Maroela Media

Maroela Media

Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: maroelamedia.co.za

Author

Maroela Media

Category

Uncategorized

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders 07.08.2026

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees. Maroela Media

Wiele2Wiele ry twee bussies 07.08.2026

Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy ’n motorfiets wil koop wat ’n spesiale uitgawe in sy tyd was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

ToekomsVenster | Geestelike lewenstekens 07.08.2026

Want waar Christus die middelpunt van ons lewe is, begin die hart van die geloof weer sterk klop.     

ToekomsVenster | God se groot ja 07.08.2026

Jesus sê: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed”.

ToekomsVenster | Wanneer God water gee in ʼn droë seisoen 07.08.2026

Ons bid vir een oplossing en God gee ʼn ander een.

ToekomsVenster | Wanneer Jesus jou dieper lei 07.08.2026

Hy stuur jou nooit alleen nie.

ToekomsVenster | Moenie kinders se vreugde steel nie 07.08.2026

Paulus praat oor karakter, volharding en oor ʼn lewe wat God eer.

Die Sonskynpad – Episode 25 07.08.2026

Wat as ʼn vlug om hul lewe begin, eindig in ʼn gevaarlike konfrontasie wanneer Hunter se verlede hom inhaal. Met woorde wat sny en ʼn geweer wat praat, raak die pad skielik dodelik ernstig. Party foute hardloop nie agter jou aan nie. Hulle wag dat jy stil staan.

Wêreldwys | Opgedra aan Charlie Kirk | Ep. 96 06.08.2026

In dié week se episode van Wêreldwys besoek Jaco Kleynhans Turning Point USA se hoofkantoor en staan stil by die nalatenskap van die stigter Charlie Kirk, wat hom vir meer as ’n dekade beywer het om konserwatiewe idees op Amerikaanse universiteitskampusse te bevorder. Hy kyk ook na Phoenix, Arizona, een van Amerika se snelgroeiende stede en ’n toenemend invloedryke politieke spilpunt, en bespreek...

Die Sonskynpad – Episode 24 06.08.2026

Terwyl Kobus en Petronel spelenderwys deur hul vrese werk, klop die werklikheid onverwags aan die deur. ʼn Vreemdeling bring meer vrae as antwoorde, en wanneer skote die stilte skeur, raak die pad skielik gevaarlik. Party maskers help jou praat, maar nie almal kan jou beskerm nie.

Só het ‘Grensloos’ op ʼn lang pad deur Botswana begin 05.08.2026

“Ek het net gedink: Dit kan nie toeval wees nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Net nog enetjie | Vir wie om te stem | Ep. 88 05.08.2026

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom. "Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.

Die Sonskynpad – Episode 23 05.08.2026

ʼn Rustige uitstappie verander vinnig wanneer Mila en Jano iets opmerk wat nie daar hoort nie. Wat as ʼn speelse klimtog begin, word ʼn jaagtog terug na die bussie – en moontlike moeilikheid. Party dinge kom vinnig, en nie alles wat nader jaag, bring goeie nuus nie.

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak 04.08.2026

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê. Maroela Media

Die Sonskynpad – Episode 22 04.08.2026

ʼn Ete ontspoor wanneer Hunter se verlede hom inhaal – met klappe, chaos en ʼn vinnige ontsnapping deur die Karoo. Tussen die drama en die stof wag daar ʼn les wat hy nie kan ontduik nie. Nie elke soen is betekenisloos nie; party leer jou hoe om reg te voel.

Die Sonskynpad – Episode 21 03.08.2026

Terwyl Petronel haar plek in die bussie vind, raak sy stadig deel van die span se chaos én warmte. Die pad vorentoe hou meer as net nuwe beginne in, en nie alles wat wag, voel veilig nie. Party paaie roep jou vorentoe, al wil iets in jou terugdraai.

ToekomsVenster | Harte is God se eerste instrument vir aanbidding 31.07.2026

Mag ons ook ons harte saambring want ons hart is God se eerste instrument en wanneer Hy dit stem, word ons hele lewe ʼn lied tot sy eer.

ToekomsVenster | ʼn Heerlikheid wat toeneem 31.07.2026

Mag dit ook van my en jou waar wees. Mag mense, wanneer hulle ons ontmoet, iets van Jesus in ons raaksien.

ToekomsVenster | Die waarde van saam praat en saam dink 31.07.2026

Mag ons mense wees wat nie net praat nie, maar ook luister.

ToekomsVenster | Gehoorsaamheid en die toekomstige jy 31.07.2026

Juis daarom wil ek jou vandag vra: Hoe lyk die toekomstige jy?

Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël (deel twee) 31.07.2026

Deur Chris Chameleon Ansie voel hoe haar gemoed vol skiet. Sy verstaan nie wat oor haar kom nie. ʼn Snik, diep uit ʼn deel van haar bors waarin sy so lank gelede asem geteug het dat haar lyf al vrede gemaak het daarmee dat dit nie bestaan nie, betrap haar onverhoeds.

ToekomsVenster | Kom tuis by God 31.07.2026

Kom terug na jouself. Sorg weer vir jou liggaam. Gee aandag aan jou siel. Voed jou gees. Wees werklik teenwoordig by die mense wat God aan jou toevertrou het.

Wiele2Wiele ry Kia Carens 31.07.2026

Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof, spoed en avontuur van die GR Stella 1000-marathon-veldtydren, waar Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika se Guy...

Die Sonskynpad – Episode 20 31.07.2026

By ʼn begrafnis raak Mila en Kobus betrokke by ʼn dominee wat teen haar eie stem worstel. Tussen stilte en asem begin iets egter skuif, en ʼn nuwe pad roep. Party stemme moet jy nie vind nie, jy moet hulle volg.

Die Slag van Majuba 30.07.2026

Die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) se laaste en beroemdste veldslag was die Slag van Majuba wat op 27 Februarie 1881 plaasgevind het.

Listen to the Maroela Media podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.