Maroela Media
Maroela Media
Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die bankroof – Episode 51 08.06.2026 11:27
Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na Kaapstad ontbied vir ʼn belangrike ontmoeting.
SkoolSlim | Berei ons skole kinders regtig vir die toekoms voor? 05.06.2026 9:12
Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media
Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album 05.06.2026 8:46
“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons vandag is.” Maroela Media
Carley se musiek word saam met haar groot 05.06.2026 8:13
Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het. Maroela Media
‘Ouers, onderwysers moet in vennootskap werk’ 05.06.2026 35:43
Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
Die bankroof – Episode 50 05.06.2026 12:02
Juliana wil Magriet help. Vincent loop hom vas op Kleinbult. Nettie kry onverwags ʼn uitnodiging wat haar op haar voete laat dink. Met haar besoek aan Philip se wynkelder vat sy ʼn gaping soos ʼn ware spioen.
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners 04.06.2026 25:52
Hierdie week vir Wiele2Wiele word die splinternuwe Land Cruiser FJ bekendgestel en die 2026 SA Motor van die Jaar-wenners word aangekondig. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor herroepings gesels en hulle sit die kollig op ons Suid-Afrikaanse motorfietsjaers wat oorsee deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wêreldwys | Wêreld vol oorlog | Ep. 91 04.06.2026 28:55
Wêreldwys | Wêreld vol oorlog | Ep. 91
Net nog enetjie | DA en VF Plus swaai vuiste | Ep. 79 04.06.2026 26:41
Net nog enetjie | DA en VF Plus swaai vuiste | Ep. 79
Die bankroof – Episode 49 04.06.2026 10:31
Shirley kry welkome hulp, maar terselfdertyd ʼn mondvol inligting wat haar op die verkeerde voet betrap. Magriet draai weer ʼn keer voor die tronkdeure om. Die skokke is nog lank nie verby vir Shirley nie.
Chris Chameleon: Die skoonheid van kommunisme 03.06.2026 6:13
Deur Chris Chameleon Wat is dit dan van ʼn oorgang na kommunisme wat die neiging tot geweld so pertinent vervat? Ek dink dis weens die skoonheid van kommunisme.
Die bankroof – Episode 48 03.06.2026 11:59
Juliana se groot dag breek aan. Die Julies Garage word ingewy. Een gelukkige gas by die spoggeleentheid wen ʼn splinternuwe motor. ʼn Ongenooide gas daag op. Wie ontmoet mekaar buite die tent vir ʼn gesprek?
‘Koop ʼn bakkie’ sing Dassie en Robbie 02.06.2026 6:54
“Bakkies speel ʼn groot rol in die Suid-Afrikaanse kultuur, veral omdat mense se voertuie ʼn deel van hul identiteit uitmaak.” Maroela Media
Die bankroof – Episode 47 02.06.2026 10:20
Shirley hoor uiteindelik die waarheid, en sy is stukkend. Rachel betrek vir Magriet as haar hulp-in-nood. ʼn Gesprek in die park tussen Magriet en Shirley neem die bankroof in ʼn nuwe rigting.
ToekomsVenster | Waarom glo ek? Omdat Hy my seën 01.06.2026 4:09
Dawid herinner ons dat die Here sy kinders met goeie dinge oorlaai en hulle leer om dit te geniet.
ToekomsVenster | Waarom glo ek? Omdat Hy my met liefde kroon 01.06.2026 4:01
As jy weet wie jou Vader is, verander dit hoe jy leef, bid en droom.
ToekomsVenster | Waarom glo ek? Omdat Hy my van die graf red 01.06.2026 3:58
Die dood mag onafwendbaar wees, maar dit is nie die einde van ʼn gelowige se verhaal nie.
ToekomsVenster | Waarom glo ek? Omdat Hy my siekte genees 01.06.2026 5:06
Siekte toets ʼn mens se geloof soos min ander dinge en tog getuig Dawid dat God die Geneesheer is wat hoop bring.
ToekomsVenster | Waarom glo jy? 01.06.2026 4:10
Die vraag is eenvoudig, maar die antwoord verander alles: Waarom glo jy wat jy glo?
Die bankroof – Episode 46 01.06.2026 10:38
Philip hou nie daarvan dat die kaptein hom in sy Voorsitterskantoor besoek nie – en dit agter ʼn toe deur. Rachel keer uiteindelik terug vanaf Kaapstad. Haar inligting werp nuwe lig op die ondersoek na die bankroof.
Wêreldwys | Wie gaan eerste ingee? | Ep. 90 29.05.2026 31:52
In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans onder andere na die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste en vra die groot vraag: Wie gaan eerste ingee? Die skietstilstand tussen die VSA en Iran hou nou al lank genoeg aan dat dit al moeiliker word vir albei partye om enigsins hul doelwitte te bereik.
Sonder Onderbroeke wil ‘alternatief bly’ 29.05.2026 3:45
“Ons is dankbaar vir die vryheid wat ons platemaatskappy ons gee om met ons musiek te eksperimenteer.” Maroela Media
‘Groot voorreg’ vir Skryf’it-wenner wat nou beoordelaar is 29.05.2026 11:35
“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media
Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW 29.05.2026 26:26
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: Volvo se elektriese ES90-sedan, Mitsubishi se Destinator-sportnuts en Volkswagen se GTI-luikrug. Vir die tegniese wenk gee hulle raad oor wat jy moet doen wanneer jy deur water moet ry en die manne redeneer oor die onlangse MotoGP-ren met hewige ongelukke. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Die bankroof – Episode 45 29.05.2026 10:20
Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou in die maag tref.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.