Maroela Media

Maroela Media

Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: maroelamedia.co.za

Author

Maroela Media

Category

Uncategorized

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Oct 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

ToekomsVenster | As die hemelse Leeu brul 14.09.2026

“Help ons om nie ons hoop op aardse magte te plaas nie, maar op U, die ware Koning.”

ToekomsVenster | Jesus, Lam van God, neem ook jou sonde weg 14.09.2026

Wanneer mense na jou lewe kyk, help jy hulle om Hom raak te sien?

Die Sonskynpad – Episode 51 14.09.2026

Wanneer die waarheid oor Keith se plan uiteindelik aan die lig kom, besef Mila, Kobus en Tant Ella die gevaar is reeds aan die ontvou, en tyd raak min. Maar tussen die paniek en planne vind pa en dogter mekaar weer. Sommige nagte vra nie vir meer tyd nie … hulle vra vir moed én daadkrag.

Wêreldwys | 'Hitler terug in Duitsland' | Ep. 102 11.09.2026

Wêreldwys | Hitler terug in Duitsland | Ep. 102 In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Nederlandse joernalis Wierd Duk oor Europa se interne stryde, tendense en meesterverhale. Hulle kyk onder meer na die regs populistiese deurbraak wat die AfD onlangs in Duitsland behaal het. Hoewel dié oorwinning duidelik op pad was, het talle linksgesindes en elites hulself hierdi...

ToekomsVenster | Wanneer die donker toesak, bly die Lig aan 11.09.2026

Donker tye maak God se teenwoordigheid nie minder werklik nie.

ToekomsVenster | Die faktuur wat nooit gekom het nie 11.09.2026

Ons leef maklik asof gister se skuld nog eendag ingevorder gaan word, maar vir dié wat in Christus is, is die rekening reeds vereffen.

ToekomsVenster | Wie klop daar aan die deur? 11.09.2026

Draai dan jy jou gedagtes doelbewus na Hom.

Die Sonskynpad – Episode 50 11.09.2026

By die dam deel Mila en Tant Ella eerlike waarhede oor verlies, liefde en alles wat nog seer is. Net toe dit voel of iets begin heel word, ruk ʼn vreemde ontdekking ou wonde egter weer oop. Nie alles wat verbydryf is bedoel om verby te gaan nie.

Net nog enetjie | Weg met wittes | Ep. 92 10.09.2026

Net nog enetjie | Weg met wittes | Ep. 92 In dié episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Tania Heyns en Nico Strydom oor Amazon se vereistes rondom swart eienaarskap en die maatskappy se verduideliking dat sy beleid eintlik inklusief is – ons verstaan die woorde net verkeerd. Hulle vra ook waarom dit belangrik is om teen onredelike vereistes en norme terug te druk, eerder as om bloot te...

Die Sonskynpad – Episode 49 10.09.2026

Terwyl Petronel op ʼn stil plek skuil, dwing ʼn eerlike gesprek met Annabel haar om haar vrese in die oë te kyk. Maar in die skaduwees hoor iemand alles, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Die waarheid vind jou soms, selfs wanneer jy probeer wegkruip.

Regstudent met musiekdrome laat Dozi-treffer herleef 09.09.2026

Nadat Jolan van Vuuren Akademia se talentkompetisie gewen het, het hy die kans gekry om ʼn liedjie saam met Johan Vorster te vervaardig.   Maroela Media

Die Sonskynpad – Episode 48 09.09.2026

In die donker breek alles oop tussen Mila en Kobus. Oor haar ma, oor die waarheid en oor alles wat weggesteek is. Wat as ʼn soektog begin, word iets veel dieper, en niks bly dieselfde nie. Sommige waarhede bring jou nader en ander dwing jou om los te breek.

ToekomsVenster | Dit is aansteeklik 08.09.2026

Dit was soos lente. Alles het skielik nuut gelyk.

Die Sonskynpad – Episode 47 08.09.2026

Terwyl hulle na Petronel soek, dryf die spanning tussen Mila, Hunter en Jano hulle uitmekaar – elkeen kies sy eie rigting in die donker. Maar sonder mekaar raak die pad gevaarlik, en niemand weet meer wie om te volg nie. Nie elke pad vat jou vorentoe nie … party lei jou weg van mekaar.

ToekomsVenster | Die lente kom 07.09.2026

Die God wat Jesus uit die dood opgewek het, is steeds die God wat nuwe lewe kan laat deurbreek waar jy vandag dalk net doodsheid sien.

Die Sonskynpad – Episode 46 07.09.2026

Terwyl die spanning tussen Mila en Hunter oorkook, word alles onderbreek deur ʼn skok: Petronel is weg. Met vrae waarop niemand antwoorde het nie en tyd wat begin min raak, besef die groep iets is ernstig verkeerd. Sommige verdwynings gebeur nie sommer net nie, hulle laat ʼn spoor.

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101 04.09.2026

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101 In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die reuse-ooreenkoms tussen die VSA en Venezuela en wat dit vir die wêreld se oliemark en magsbalans kan beteken. Intussen wys China toenemend sy teenwig teen Westerse invloed deur strategiese bondgenootskappe in die Ooste te versterk.

Mense, musiek hou Rocco de Villiers op pad 04.09.2026

"In die 30 jaar wat ek al musiek maak, het ek nooit gedink dat ek ʼn konsert gaan hou met hoe ek is, met die soort klere wat ek dra, met ʼn klavier en abstrakte musiek, en terwyl ek grappies vertel, op plekke soos Migdol, Leeudoringstad en Baardskeerdersbos nie." Facebook · Toetentaal op Maroela Media

‘Dít maak jou koelboks koning,’ sê Snotkop 04.09.2026

Snotkop en Ricus Nel is terug met nog ʼn liedjie ná die wegholsukses van “Boerepompie”.  Maroela Media

Wiele2Wiele ry Audi se nuwe Q3 04.09.2026

Hierdie week vir Wiele2Wiele neem hulle jou op ’n toetsrit met die Audi Q3 S line Sportback. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Die Sonskynpad – Episode 45 04.09.2026

By ʼn braaivuur word Kobus se vermoedens bevestig: Iets is verkeerd by Sonskynoord, en dit is nie per ongeluk nie. Terwyl Keith sy ware plan onthul, besef Kobus die gevaar is reeds aan die ontvou. Party vure begin nie per ongeluk nie, hulle word beplan.

Net nog enetjie | ANC se wiele val af | Ep. 91 03.09.2026

Net nog enetjie | ANC se wiele val af | Ep. 91 In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Tania Heyns, Nico Strydom en Connie Mulder oor alles ANC. Gaan hulle hierdie verkiesing oorleef of maak hulle net mooipraatjies terwyl die gebou agter hulle aan die brand is? 00:00 Welkom terug 02:12 Alles ANC 05:28 Hoekom die rusbank wen 08:28 ANC mis die bus 12:58 Mega-metro, mega-gemors

Die Sonskynpad – Episode 44 03.09.2026

Terwyl Tant Ella die restaurant laat herleef, vertel Annabel waarom sy geloop het. Nie omdat sy nie lief was nie, maar omdat sy nie kon bly nie. Soos die aand aanbreek, begin iets egter skuif. Party waarhede bring rus en party bly by jou.

Hoe kies ek ʼn skool vir my outistiese kind? 02.09.2026

Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester.

Die Sonskynpad – Episode 43 02.09.2026

Terwyl chaos by ontvangs uitbreek, deel Petronel en Chester eerlike waarhede oor vrees, skuld en die dinge wat hulle stilhou. Te midde van alles begin ʼn groter twyfel groei – oor Keith, oor die oord en oor wat regtig aan die gang is. Party waarhede bevry jou nie, hulle dwing jou om te kies.

Listen to the Maroela Media podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.