met verskeie skrywers oor hul nuwe boeke - lekker vakansie leesstof net vir jou! Helena Hugo: Blomme vir Berdine & Die grootste hiervan is die liefde Elize Parker: Waar die doringbome sing Frenette van Wyk: Stryd vir liefde Louise Viljoen: Toevlug Met Hart en Siel
Kos & kuns 10.12.2024 1:09:09
Entrepeneur en sakevrou, Nini Strydom, gesels haar spyseniering- en dekoronderneming en die pad wat die Here met haar gestap het tot hier. Syskermdruk-kunstenaar, Korien Sander, deel haar geloofsreis van geoktroïeerde rekenmeester tot voltydse kunstenaar. Met Hart en Siel
Leef suksesvol 03.12.2024 1:32:01
In hierdie aflewering gesels Hykie Berg oor die geheime van ‘n suksesvolle lewe. Ina Nortjé kom vertel meer oor die Jakaranda Kinderhuis se jaarlikse Liggiefees en Prof Wentzel Coetzer vertel waarom angs die nuwe depressie is. Met Hart en Siel
Heinz & Alette Winckler gesels 19.11.2024 1:17:59
Christine gesels vandag met Heinz & Alette Winckler oor hul nuwe boek: Lewensgids vir mans. Met Hart en Siel
Johnny Davids deel sy hart 12.11.2024 1:23:43
Die bekende televisie-aanbieder Johnny Davids deel sy hart oor die goue draad van guns en genade wat deur sy lewe loop. Milanie Vosloo gesels oor haar nuwe dagstukboek Kaalvoet Sielsgedagtes. En die bekende televisie-aanbieder Met Hart en Siel
Breinontwikkeling by babas en lesse geleer by Madiba 05.11.2024 1:31:38
Babagim-afrigter Cozette Laubser gesels oor Breinbeginsels vir pasgebore babas. Zelda la Grange vertel oor haar memoire What Nelson Mandela taught me. Met Hart en Siel
Tieners en hul emosies 29.10.2024 1:37:55
In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en kunsberader Armandina Adams deel wenke oor hoe om jou tiener te help om sy of haar emosies...
Joodse Feesdae 22.10.2024 1:38:53
Pastoor Marielle de Vos en kreatiewe joernaalkunstenaar en entrepreneur, Karin Beukes, kuier in die ateljee en daar word onder meer gesels oor die afgelope Joodse feesdae, asook die skep van ‘n kreatiewe kunsjoernaal en Bybelstudieboek oor die Berge van die Bybel. Adeline Ashkenazi kom vertel meer oor haar buitengewone bediening/onderneming en liefde vir Israel. Met Hart en Siel
Vroue en hul finansies 15.10.2024 1:30:45
Finansiële adviseur Vanessa Zandberg kuier in die ateljee en word daar gesels oor vroue en hul finansies. Sonja Goldberg vertel meer oor haar jongste dagstukkieboek Kom saam Wysheid vir jou lewensreis. Met Hart en Siel
Die krag van gebed 08.10.2024 1:32:05
In hierdie aflewering kuier Apostel Jantjies van Unlocking the Treasures Prayer Network in die ateljee om oor sy bediening te gesels. Lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar Armandina Adams vertel meer oor die werk wat sy doen om genesing in ander se lewens te bewerkstellig. Met Hart en Siel
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.