Maroela Media
Maroela Media
Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die bankroof – Episode 53 10.06.2026 11:06
Die kaptein stap ongenooid by Philip se Voorsitterskantoor in en ontstel hom met drie dringende sake. Waaroor gons dit skielik op die dorp en laat al wat ʼn joernalis is na net een spesifieke plek jaag?
Die bankroof – Episode 52 09.06.2026 11:29
Shirley se missie in Kaapstad, om met Gert Greef in die gevangenis te praat, mag alleen gebeur sonder dat Rachel by is. Die missie en gesprek lewer ʼn rits skokke op.
Litosfeer 08.06.2026 17:18
Die litosfeer is die laag van die aarde waar aardbewings gebeur, nuwe berge ontstaan, vulkane uitbars en waar oseane gevorm word.
Tropiese reënwoude 08.06.2026 23:28
Tropiese reënwoude is digte, warm en nat woude waarin baie bome en ander plante groei.
Proteïene 08.06.2026 15:38
Proteïene kom orals in jou liggaam voor. Dit is in jou spiere, bene, vel, hare en feitlik elke ander liggaamsdeel of weefsel.
Woestyne 08.06.2026 25:03
Die hoofkenmerk van woestyne is dat dit baie min reën daar – gewoonlik minder as 250 mm reënval per jaar. Daarom is woestyne droog.
Volksverhaal 08.06.2026 4:11
ʼn Volksverhaal ontstaan tradisioneel in die volksmond en word van geslag tot geslag oorvertel. Die doel van volksverhale is om sin te maak van menslike gedrag en die samelewing of om natuurverskynsels te verklaar. Vóór die ontwikkeling van skryfstelsels is volksverhale mondelings oorvertel of opgevoer.
Robbeneiland 08.06.2026 19:03
Robbeneiland is veral bekend omdat dit die plek is waar Mandela vir soveel jare ’n politieke gevangene was, maar dié eiland speel al vir baie eeue op ander maniere ’n rol in die geskiedenis van Suid-Afrika, en behoort nie slegs as ’n tronk onthou te word nie.
Drama 08.06.2026 6:22
Die woord "drama" beteken 'handeling' in Grieks en kan verwys na ʼn dramateks, sowel as die opvoering van ʼn dramateks.
Ongelykheid en armoede 08.06.2026 7:27
Die woord ongelyk beteken dat hulle nie in alle opsigte dieselfde is nie en dat iets nie op dieselfde vlak is nie.
Adolf Hitler 08.06.2026 20:55
Adolf Hitler (1889-1945) is vandag bekend as een van die brutaalste diktators in die geskiedenis. Hy het die Tweede Wêreldoorlog – die bloedigste oorlog ooit – begin deur Pole in te val. Hy was ook die meesterbrein agter die Joodse volksmoord
Steve Biko 08.06.2026 18:24
Die aktivis Steve Biko was 'n invloedryke leier en word as die vader van die Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika beskou.
Nasiebou 08.06.2026 6:10
Nasiebou behels om ’n land tot stand te bring wat stabiel en doeltreffend funksioneer, veral waar daardie land voorheen nie goed gefunksioneer het nie.
Insekte 08.06.2026 9:16
Skoenlappers, bye, miere, sprinkane, naaldekokers, kewers en vlieë is almal deel van die enorme insekfamilie. As jy gedink het jy het ʼn groot familie, moet jy die insekfamilie sien. Hulle is soms klein tot piepklein, maar hulle vorm saam die grootste groep diere op ons planeet. Ongeveer 75% van alle diere op aarde is insekte.
Herwinning 08.06.2026 9:18
Herwinning is wanneer nuwe produkte of items uit ou of gebruikte artikels gemaak word. Baie van ons rommel kan weer vir iets splinternuuts gebruik word. Herwinning word al vir honderde jare gedoen.
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) 08.06.2026 16:25
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) onder leiding van Desmond Tutu moes Suid-Afrikaners met hierdie proses help. Oor ʼn tydperk van twee jaar het die WVK 140 verhore landwyd gehou. Altesaam 21 400 slagoffers het verklarings ingedien, 27 000 slagoffers se name is opgeteken en 7 124 oortreders (mense wat iets verkeerd gedoen het) het om amnestie aansoek gedoen.
Skoenlappers 08.06.2026 15:46
Skoenlappers vorm die superfamilie Papilionoidea, wat deel is van die groot insekorde Lepidoptera, en staan ook in Afrikaans as "vlinders" bekend. Terloops, die Franse woord papillon beteken 'skoenlapper'.
Kuberboeliery 08.06.2026 24:25
Misdaad is so oud soos die mensdom – van oorloë tot bakleiery, mishandeling en diefstal. Dit is alles vorme van misdaad. In ’n wêreld wat deesdae deur tegnologie beheer word, het ’n nuwe vorm van geweld sy kop uitgesteek – kubermisdaad, waarvan kuberboeliery deel uitmaak.
Kortverhaal 08.06.2026 5:13
ʼn Kortverhaal is ʼn prosateks wat heelwat korter as ʼn roman is. Dit is een van die oudste vorme van storievertelling en is familie van die fabel, die mite, die volksverhaal, die sprokie, die anekdote en die gelykenis.
Masels 08.06.2026 10:00
Het jy al masels gehad? ʼn Mens kry ʼn uitslag van klein, rooi kolletjies, jy het ʼn hoë koors en voel sommer net goor. Dit is ʼn oordraagbare siekte en een van die aansteeklikste siektes ter wêreld.
ToekomsVenster | Waar sien jy God vandag raak? 08.06.2026 4:48
Ons soek God dikwels in groot gebeurtenisse, terwyl Hy reeds teenwoordig is in die gewone ritme van elke dag.
ToekomsVenster | Wie is die vreemdeling in jou wêreld? 08.06.2026 6:13
Die vreemdeling is soms nie iemand van oor die grens nie, maar die nuwe kollega, buurman of kerkganger.
ToekomsVenster | Wat as ons ophou terugkyk en begin droom? 08.06.2026 4:44
Minder “jy” en “julle”. Meer hoop, verbeelding en geloofsmoed. Dalk is dit presies wat ons verhoudings nodig het.
ToekomsVenster | Niks kan ons skei van God se liefde nie 08.06.2026 6:08
As jy vandag moes kies, watter Bybelteks sou jou lewe en geloof die beste opsom?
ToekomsVenster | By die Herder se voete is daar vir jou ook rus 08.06.2026 4:06
Waar jy jou vandag ook al bevind, Psalm 23 nooi jou om weer op God se trou te vertrou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.